WEES VEILIG EN BLY TUIS - GRAFFITI SAL WEER BEGIN AFLEWER NA INPERKING *** GRATIS aflewering op bestellings bo R450 in RSA.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624084532

Fiksie:

Fiksie  -  
R 260
R 79Jy spaar R 181
Wanneer 'n droom waar word - Ettie Bierman
Dokter Dierbaar - Anita du Preez
Geërfde liefde - Lizette Engelbrecht

In Wanneer 'n droom waar word het Carmia Basson geen ander keuse as om uit haar werk as junior verslaggewer by 'n Durbanse streekkoerant te bedank nie. Gelukkig word sy spoedig aangestel as assistent van die bejaarde skrywer Margo Vermeulen - 'n pos wat inwoning op Skamanga, die Vermeuleuns se spoglandgoed aan die Natalse Noordkus, insluit. Dit klink alles idillies, behalwe dat Deneys, Margot se kleinseun wat deur haar grootgemaak is, Carmia nie op die plaas wil hê nie. Die vonke spat behoorlik tussen hulle twee, maar teen haar sin vind Carmia die beduiwelde Deneys onweerstaanbaar. Hy is onbehoorlik aantreklik, en baie sjarmant as hy die dag lus het. Maar sy is nie die enigste een wat so dink nie - ook Tasha Alexander, die wulpse buurdogter en 'n bekende perderuiter, het 'n ogie op Deneys.

In Dokter Dierbaar het Vicky Serfontein 'n rampspoedige eerste ontmoeting met dokter Paul Venter, internasionaal bekende plastiese chirurg en hopeloos te aantreklik vir enige vrou se bloeddruk. Boonop skraap sy agterna sy luukse Lamborghini in die parkeergarage met haar oeroue Mazda. Toe hy haar uit die bloute werk aanbied, kan sy nie anders as om dit te aanvaar nie, want sy het geen ander manier om die skade aan sy motor te betaal nie. Kort voor lank begin sy ook vrees vir skade aan haar hart, maar Paul Venter is die lááste man by wie sy betrokke wil raak. Want as sy die koerante en tydskrifte se skinderkolomme moet glo, is hy 'n regte wolf . . . met hope vroue in sy lewe.

In Geërfde liefde besef Nikki Swart dat sy net een uitweg het - om te boer. Sy het tot dusver net die diamantkant van die lewe geken, maar sy word deur omstandighede gedwing om haar deel van haar oorlede oupa se plaas in die noorde van Zambië op te eis. Sy moet op Kapisya boer vir oorlewing, en rooskleurig is dit beslis nie. Want Jan, die mede-erfgenaam, maak die lewe vir haar onuithoudbaar. Hy is 'n geharde boer, en hy het net een doelwit voor oë: om so gou as moontlik van dié bedorwe stadsjapie ontslae te raak. Nikki is egter nie van plan om moed op te gee nie. Die dood, het sy reeds besluit, sal genadiger wees as nóg 'n mislukking . . .
Publikasiedatum: 2018-02-15

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.