Kruispad vir Kara
Klik om te vergroot

1

9781431620135

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 190
R 152Jy spaar R 38
Wat - of wie - gaan die pragtige Kara Geertse help staande bly wanneer haar lewe van koers af gedwing word?

Die pragtige Kara Geertse is Tukkies se joolprinses met die wêreld aan haar voete en die sterre van 'n blink toekoms in haar oë. Sy laat oral die koppe draai, veral dié van die sjarmante Jannes Conradie.

Die lewe is 'n lied ... totdat Kara onverwags voor 'n kruispad te staan kom wat haar lewe heeltemal van koers af dwing. Wat - of wie - gaan haar veilig deur hierdie doolhof lei en haar help om die waarheid oor haarself en die lewe uit te pluis?

Kruispad vir Kara is 'n hartroerende, opwindende liefdesverhaal uit die pen van die immergewilde en ervare skrywer Helene de Kock. Dit sal jou weer hoop vir die lewe en vir die liefde gee.
Publikasiedatum: 2018-05-24
Op pad: 'n Reisjoernaal
Klik om te vergroot

1

9780624077176

Fiksie: sub_category_af

Fiksie  -  sub_category_af
R 250
R 200Jy spaar R 50
Dana Snyman sien dinge op sy eiesoortige, aweregse manier. In deel een is hy op pad saam met die TV-span van Op pad met Dana. Soos hulle die land deurkruis op soek na stories, beleef Dana nie net die lief en leed van die mense met wie hy gesels nie, maar ook sy eie innerlike reis. Hy kom huistoe met 'n optelhond -- en met 'n nuwe manier van kyk. In deel twee kyk hy rugby. In kroeë, township-huisies, saam met oom Frik du Preez en Joost van der Westhuizen. Snaaks, skerp en onthutsend eerlik.
Publikasiedatum: 2017-08-01
Die Afrikaners - verkorte en aangevulde uitgawe
Klik om te vergroot

2

9780624071075

Nie-fiksie / Non-fiction: Politiek & Geskiedenis / History & Politics

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Politiek & Geskiedenis / History & Politics
R 290
R 232Jy spaar R 58
Hermann Giliomee, top-historikus, is die aanbieder van die 26-episode kykNETreeks.
Die Afrikaners in beeld, in samehang waarmee dié boek gepubliseer word. Hy het talle toekennings ontvang vir die oorspronklike boek waarop die reeks
gebaseer is, die topverkoper The Afrikaners, en word gesien as die wêreldkenner van dié onderwerp. Die Afrikaners in beeld bied die kern van die langer
akademiese werk in leesbare Afrikaans aan vir 'n moderne leserskap. Talle omstrede aspekte van Suid-Afrika se verlede en die rol daarin van die groep
mense wat mettertyd na hulself as 'Afrikaners' sou verwys word in kleur en geur in storievorm vertel, sodat lesers met 'n vars, soms uitdagende perspektief op ons verlede gelaat word.
Publikasiedatum: 2018-03-09
Die wêreld van Charlie Oeng
Klik om te vergroot

2

9780624080527

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 350
R 280Jy spaar R 70
Tian Kilian se ouers is voor sy oë vermoor, die aand van die vuurwerke op Slootplaas. Nou reis hy, Amsterdam toe en na Kowloon, oral op die spoor van Charlie Oeng, oftewel Koekepan, oftewel Gelatenheid, oftewel Soutchinees. 'n Ryke verskeidenheid karakters bevolk die verhaal, van die KLM-lugwaardin Jenny May tot die Chinees matriarg ouma Voetjies in Amsterdam en die blinde siener ouma Ogies in die Oos-Kaapse Karoo. Van Cor van Gogh, hy met die kleinood in die koker, tot die enigmatiese, naamlose Sy...
Die wêreld van Charlie Oeng staan in die tradisie van breed opgesette vertellings met veelvuldige verhaallyne en uitgebreide agtergrondbeskrywings. Feit en verdigsel is sjarmant verweef in hierdie verbluffende roman.
Publikasiedatum: 2017-06-01
Uit die bloute
Klik om te vergroot

3

9780799388947

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 315
R 252Jy spaar R 63
Jojo Richter van Siende blind, Raaiselspieël, Ewebeeld en Paaiboelie is terug.
Sy bars van nuuskierigheid oor die groep vroue in die Akkedisberge wat wag vir ? moederskip van die Pleiade-sterrestelsel. Sy weier egter om weer saam met Irene en Valk te werk, tot ? boogskutter op rolskaatse ? bekende regter vermoor en die vermoede ontstaan dat dit moontlik verband kan hou met die UFO-groep.
Toe sy weer sien, konkel sy saam met Irene agter Valk se rug om die raaisel te probeer oplos. Iets wat haar verhouding met Joachim tot die uiterste beproef.
Vir Ayla is haar verlede ? verleentheid. Nes haar liggaamsbou. Maak nie saak wat sy doen nie, die stigma van haar ma se bewering dat sy ? vlieënde piering gesien het bly net so aan haar kleef soos die groot heupe wat sy by haar ouma oorgeërf het. Sy het egter haar lewe so ingerig dat sy uit die oog kan bly - totdat sy as grafoloog ? handskrif moet ontleed en besef haar suster verkeer in wesenlike gevaar. Jojo Richter sal haar kan help om Nimue op te spoor, maar Jojo werk reeds vir Irene en dis Irene se suster wat vir Nimue gevaar inhou. En Strach Serfontein met sy liederlike handskrif wat integriteit, maar ook misleiding verklap, is nou weer ? ander tameletjie.
Publikasiedatum: 2018-04-26
Paaiboelie
Klik om te vergroot

3

9780799385397

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 295
R 236Jy spaar R 59
Jojo Richter van Siende blind, Raaiselspieël en Ewebeeld is terug. Haar opdrag is oënskynlik eenvoudig: Vind uit wat het werklik sewe jaar gelede in die skatryk Eduard Swiegelaar se studeerkamer gebeur - die dag toe hy ten aanskoue van sy heelwat jonger, sexy trofeevrou doodgeskiet is. Die moord op 'n vooraanstaande ou bok wat met 'n jong blaar uit 'n bedenklike agtergrond getroud was, fassineer Jojo egter minder as die stories rondom Crystal Crags, die landgoed wat binne die sogenaamde Duiwelsdriehoek val. Soos die storie van 'n haaslipkind wat op 'n stormnag verdrink het, en sedertdien aan mense verskyn voor hulle sterf of verdwyn. Wat op Crystal Crags gebeur, kom Jojo egter agter, bly op Crystal Crags en so is dit al die afgelope eeu. Zaan Mentz is white trash gebore, maar nou welaf ná haar man se moord, glo Zaan sy is uiteindelik veilig toe sy haar droomhuis koop. Hier kan sy die giftige dampkring van haar stiefkinders ontwyk en die sekuriteit is uitstekend. Op Crystal Crags, beteken 'n inkomeling egter verandering en verandering hier, het nog altyd die ongeluksvoël se ongebore kuikens aan die eiers laat pik om uit te kom. Terwyl Jojo die geheim van 'n enkele oggend se gebeure ontrafel, dobber die geheime wat vir langer as 'n honderd jaar op Crystal Crags verswyg is geleidelik boontoe en Zaan staan skielik in die brandpunt.
Publikasiedatum: 2017-07-01
Afrikaanse Woordelys en Spelreels
Klik om te vergroot

4

9781868902071

Nie-fiksie / Non-fiction: Woordeboeke & Naslaanbronne / Dictionaries & Reference

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Woordeboeke & Naslaanbronne / Dictionaries & Reference
R 450
R 360Jy spaar R 90
Die elfde uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) word op 3 Augustus 2017 bekendgestel - 100 jaar nadat Afrikaans vir die eerste keer amptelik met dié standaardnaslaanbron vir spelling en skryfwyse bereël is.
Die 2017-uitgawe, saamgestel deur die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en uitgegee deur NB-Uitgewers onder die Pharos-druknaam, is omvattend herbewerk en sluit talle nuwe woorde in wat die tydsgees en breër Afrikaanse taalgemeenskap weerspieël. Reëls is ook verander en vereenvoudig om Afrikaanse spelling en skryfwyse meer sistematies en dus makliker vir gebruikers te maak.
'Afrikaans is 'n dinamiese taal wat deurlopend ontwikkel en die jongste AWS is 'n opwindende, lewende bewys hiervan,' sê prof. Gerhard van Huyssteen, voorsitter van die Taalkommissie.
Onder die nuwe toevoegings tot die 2017-AWS tel woorde wat te make het met tegnologiese ontwikkelinge, soos googleloer, hommeltuig, meem, warsender, antispioenware, selfie en skermgreep; woorde wat ontwikkelinge in die samelewing sedert die verskyning van die vorige AWS agt jaar gelede weerspieël, soos bewarea, BRICS-land of Bricsland, bystanddood en hidrobreking; en leenwoorde of nuutskeppings waarvoor daar nie Afrikaanse woorde is nie, soos brownie, Chanoeka, muffin, nurk (die geluid wat seekoeie maak), venue en flop. Heelwat nuwe woorde uit Afrikaans se gebruiksvariëteite soos Kaapse Afrikaans en Oranjerivierafrikaans is ook opgeneem, byvoorbeeld antie, dhaltjie, gangster en poenankies (oulik).
Wat spelling en skryfwyse betref, is reëls wat verander onder meer dat afstandsamestellings voortaan slegs mét 'n koppelteken geskryf word (hoof- uitvoerende beampte, reuse- politieke vergadering), en dat die integriteit van multiwoordeiename in samestellings en afleidings behou word (Derde Wêreldse in plaas van Derdewêreldse; Konstitusionele Hof-regter of Konstitusionele Hofregter in plaas van Konstitusionelehofregter).
Nuwighede sluit in 'n hoofstuk oor leestekengebruik in Afrikaans, die bereëling van trappe van vergelyking, 'n lys Oosterse plekname, landname met geldeenhede en ISO-kodes, en die Afrikaanse name van elemente in die periodieke tabel. Skryfhulp word ook nou vir die SI-stelsel verskaf.
Publikasiedatum: 2017-07-01
Ys
Klik om te vergroot

5

9780795801501

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 260
R 208Jy spaar R 52
Kassie en Rooi is nou in die Spesiale Spookeenheid - 'n elite SAPD-groep. Maar as oud-stasiespeurders word hul vaardighede ernstig bevraagteken deur hul nuwe bevelvoerder. Wanneer 'n Amerikaanse wetenskaplike in 'n Waterfront-hotel vermoor word, is dit 'n gulde geleentheid om hul staal te wys, tussendeur 'n Washington-gekonkel, 'n oud-Pollsmoor-gevangene op vrye voet in Kaapstad en duisterhede in hul bevelvoerder se persoonlike lewe.

En dan's daar die man met Die Drang . . . en sy kettingsaag.
Publikasiedatum: 2018-04-16
Ratels aan die Lomba
Klik om te vergroot

5

9781868427505

Nie-fiksie / Non-fiction: Militêr / Military

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Militêr / Military
R 230
R 184Jy spaar R 46
Op 3 Oktober 1987 het Charlie-eskadron - die ystervuis van 61 Gemeganiseerde Bataljongroep - die kritieke geveg tussen die Suid-Afrikaanse Weermag en die Angolese magte op die Lombarivier in die suide van Angola gelei. Dié boek plaas die leser in die midde van die groep jong dienspligtiges wat na die Grensoorlog weggevoer is om hierdie geveg te gaan voer.
Op die Lomba het hulle nie net te staan gekom teen 'n Angolese mag met 'n getalsoorwig en beter wapentuig nie, maar ook teen 'n terrein wat so dig bebos was dat hul sig en beweging aansienlik ingeperk is. Die SAW se taktiese doktrine het duidelik gestel dat tenks teen tenks aangewend moes word. Tog moes die dienspligtiges die Angolese tenks aanvat in pantservoertuie met minder kragtige kanonne en dun pantser wat nie veel meer as gewone geweervuur kon afweer nie. Steeds is 47 Brigade van die Angolese magte amper uitgewis tydens die geveg op die Lomba. Scholtz se beskrywing van hierdie David teen Goliath geveg neem die leser na die hart van die aksie.
Danksy onderhoude met veterane en dagboekinskrywings dra hierdie eerlike, intense hervertelling die volle drama van die geveg oor. Dit is ook 'n diep menslike verhaal oor hoe individue reageer in die aangesig van die dood.
Publikasiedatum: 2017-07-01
Doodsake op Karibib
Klik om te vergroot

6

9780799388015

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 265
R 212Jy spaar R 53
Isa Konrad laat die sonderlinge speurder van Karibib, Conrad Dorfling, weer krap waar daar 'n lyk is. Sommer gou-gou ontdek Dorfling twee goed, nee drie:
-Die lyk is oud. Dit gaan moeite kos om uit te vind wat aangaan.
-Alet Gouws is terug in Karibib. Hoekom weet hy nie, maar hy is nie seker dat dit goeie nuus is nie.
-Die hele polisiestasie weet skynbaar van sy en Alet se afskeidsoen …
Conrad weet nie wie se lyk dit is nie, maar hy is dankbaar dat dit 'n geraamte is, 'n doodloopsaak dus. Hy kan nie twee moorde in twee weke onder sy neus laat gebeur nie. En boonop krap Alet se teenwoordigheid hom om. Hy het regtig gedink daardie soen was vaarwel. Sy is 'n mooi vrou en Con se vorige huwelik het rampspoedige gevolge gehad ...
Alet het per ongeluk 'n getuie in sy vorige moordsaak geword. Namibië is nie haar wêreld nie, haar lewe en haar man is in Kaapstad. Hoekom het sy skielik teruggekom Karibib toe? Alet het hom laat glo sy was op pad om van haar man te skei. Intussen warm sy doodloopsaak op. Binnekort is hulle op soek na 'n tweede lyk, en binne in sy eie lyf bewe die geraamtes in hulle kaste.

Doodsake op Karibib word uit die manlike hoofkarakter se perspektief aangebied en die skrywer kry dit reg om ? lieflike onbeholpe karakter met 'n goeie hart en vergeefbare tekortkominge te skep wat enige vrou se knieë lam sal maak. Die skrywer se fyn waarnemingsvermoë en lekker sin vir humor, asook haar deerniswekkende karakters sorg vir suiwer leesplesier.
Doodsake op Karibib volg op Moord op Karibib. Isa Konrad se boeke vergelyk goed met Sandra Brown s'n.
Publikasiedatum: 2018-05-29
'n Wolf in skaapsklere
Klik om te vergroot

6

9781776092154

Nie-fiksie / Non-fiction: Taal & Letterkunde / Language & Literature

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Taal & Letterkunde / Language & Literature
R 160
R 128Jy spaar R 32
Hierdie boek is 'n versameling Afrikaanse idiome deur die skepper van Idees vol vrees, Kobus Galloway. Dit bevat 150 idiome, elk geïllustreer met 'n grappige volblad-spotprent, asook 'n kort verklaring van elke idioom se betekenis.

Verder is daar 'n lys met nóg honderde idiome en verklarings agter in die boek.
Publikasiedatum: 2017-06-01
Selma en Louise
Klik om te vergroot

7

9780798176569

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 295
R 236Jy spaar R 59
“Ek wil 'n enkelkaartjie bespreek,” fluister Selma aan die man agter die toonbank in Flight Centre.
“Waarnatoe?” vra hy en kyk op.
“Geen idee nie,” sê Selma en lek oor haar droë lippe. “Solank dit baie ver van Johannesburg is.”

Selma Barnard se hele lewe het soos 'n kaartehuis inmekaargetuimel. Eers verloor sy haar man, toe haar kinders, en nou is haar hart van nuuts af gebreek deur 'n sogenaamde ridder op 'n wit perd. Hoe kon sy haar so misgis het? En waar was Louise, haar hartsvriendin van veertig jaar? Hoekom het sý haar nie gewaarsku nie. Indië toe, dis waarheen sy sal vlug, besluit Selma. Sy sal al haar durf en moed bymekaarskraap, vrou-alleen op die vliegtuig klim Mumbai toe, en 'n nuwe mens terugkom. À la Eat Pray Love.

Solank sy net daai stemmetjie binne haar kan ignoreer wat sê Alles is nie pluis nie …
Publikasiedatum: 2018-05-04
Hykie Berg
Klik om te vergroot

7

9780796320551

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 180
R 144Jy spaar R 36
Hykie Berg is 'n bekende film- en TV-akteur, geliefd en gewild reg oor Suid-Afrika. Hy is ook 'n verslaafde. Op die kruin van sy suksesloopbaan verloor Hykie alles en draai by die dood om. Hier vertel hy sy verhaal openhartig, van die dwelmhole van Hillbrow tot in 'n maksimum-sekuriteitsel in die Weskoppies-hospitaal, waar God hom van 'n gewisse dood red. Hykie nooi jou uit om te onthou dat God se liefde ook vir jou bedoel is, en dat, al doen ons wat, God ons nie laat gaan nie.
Publikasiedatum: 2017-08-01
Steinhoff en die Stellenbosse Boys
Klik om te vergroot

8

9780799371635

Nie-fiksie / Non-fiction: Aktuele Sake / Current Affairs

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Aktuele Sake / Current Affairs
R 280
R 196Jy spaar R 84
Op Dinsdag 5 Desember 2017 was die Steinhoff-groep nog R199 miljard werd. Vier en twintig uur later is meer as R160 miljard daarvan uitgewis. Die Steinhoff-sakeryk, wat oor 20 jaar tot 'n internasionale sakereus opgebou is, het oornag verkrummel.
Markus Jooste, Steinhoff se flambojante grootbaas, het per SMS bedank en vlug sedertdien van die een na die ander geraamte wat uit sy kas val: tientalle spoghuise vir 'n blonde minnares, resiesperde, bewerings van bedrog en 'n blinkswart Jaguar vir 'n ou universiteitskoshuis.
Wat presies het hier gebeur? Wie het wat geweet? Wat is Steinhoff, wie is Markus Jooste en wat het dit met die sogenaamde Stellenbosch-mafia te doen? Hoe pas Christo Wiese, Shoprite en Pepkor in en waarheen is die pensionarisse se geld? Die bekende sakeskrywer James-Brent Styan beantwoord dié en ander vrae in hierdie verstommende verhaal van die grootste finansiële ineenstoring in die geskiedenis van Suid-Afrika.
Deur onderhoude met betroubare bronne, inligting uit vertroulike dokumente en in- dieptenavorsing oor Steinhoff se geskiedenis, onthul hy dít wat die groep oor jare probeer wegsteek het.

Steinhoff en die Stellenbosse Boys is 'n boeiende sakeriller wat nog dekades lank in sowel raadsale as sitkamers oorvertel sal word.
Publikasiedatum: 2018-06-29
Heiliger
Klik om te vergroot

8

9780799385212

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 240
R 192Jy spaar R 48
In die paar dae voor Kersfees neem Hendrik en Amalia se lewe 'n onverwagse wending, iets waarvoor hulle nooit voorsiening gemaak het nie. Maar wat vir hulle 'n nuwe era in hulle verhouding sou kon wees, word verdonker deur 'n verskriklike voorval waarvoor Hendrik in hegtenis geneem word. Nóg Amalia, 'n staatsaanklaer op Witteberg, nóg Hendrik se knap prokureur kan verhoed dat hy opgesluit word - deels vir sy eie veiligheid, deels omdat 'n lafhartige speurder sy mag misbruik. Wat voorbereiding vir 'n heugelike gebeurtenis en Kersfees moes word, word dae waarin Hendrik intiem met die binnekant van 'n sel en dié se bewoners kennis maak. Daar word van moord gepraat op die taxibaas se seun wat deur 'n dwaalkoeël getref word en dis die taxibaas se woord teen Hendrik s'n. Boonop leef die grensoorlog steeds in Hendrik se gedagtes; die nagmerrie toe hy 'n makker wat deur die Kubane gevange geneem is, gaan red het. Dekades later buk 'n Kubaanse dokter oor hom in 'n hospitaal. En as Hendrik gemeen het dat Amalia veilig is, het hy 'n fout gemaak � Lees ook Saliger (ISBN: 9780799375343) en Vrediger (ISBN: 9780799379433)
Publikasiedatum: 2017-07-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.