WEES VEILIG EN BLY TUIS - GRAFFITI SAL WEER BEGIN AFLEWER NA INPERKING *** GRATIS aflewering op bestellings bo R450 in RSA.

Nuwe vrystellings

Results 1 to 15 of 43
Gesorteer volgens:  Posisie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780620865111

Fiksie:

Fiksie  -  
R 159
R 127Jy spaar R 32
Maryke, met haar vurige geaardheid en bos rooi hare weet maar alte goed ? tamatiekissie word nie ? sitkamerstoel nie. Sy het immers in die kinderhuis grootgeword. Haar eerste liefde, Gerhard, se ma het ook geen moeite ontsien om haar daaraan te herinner nie.
Die laaste ding wat sy op die vooraand van haar vertrek na Kigali nodig het, is die aantreklike dokter Leon Boshof wat haar kaarte deurmekaar krap. En haar verbied om koffie te drink! Nare ou wolf.
Maryke het haar loopbaan as internasionaal erkende fotograaf met harde werk en deursettingsvermoë gevestig en sy gaan hom nie toelaat om haar van koers af te dwing nie. Maar haar vennoot by die fotografieskool, keur Leon se aansoek om in Maryke se klas te wees, goed. Sy sal die man maar moet verduur.
Gaandeweg kom sy agter sy geniet Leon se geselskap en sien uit daarna om tyd saam met hom te spandeer.

Maar dit is net in sprokies waar die wolf sy rooikoppie betower - of dalk nie?
Publikasiedatum: 2020-03-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780620865135

Fiksie:

Fiksie  -  
R 159
R 127Jy spaar R 32
Emma moet onvoorsiens ? paar maande in haar geboorteland, Suid-Afrika deurbring. Haar kollegas behandel haar glad nie soos die ervare ouditeur wat sy is nie, maar verwag sy moet die charismatiese Italianer, Roberto, se boekhouding in orde kry.
In Giovanni's se kombuis leer Emma die passievolle sy van Roberto ken. Die warmbloedige Italianer sal sy ten alle koste moet vermy as sy haar hart uit die moeilikheid wil hou, want saam met sy risotto en pasta voer hy haar ook bietjies-bietjies liefde.
Totdat sy agterkom hy kook die boeke, of is sy op die verkeerde spoor?
Terug in Engeland besef sy sy hoort nie meer daar nie, want sy het verknog geraak aan die sonskyn en somer van haar eie land - en die sjarme van die baas van Giovanni's

RAAK WEGGEVOER DEUR DIE BETOWERING VAN DIE LIEFDE
Publikasiedatum: 2020-03-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928283393

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 300
R 240Jy spaar R 60
'n Biografie van die bekroonde skrywer Jeanne Goosen, met foto's, briewe en bydraes van vriende wat vertel hoe hulle dié ikoniese figuur ken.
Die skrywer, Petrovna Metelerkamp, is die 2019-wenner van die ATKV-Veertjie vir nie-fiksie vir Ingrid Jonker - 'n Biografie.
Die boek bevat materiaal wat voorheen ontoeganklik was en beloof om ure se leesgenot te verskaf aan die duisende aanhangers van die digter-dramaturg en skrywer van Ons is nie almal so nie.
Publikasiedatum: 2020-03-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624085201

Nie-fiksie / Non-fiction: Militêr / Military

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Militêr / Military
R 290
R 232Jy spaar R 58
Daar was hewige vuurgevegte, oorwinnings, maar ook verliese . . .

1 Recce, Agter vyandelike linies, neem die leser tot in die Recces se “binnekamer”. In hul eie woorde vertel Recce-operateurs van die lewensgevaarlike operasies wat hulle onder groot geheimhouding in die laat 1970's in Angola en Rhodesië uitgevoer het.

Die leser sien die operateurs sweet in die vliegtuig of duikboot en beleef die gevaar wanneer hulle in die nagdonker riviere met krokodille trotseer. Die spanning en adrenalien loop hoog wanneer die Recces springstof in 'n treintonnel diep in vyandelike gebied plaas of 'n groot brandstofbergingsplek in 'n Angolosese hawestad in 'n vlammehel omskep.

Dié wat daar was vertel van die spanning, afwagting, vrees, adrenalien, moegheid, dors en hartseer wat hulle beleef het, maar ook van die humoristiese momente en die vriendskapsbande wat gesmee is.

1 Recce, Agter vyandelike linies is Alexander Strachan, bekroonde skrywer en gewese Recce, se opvolgboek op sy topverkoper: 1 Recce, Die nag behoort aan ons.
Publikasiedatum: 2020-03-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179164

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kookboeke / Food & Drink
R 350
R 280Jy spaar R 70
Bakresepte uit die gewildste kostydskrif, Landbou Boerekos. As jy al ooit jou ouma se verlore gemmerkoekie- of skonresep gesoek het, dan het jy dit gevind! Dié boek bevat alles - groot laagkoeke, stroopkoeke, kaaskoeke, soutterte, kleinkoekies, beskuit, kolwyntjies, soet en soutbrode, warm poedings en Kersfeesgebak. Beslis 'n móét vir elke bakster, tuisteskepper én werkende ma.
Publikasiedatum: 2020-03-09
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928283386

Fiksie:

Fiksie  -  
R 140
R 112Jy spaar R 28
Die opspraakwekkende nuwe bundel met meer as 100 voorheen ongepubliseerde gedigte van Jeanne Goosen is vuurwarm op die rak. Die gedigte is deur die uitgewer en redakteur Petrovna Metelerkamp tussen Jeanne se dokumente ontdek toe sy navorsing gedoen het vir haar biografie oor Jeanne, Jeanne Goosen - 'n Lewe vol sinne.
Publikasiedatum: 2020-03-09
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798180535

Fiksie:

Fiksie  -  
R 255
R 204Jy spaar R 51
Man van gister
Bruid vir vier seisoene
Huwelik in die herfs
Uur van die sewester

Man van gister is 'n plaasroman oor die lief en leed van vier jongmense.

In'n Bruid vir vier seisoene gaan hou Sanet Bornman in Venesië vakansie waar sy ontstellende nuus ontvang oor haar verloofde.

In Huwelik in die herfs besoek Amara Londen om helderheid te kry oor Pieter Cronjé se huweliksaansoek.

Uur van die sewester is 'n spannende liefdesverhaal wat afspeel in die Oos-Vrystaatse berge.
Publikasiedatum: 2020-03-09
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485310938

Fiksie:

Fiksie  -  
R 200
R 160Jy spaar R 40
Hier is iets betreklik nuut in Afrikaans: wetenskapfiksie vir volwassenes. Die stories is uiteenlopend, maar deur elk loop die silwer draad van fantasie en wetenskap. Uiteindelik gaan dit natuurlik oor die karakters en Schoombie se gatskop-verteltrant. Hier is 'n bedrewe skrywer met 'n verstommende verbeelding aan die woord - innovering, spanning en die verrassingselement is op die spyskaart.
Publikasiedatum: 2020-03-09
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431623143

Nie-fiksie / Non-fiction: Ouerskap & Kindersorg / Parenting & Childcare

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Ouerskap & Kindersorg / Parenting & Childcare
R 349
R 279Jy spaar R 70
Ons dogtertjie se eerste jare is ideaal om mylpale en spesiale oomblikke van jul kleinding se eerste jare vas te vang.
Koester spesiale herinneringe soos die ooievaarstee, baba se eerste dag by die huis en julle eerste vakansie saam. Daar is baie plek vir foto's asook plek om jou eie gebed vir jou kind neer te skryf.
Jy kan ook kosbare kleinode bêrein die sakkies wat spesiaal daarvoor gemaak is.
Sponsgevulde hardeband
64 volkeur-bladsye
Twee sakkies vir aandenkings
Twee koeverte vir jul kleinding se hospitaalbandjie en eerste haarlok
Publikasiedatum: 2020-03-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431623624

Nie-fiksie / Non-fiction: Ouerskap & Kindersorg / Parenting & Childcare

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Ouerskap & Kindersorg / Parenting & Childcare
R 349
R 279Jy spaar R 70
Ons seuntjie se eerste jare is ideaal om mylpale en spesiale oomblikke van jul kleinding se eerste jare vas te vang.
Koester spesiale herinneringe soos die ooievaarstee, baba se eerste dag by die huis en julle eerste vakansie saam. Daar is baie plek vir foto's asook plek om jou eie gebed vir jou kind neer te skryf.
Jy kan ook kosbare kleinode bêrein die sakkies wat spesiaal daarvoor gemaak is.
Sponsgevulde hardeband
64 volkeur-bladsye
Twee sakkies vir aandenkings
Twee koeverte vir jul kleinding se hospitaalbandjie en eerste haarlok
Publikasiedatum: 2020-03-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485310662

Fiksie:

Fiksie  -  
R 200
R 160Jy spaar R 40
Die waarheid oor duiwe is Gisela Ullyatt se debuutbundel oor intieme ruimtes, jeugherinneringe en verlies. Die sentrale tema wat deur die bundel aangespreek word, dui op 'n proses van vervreemding van die alledaagse, toenemende vereensaming, verlies en verlange. Sekerhede word opgeskort en die donker ondertone van die daaglikse, dikwels teleurstellende en selfs ontstellende werklikheid word ontbloot. Hierdie aanbod vind plaas teen die agtergrond van onder andere 'n religieuse onderbou van Bybelse en ook Boeddhistiese verwysings (veral in afdeling drie se haikoegedigte), wat 'n rol speel om die gegewe saam te snoer en bepaalde temas uit te bou.
Publikasiedatum: 2020-03-09
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485311164

Fiksie:

Fiksie  -  
R 180
R 144Jy spaar R 36
As jy die Groot- en die Klein-Karoo en hulle se stories wil kry, moet jy 'n grootpad soek wat 'n grondpad is, en daarlangs moet jy ry … Kontreistaaltjies, moordverhale, spookstories en ander vertellings oor besonderse mense en gebeure uit die dorre streke van Suid-Afrika.
Publikasiedatum: 2020-03-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485310884

Fiksie:

Fiksie  -  
R 180
R 144Jy spaar R 36
Bekende digter en resensent Louis Esterhuizen het die volgende oor hierdie versameling gedigte gesê: Duidelik is Tussenganger die werk van ? digter wat in die volle krag van sowel sy eie kreatiewe denke as vakkundige vernuf staan. Dit is ? digverweefde, deurgekomponeerde en uitdagende teks wat die leser nie net met die totaliteit van sy/haar menswees konfronteer nie, maar ook dwing om afstand te doen van geykte opvattings en veral verwagtings. Genadelose poësie, inderdaad, en by uitstek hermeties van aard met geen “gemaklike” toegewing aan die leser óf die aangesprokene nie. Trouens, nog selde was TS Eliot se uitspraak “Genuine poetry moves before it is understood” só van toepassing as met hierdie gedigte.
Publikasiedatum: 2020-03-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485311034

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 200
R 160Jy spaar R 40
Hierdie publikasie is die sesde in 'n reeks deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wat hulde bring aan literêre kunstenaars wat met die Akademie se Hertzogprys bekroon is en wat oor dekades Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde met hulle werk verryk het. Hoewel die Hertzogprys met sy meer as 'n eeu lange tradisie binne die bestel van literêre pryse nie die hoogste in geldwaarde is nie, het die verwerwing daarvan 'n besonderse prestigewaarde en is dit vandag 'n vlagskipprys in die Suid-Afrikaanse literêre wêreld. Die reeks sluit publikasies oor Adam Small, P.G .du Plessis, Pieter Fourie, Breyten Breytenbach en andere in.
Reza de Wet: Die dramaturg as dromer bestaan uit twee dele. In Deel I word 'n persoonlike blik op haar lewe en werk gegee deur herinneringe gedeel deur haar Afrikaanse uitgewer (Marietjie Coetsee), haar jarelange regisseur (Marthinus Basson), asook verskeie ander kollegas binne die teaterindustrie. In Deel II dra sewe nuwe akademiese hoofstukke by tot die bestaande korpus navorsing oor een van ons land se belangrikste dramaturge van die 21ste eeu.
Publikasiedatum: 2020-03-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485310983

Nie-fiksie / Non-fiction: Politiek & Geskiedenis Suid Africa / History & Politics South Africa

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Politiek & Geskiedenis Suid Africa / History & Politics South Africa
R 200
R 160Jy spaar R 40
Prof. Fransjohan Pretorius se rubrieke oor die geskiedenis van Suid-Afrika van voor Jan van Riebeeck se landing tot die jongste tye wat in die dagblad Beeld verskyn het. Maak kennis met die helde en hendsoppers, die skurke en sterre van die land se verlede in kort en boeiende rubrieke wat die leser se geheue sal verfris oor al die grootste momente in ons geskiedenis asook 'n paar minder bekende maar ewe interessante gebeure.
Publikasiedatum: 2020-03-06

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.