WEES VEILIG EN BLY TUIS - GRAFFITI SAL WEER BEGIN AFLEWER NA INPERKING *** GRATIS aflewering op bestellings bo R450 in RSA.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

5

9780620844833

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kookboeke / Food & Drink
R 400
R 320Jy spaar R 80
Onthou jy nog die geur van kaneel op pampoenkoekies in Ouma se kombuis?
Onthou jy nog die geur van chillies in Mexiko se straatmarkte?
Onthou jy nog die geur van heuning op warm plaatkoekies by die huis?
Onthou jy nog die geur van rose in die tuin op 'n soel somersaand?
In Geure kyk Lientjie Wessels voormalige Kokkedoor-deelnemer na dertien geure en geurkombinasies wat haar na aan die hart lê - van daardie eerste onthougeure soos kaneel en vars suurlemoene, die invloed van ander lande se cuisine met olywe, sesamesaad en tahini tot waar jy stilstaan om letterlik die blomme te ruik. 'n Nostalgiese én vernuwende kookboek.

Met 'n BA in beeldende kunste, werk Lientjie in verskeie dekorwinkels en as dekorredakteur in publikasies soos Sarie en Elle Decoration en lewer sy ook bydraes vir Pasella. Stukke van haar persoonlike meubelreeks pronk onder andere in die Konsistusionele Hof. Sy maak suksesvolle restaurante oop in Pretoria en Cullilnan, en neem deel aan Kokkedoor seisoen drie. Sy spits haarself tans toe op skilderwerk en spyseniering.
Publikasiedatum: 2019-12-09

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.