Fiksie
sub_category_af

Results 1 to 15 of 102
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Tweespoor
Klik om te vergroot
9781485309291

Fiksie: sub_category_af

Fiksie  -  sub_category_af
R 180
R 144Jy spaar R 36
In 1920 skilder Paul Klee die olieverf-skildery, Angelus Novus. In 1940 vertolk Walter Benjamin in sy geskrif, “?ber den Begriff der Geschichte”, dat dít is hoe die engel van die geskiedenis moet lyk: met oopgesperde vlerke, op die punt om weg te vlieg, kyk hy om. Hy sien 'n katastrofiese verlede, wil terug, die wrakstukke wat hy daar sien opruim, maar 'n storm uit die paradys het hom aan die vlerke beet, waai hom genadeloos die toekoms in.
In die eerste gedeelte van Tweespoor word 'n spesifieke suider-afrikaanse verlede ontgin, en in die tweede 'n stormagtige eietydse werklikheid. Benewens dié twee spore waarop die bundel kortprosa loop, veroorsaak die geskiedenis wat ingesement in die psiges van karakters lê, en die opsies wat die hede bied, 'n turbulensie wat mense in twee rye spore laat loop.

“Besonder elegant is die delikate manier waarop die skrywer suggestie hanteer. Dit is die vermoë om 'n verwikkelde, geloofwaardige teks te produseer wat tegelykertyd ('n karakter se geestelike herstel of weerstandige berusting), nie net bevestig nie, maar ook ondermyn, wat hierdie verhale onderskei,” skryf Louis Esterhuysen oor Tweespoor.

OOR DIE OUTEUR
Helena Gunter het op 'n plaas naby die mond van die Breërivier grootgeword en skoolgegaan in Heidelberg. Ná haar studies was sy jare lank 'n onderwyser in die Strand, Bellville en Stellenbosch. Haar debuutbundel Op 'n plaas in Afrika is in 2008 met die Eugène Marais-prys bekroon en beskryf as “'n draaipunt in die Afrikaanse kortverhaal”.
Publikasiedatum: 2018-07-17
Die rooikop en die redakteur en ander stories
Klik om te vergroot
9780798177023

Fiksie: sub_category_af

Fiksie  -  sub_category_af
R 240
R 192Jy spaar R 48
In hierdie versamelbundel bring H&R vroeë verhale deur een van Afrikaans se belangrikste skrywers in een band byeen. Vóór die Sestiger-beweging en internasionale literêre aansien het André Brink sy loopbaan begin as skrywer van humoristiese stories en spannings- en liefdesverhale. Die vermaaklike stories in dié bundel het gedurende die 50's in die Die huisgenoot en Die brandwag verskyn. Brink se unieke humor word met 'n tikkie nostalgie vermeng - perfek vir 'n ouer én nuwe geslag lesers.
Publikasiedatum: 2018-04-16
Donderweer gedagtes
Klik om te vergroot
9780928316964

Fiksie: sub_category_af

Fiksie  -  sub_category_af
R 175
R 140Jy spaar R 35
Hierdie meesleurende boek bied 'n versameling kortverhale, maar hoe verder daar gelees word, hoe meer word daar besef dat daar 'n sterk verband is tussen die stories wat dan saamgevat word aan die einde.

Dit is diep, persepsieveranderende stories wat die hartsnare roer.

Die stories handel oor mense se diepste, innerlike konflik: depressie, anoreksie, selfmoord, lae selfbeeld en hoe die karakters hierdie konflik hanteer
Publikasiedatum: 2018-02-28
Die ou vrou en die priester en ander verhale
Klik om te vergroot
9780798176996

Fiksie: sub_category_af

Fiksie  -  sub_category_af
R 195
R 156Jy spaar R 39
Van 1981 tot 2014 skryf Cilliers rubrieke vir Beeld, De Kat en Sa??rie. Deur die jare het sy etlike bydraes vir verskillende bundels gemaak, maar Die ou vrou en die priester is haar eerste eie kortverhaalbundel. Verskeie klassieke temas word onder die loep geneem: dit wat in 'n huwelik ongesê bly tussen man en vrou, die verband tussen ma en dogter, die blindheid van 'n eerste liefde, en bowenal die uitdagings van oud word.
Baie leesbaar, met 'n diep menslikheid wat uit die stories straal.
Publikasiedatum: 2018-02-16
Wit issie 'n colour nie
Klik om te vergroot
9780795707988

Fiksie: sub_category_af

Fiksie  -  sub_category_af
R 220
R 176Jy spaar R 44
'n Versameling stories oor die lewe in 'n bruin woonbuurt op die Kaapse Vlakte. Dit dek identiteit, rassepolitiek en kultuur, en bevraagteken die Suid-Afrika van vandag. Dit is gevul met galgehumor, rou eerlikheid en hartverskeurende vertellings. Diep persoonlik en 'n ontstellend waar weergawe van die lewe aan die ander kant van die spoor.
Publikasiedatum: 2018-02-13
Kriptonietoomblikke en ander kortverhale
Klik om te vergroot
9781920709358

Fiksie: sub_category_af

Fiksie  -  sub_category_af
R 90
R 72Jy spaar R 18
'n Keur uit die verhale van Moryn Hanzen, bekende skryfster van tydskrifartikels, kortverhale en kinderstories. Haar eerste liefdesroman Pad na Geluk is onlangs gepubliseer.
Publikasiedatum: 2018-02-02
Vreemdeling
Klik om te vergroot
9780798152570

Fiksie: sub_category_af

Fiksie  -  sub_category_af
R 210
R 168Jy spaar R 42
'n Keur uit die kortverhale van Welma Odendaal
Publikasiedatum: 2017-12-03
Hartlam
Klik om te vergroot
9780624082736

Fiksie: sub_category_af

Fiksie  -  sub_category_af
R 250
R 200Jy spaar R 50
In hierdie bundel sal jy vergeefs soek na voorspelbaarheid. Want die liefde het vele gesigte, en nie almal is mooi nie.
Kerneels Breytenbach, Christine Barkhuizen Le-Roux, Erika Murray-Theron, Helene de Kock, Keina Swart, Jaco Jacobs en vele meer skryf oor die liefde in al sy vele gedaantes: moederliefde, onvoorwaardelike liefde, gewelddadige liefde, verbode liefde, erotiese liefde, liefde tot die dood toe ...
Want die liefde verdra alles, maar die liefde het dikwels tande.
Publikasiedatum: 2017-10-20
Hoezit, Antie? Vrikkie hier
Klik om te vergroot
9780798176422

Fiksie: sub_category_af

Fiksie  -  sub_category_af
R 190
R 152Jy spaar R 38
Vrikkie Visser is 'n fiktiewe karakter wat die mense se harte gesteel het met sy briewe aan sy 'Antie', in Volksblad en op Facebook. Vrikkie vertel van sy wedervaringe met sy oom Vissie, sy vriend Bra Pietie en sy antie Velti, en praat oor alles van dieet tot rugby en landsake. Vrikkie, al kan hy nie spel nie, se briewe is vol menslikheid en baie humor. Dis storievertel op sy beste.
Publikasiedatum: 2017-09-08
Op pad: 'n Reisjoernaal
Klik om te vergroot

1

9780624077176

Fiksie: sub_category_af

Fiksie  -  sub_category_af
R 250
R 200Jy spaar R 50
Dana Snyman sien dinge op sy eiesoortige, aweregse manier. In deel een is hy op pad saam met die TV-span van Op pad met Dana. Soos hulle die land deurkruis op soek na stories, beleef Dana nie net die lief en leed van die mense met wie hy gesels nie, maar ook sy eie innerlike reis. Hy kom huistoe met 'n optelhond -- en met 'n nuwe manier van kyk. In deel twee kyk hy rugby. In kroeë, township-huisies, saam met oom Frik du Preez en Joost van der Westhuizen. Snaaks, skerp en onthutsend eerlik.
Publikasiedatum: 2017-08-01
Krokodil aan my skouer: Stoffel toe en nou
Klik om te vergroot
9780798164979

Fiksie: sub_category_af

Fiksie  -  sub_category_af
R 235
R 49Jy spaar R 186
Krokodil aan my skouer is Christiaan Bakkes se boeiende vertelling oor sy vroeë vormingsjare. In ses bundels sedert 1998 het lesers hom leer ken deur sy Stoffel Mathysen-persona. Vandag is hy bekend as 'n gesogte safarigids en gerespekteerde natuurbewaarder, maar mense onthou hom steeds as die man wie se arm in die Krugerwildtuin deur 'n krokodil afgebyt is - 'n gebeurtenis wat sy lewe verander het. Vir die eerste maal vertel Stoffel ook die volle verhaal van sy jaar grensdiens in die Wes-Caprivi en ontbloot só 'n stuk geheime geskiedenis uit die bosoorlog. En hy kondig sy nuwe oorlog aan: die stryd teen renosterstropery.

Bakkes se skryfstyl vol ironie en lakonieke humor bly 'n plesier, maar dis veral sy eerlike en openhartige blik op homself en die lewe wat van hom so 'n gewilde skrywer maak.
Publikasiedatum: 2017-06-01
Franse briewe: pos uit Provence
Klik om te vergroot
9780624046677

Fiksie: sub_category_af

Fiksie  -  sub_category_af
R 275
R 49Jy spaar R 226
Dis somer in Provence - en soos elke somer word al die poskaartprentjies oornag lewend. Lappe laventel so pers dat dit lyk asof derduisende botteltjies kristalviolet per ongeluk uit 'n vragvliegtuig geval het.
Goudgeel sonneblomme net waar jy kyk, asof jy pens en pootjies binne-in 'n Van Gogh-skildery beland het. Maar help! Terselfdertyd het 'n bende misdadigers op Marita se Provençaalse dorpie toegesak! Haar motor word nie net gesteel nie, maar onherstelbaar verniel. En moleste met motors is maar een van die, noem dit maar 'interessante', aspekte van haar idilliese bestaan. Daar is ook nog huismoleste, kultuurskokke, ouderdom en ander meer tipies Franse vlieë in die salf soos skoolgaan in Frankryk.
Haar boek met kort sketse gaan eintlik oor die vrese en vreugdes van bestaan: oor Franse mans se waardering vir ouer vroue en vroue se vrees vir muise. Oor 'n Afrikaanse vriendin in Frankryk en skuldgevoelens oor die skade aan die omgewing. En oor hoe sy in te midde van tipies Europese Kersvieringe meteens oorweldig word deur 'n verskriklike verlange na die sweterige 'kamma-Kersfeeste' van haar kinderdae.
Publikasiedatum: 2017-06-01
Stoffel : die beste stories
Klik om te vergroot
9780798171113

Fiksie: sub_category_af

Fiksie  -  sub_category_af
R 325
R 260Jy spaar R 65
Met Stoffel: die beste stories, bring Human & Rousseau Christiaan Bakkes se beste Afrikaanse verhale byeen in 'n nuwe bundel. Hier val die klem op Bakkes se "Stoffel"-stories: verhale waarin Bakkes as Stoffel Mathysen figureer, maar wat op ware gebeure gebaseer is. In sy kenmerkende styl verken Bakkes - gesogte wildbewaarder en gerekende safarigids - wildernisse en vlaktes met eerlikheid en 'n fyn sin vir humor. 'n Keur uit die skrywer se oeuvre, geskik vir gesoute sowel as nuwe Bakkes-lesers.
Publikasiedatum: 2017-06-01
Die vrou in die vuur
Klik om te vergroot
9780798158329

Fiksie: sub_category_af

Fiksie  -  sub_category_af
R 270
R 39Jy spaar R 231
Die heel beste kortverhale uit Riana Scheepers se oeuvre, die bundels Die ding in die vuur (1990), Dulle Griet (1991), 'n Huis met drie en 'n half stories (1994), Feeks (1999) en Katvoet (2009)] word hier saamgevat.
Dit sluit onder meer verhale in wat die fokus plaas op liefde en sensualiteit in hul vele vorme, asook Afrika-mistiek. Die storie wat aan die bundel sy titel verskaf - 'n verwysing na Jeanne d'Arc - is 'n splinternuwe, boeiende toevoeging tot dié skrywer se oeuvre.
Publikasiedatum: 2017-06-01
Skrik op die lyf
Klik om te vergroot
9780624074731

Fiksie: sub_category_af

Fiksie  -  sub_category_af
R 250
R 49Jy spaar R 201
Hierdie bundel bevat vreesaanjaende grilverhale oor spoke, welgeeste, goëlery, krapgeeste, dwaalgeeste, fortuinvertellers, stigmata, wonderwerke, sieners, séances, sangomas, tokkelosse, djins, spookligte en alles wat onverklaarbaar is.
Laat gerekende spekskieters soos Kerneels Breytenbach, Henning Pieterse, Jaco Jacobs, Marion Holm en Marié Heese jou die Skrik op die Lyf jaag. Heelparty bonatuurlikwoordbegaafde bangmakers debuteer ook hier"
Publikasiedatum: 2017-06-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.