Nuut Kinders / New Children

Results 1 to 15 of 61
Gesorteer volgens:
Die maanblom
Klik om te vergroot
9781485302339

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 175
R 140Jy spaar R 35
Op 'n eiland in 'n ou kliphuis woon 'n man. Elke dag wandel hy deur die inmekaargestrengelde paadjies, styl trappies en versteekte hoeke van sy betowerende tuin. Een oggend ontdek hy op sy gunstelingplek 'n onbekende plant wat hy nie in sy klassifiseringsgids kan vind nie. Hy besluit om alles waartoe hy in staat is in te span om haar te versorg. En toe sy een aand 'n blomknop kry, kom hy met allerhande idees vorendag om haar aan te moedig om oop te gaan. Maar niks wat die man kan doen laat die blom bloei nie … tot een magiese volmaannag.
Publikasiedatum: 2018-07-24
Wanneer is eendag?
Klik om te vergroot
9781485307747

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Marleen Visser
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 120Jy spaar R 30
Abella is 'n klein feetjie en haar hare is rooi en deurmekaar. Haar klere bly vuil, want sy speel so lekker saam met haar maatjies tussen die fynbos. Sy wil baie graag so mooi soos die ouer feetjies lyk en ook soos hulle teen die maan se strale afgly, maar hoe lank moet 'n feetjie wag voor dit kan gebeur?
Wanneer is eendag? is 'n feetjieboek vir voorlees of vir kinders wat pas begin lees het.
Publikasiedatum: 2018-07-24
Die lelike vyf
Klik om te vergroot
9781485309420

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Philip de Vos
Illustreerder: Axel Scheffler
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 120Jy spaar R 30
“Ons vyf is misbaksels, ons voel ons kan ween;
so vaal en misvormd, o, waar moet ons heen?”
Ontmoet die vaal blouwildebees, die giggelende hiëna, die bles aasvoël, die vlakvark met sy vratte en die vuil maraboe: alom bekend as die lelikste diere van die Bosveld … maar is hulle werklik so lelik?
Publikasiedatum: 2018-07-24
Karel Kraai se kitaar
Klik om te vergroot
9780798175494

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 140
R 112Jy spaar R 28
Mamma Kraai weet haar kuiken het 'n spesiale musiektalent. Hy kan fyn luister en allerhande geluide naboots. Hy sing dag en nag “Ha-ha-a-a-aa!' soos Hadeda, soos Jangroentjie 'Tji-tji-tjoe!' en soos Duif 'Koekeroekoe!'. Dit laat al die voëls se koppe draai. Hulle ken nie meer hulle eie geluide nie! Die hele bos is deurmekaar.
Mamma Kraai besluit hulle moet trek en 'n plek gaan soek waar niemand ooit weer oor haar Kareltjie se musiek sal kla nie.
Publikasiedatum: 2017-10-06
Juffrou Goth en die spookmuis
Klik om te vergroot
9781485309468

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 160
R 128Jy spaar R 32
Wenner van die Costa Kinderboek van die Jaar 2013. Ada Goth is die enigste kind van Lord Goth. Hulle woon saam in die reusagtige Ghastly-Gorm Hall. Lord Goth glo dat kinders gehoor maar nie gesien mag word nie, en laat Ada groot lomp stewels dra sodat hy haar altyd kan hoor wanneer sy naderkom. Dit maak dir vir haar moeilik om vriende te maak en sy is eintlik baie eensaam. Een dag kom Emily en William Cabbage by hulle bly, en saam met 'n spookagtige muis met die naam Ishmael begin hulle om agter die kap van die byl te kom van dit wat die geheimsinnige opsigter Maltravers probeer konkel. Ada en haar vriende moet saamwerk om 'n stokkie voor sy nare planne te steek voordat dit te laat is!
Publikasiedatum: 2018-07-16
My ensiklopedie van baie belangrike dinge
Klik om te vergroot
9780799383911

Kinders: Nie-fiksie

Kinders  -  Nie-fiksie
R 300
R 240Jy spaar R 60
'n Fantastiese eerste ensiklopedie propvol feite, perfek vir jong slimkoppe wat nie kan wag om alles oor die wêreld te ontdek nie. My ensiklopedie van baie belangrike dinge verken temas soos diere, mense, planete, en baie belangrik, jy!
Kinders kan uitvind wat 'n woestyn is, hoeveel kontinente daar is, leer om 'hallo' en 'totsiens' in verskillende tale te sê, en nog hope meer. Maak kennis met vegetariese dinosourusse, oulike troeteldiere, en reusagtige blouwalvisse; verken die verlede saam met grotbewoners, Vikings en farao's; kyk hoe 'n plant uit 'n saadjie groei; en ontdek waaruit 'n wolk bestaan.
My ensiklopedie van baie belangrike dinge is 'n asemrowende kombinasie van eenvoudige, treffende illustrasies, indrukwekkende foto's en lewendige teks - 'n baie belangrike boek vir baie belangrike mense, en die perfekte eerste naslaanboek vir jong feitevrate.
Publikasiedatum: 2017-10-05
Weg
Klik om te vergroot
9780799388824

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 170
R 136Jy spaar R 34
Haar naam is Niekie. Sy is sy prinses. En binnekort gaan hy haar vir ewig laat slaap …
Terwyl haar ouers oorsee werk, bly Niekie in haar matriekjaar op haar eie in 'n woonstel in die stad. Kort nadat sy en haar kêrel, Schalk, baklei het, verdwyn Niekie spoorloos.
Die polisie is nie dadelik agterdogtig nie - Niekie het immers ietwat van 'n losbol-kunstenaarstemperament en het al voorheen uit die bloute saam met haar kunstenaars-oom die pad gevat om te gaan skilder.
Maar Schalk begin al hoe meer bekommerd raak. Waarom het Niekie nie opgedaag vir hulle afspraak nie? Hoekom antwoord sy nie haar foon nie? Ignoreer sy hom dalk net omdat sy vies is vir hom? Maar toe Schalk boonop haar woonstel verlate aantref, weet hy iets is verkeerd.
Baie verkeerd.
Intussen word Niekie iewers in 'n vreemde bed wakker met kneusplekke aan haar gesig en kabelbinders wat in haar polse en enkels insny.
By haar in die vertrek is 'n man. Iemand wat sy kort tevore ontmoet het. Hy noem haar sy prinses. Hy wil vir haar 'n storie vertel. 'n Storie oor 'n meisie wat dieselfde naam as sy gehad het. En as die storie eers verby is, gaan hy vir haar 'n spesiale towerdrankie gee om haar te laat slaap. Vir altyd …
Terwyl die uurglas vir Niekie leegloop, probeer Schalk en Niekie se vriende die vreemde spoor van leidrade volg wat hulle hopelik na haar ontvoerder sal lei … voor dit te laat is.
Hierdie naelbyt-spanningsverhaal sal tienerlesers tot die laaste bladsy vasgenael hou.
Weg was 'n finalis in die LAPA Jeugromankompetisie in 2017.
Publikasiedatum: 2018-07-12
Grilgrypers 3: Kamp vir monsters
Klik om te vergroot
9780798176781

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 140
R 112Jy spaar R 28
Volgens Clayton se pa en sy nuwe verloofde is hy 'n probleemkind. Hy word na 'n eksklusiewe rehabilitasiekamp vir tieners gestuur, maar dis nie net die streng sekuriteit en geheimsinnige personeel wat aandui iets is nie pluis nie. Clayton is vreesbevange vir die digte bome wat die kamp omring en snags sluip vreemde gediertes in die woud rond. En dan begin van die tieners verdwyn. . .
Publikasiedatum: 2018-07-05
Die leeu wat drukkies gee en ander ware dierestories
Klik om te vergroot
9780799389272

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Alex van Houwelingen
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 115
R 92Jy spaar R 23
Wonderlike ware dierestories vir beginnerleespret
Ontmoet 'n paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld! Vind uit wat gebeur het nadat twee vriende 'n leeu in 'n afdelingswinkel gekoop het, ontmoet 'n dapper hond genaamd Salty, en vind meer uit oor die dapper reddingspoging om Humphrey die boggelrugwalvis te red nadat hy die pad byster geraak het. Hierdie boek bevat ses asemrowende ware dierestories:
1. Die leeu wat drukkies kon gee
2. Salty en die Twin Towers
3. Humphrey die walvis verdwaal
4. 'n Hond soos Knersus
5. 'n Perd met tekkies
6. O, die liewe Lulu
Die stories word op 'n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!

Ook beskikbaar in hierdie reeks:
Max die dapper gorilla en ander ware dierestories (9780799384505)
Publikasiedatum: 2018-07-12
Die Babalela-Storieboek
Klik om te vergroot

3

9780799384239

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 200
R 160Jy spaar R 40
Vir die eerste keer verskyn al vier Babalela-boeke nou saam in een storie-omnibus. Dit sluit vier stories in:
* Babalela
* Diep, diep in 'n donker bos
* Los ons uit!
* Ons kan!

Diep, diep in 'n donker bos
waar die son net soms deur die takke loer,
diep, diep in 'n donker bos
waar die varings welig diepgroen staan,
diep, diep in 'n donker bos,
in 'n hol boomstomp, net onder 'n blaar,
woon die Babalela.

Duisende Afrikaanse kleuters ken die betowerende openingsrefrein van Martie Preller se immergewilde, bekroonde Babalela-boeke. Meer as 85 000 eksemplare van die vier titels in die reeks is verkoop, die Babalela-verhoogstuk het die land platgetoer en danksy 'n Babalela-pop, -T-hemde en 'n CD het dié pers bosbewonertjie diep in kinderharte gekruip.

Kom kuier saam met die Babalela en sy maats Meermoskat, Knortand, Potifant, Wrrrumpie en die lawaaierige Fripperwakkies in die bos - en beleef hope avonture!
Publikasiedatum: 2017-09-14
Reënboogrant: Maats Omnibus 2
Klik om te vergroot
9780799389494

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 205
R 164Jy spaar R 41
Kom deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe - die Reënboogrant-jare!
Een van die gewildste Afrikaanse reekse is nou in 'n omnibus beskikbaar! Kom deel in die lekkerste tye van Shani en haar sussie Sunette se lewe - die Reënboogrant-jare! In die Reënboogrant Maats-boeke is Shani-hulle op laerskool, en hulle beleef allerlei opwindende avonture - van 'n geheimsinnige hanswors wat sy verskyning tydens 'n skooluitstappie maak, tot 'n wetenskap-ekspo wat lelik skeefloop.
Hierdie omnibus bevat die volgende drie titels uit dié gewilde reeks:
'n Nag van angs
Die hanswors
Teddie se geheim
Publikasiedatum: 2018-07-12
Ek en my ouma
Klik om te vergroot
9780799388732

Kinders: Kleuters

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Alison Edgson
Kinders  -  Kleuters
R 135
R 108Jy spaar R 27
Ek en my ouma
is reg vir die dag.
Daar is hope avonture
wat op ons wag!

Beertjie verken graag die wêreld saam met sy ouma. Hulle klim saam boom, plas in waterpoele rond en vang vis. Dit is soveel pret dat Beertjie wens die dag kan sommer vir ewig aanhou! Maar 'n lekker stywe slaaptyddrukkie van Ouma is die perfekte manier om die opwindende dag af te sluit.
Hierdie deernisvolle prenteboek wys hoe wonderlik en prettig dit is om 'n liefdevolle ouma in jou lewe te hê!
Publikasiedatum: 2018-07-12
Die legendariese Lua Verwey - Welkom by die wilde Verweys
Klik om te vergroot
9780798176811

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 140
R 112Jy spaar R 28
Lua is nie soos enige meisie wat jy ken nie. Sy sal eerder tyd op haar J-board spandeer as voor 'n spieël of die TV. Sy's ook allergies vir seuns. Wat vreemd is, want sy het drie boeties. En sy wil graag krieket speel, al sal sy die enigste meisie wees. Maar die krieketspan gaan see toe toer en sy kort beslis 'n vakansie weg van haar mal gesin af.
Publikasiedatum: 2018-05-07
Vaselinetjie
Klik om te vergroot
9780624084181

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 175
R 140Jy spaar R 35
Sy is Helena Bosman van die Noord-Kaap, maar Oupa en Oumie noem haar sommer Vaselinetjie. Sy is hulle hart se punt, tot Vaselinetjie tien jaar oud is en die Welsyn haar laat wegstuur na die kosskool in Gauteng. Want sy is wit en kan nie haar bruin oupa en ouma se regte kleinkind wees nie. Dit is 1993 en Suid-Afrika staan op die rand van 'n nuwe politieke bestel. Soos die land verander, so word Vaselinetjie ook in die vreemde, ongenaakbare weeshuiswêrled 'n jong vrou.
Publikasiedatum: 2017-08-01
Veldiep
Klik om te vergroot
9780624085379

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 175
R 140Jy spaar R 35
Amber is onseker van haar voorkoms. Is sy mooi? Sy maak 'n anonieme YouTube-video waarin sy mense vra om haar voorkoms te beoordeel, maar dit beland per ongeluk op haar Facebookblad. Tim is gewild, maar sy meisie het hom sopas afgesê vir een van die rugby-ouens. 'n Toevallige ontmoeting in die skadu's van die landgoed waar hulle albei woon, lei tot 'n ongewone vriendskap, maar sal Amber die moed hê om haar spoke te konfronteer? En sal Tim die skadu-meisie se ware skoonheid kan raaksien?
Publikasiedatum: 2018-07-08

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.