●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Christelik - Kinders
Prenteboeke

Results 1 to 7 of 7
Gesorteer volgens:  Titel
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781770000582

Christelik - Kinders: Prenteboeke

Christelik - Kinders  -  Prenteboeke
R 20
Hierdie boekie vertel in breë trekke verhale oor die skepping, Jesus se geboorte en werk op aarde, die opstanding en ook die hemelvaart. Tussendeur is daar gedeeltes wat as 'n gesinsgesprek tussen ouers en kinders aangebied word. Op dié manier word die waarhede van God se liefde en vergifnis prakties uit-gebeeld. Dit beantwoord ook kernvrae waaroor kinders dalk kan wonder. Die belangrikste storie ooit vertel is veral nuttig in evangelisasiewerk, maar kan ook sommer net gebruik word om die goeie nuus met jou vriende en familie te deel. Die boekie het kleurryke illustrasies en is beskikbaar in agt tale: Afrikaans, Engels, Sotho, Xhosa, Zulu, Tswana, Kimwani en Portugees.
Publikasiedatum: 2020-08-01
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415335840

Christelik - Kinders: Prenteboeke

Christelik - Kinders  -  Prenteboeke
R 100
Leer jou kinders die ware betekenis van moed met die pragtige verhaal van Lizzie die leeuwelpie. Kinders sal mal wees oor Lizzie, 'n leeutjie wat die ware betekenis van moed ontdek. Wanneer die nuuskierige Lizzie sien iemand is in die moeilikheid, probeer sy dadelik self te help, maar sy vind gou uit om werklik dapper te wees, beteken soms mens moet grootmense se hulp vra. Die boek met sy prettige illustrasies deur Kristeen Harris-Jones leer kinders dat mens nie die grootste hoef te wees om die sterkste te wees nie, en dat dit nie die een is wat die hardste brul wat die dapperste is nie. Deur God se hulp te vra en dan volwassenes te betrek, wys Lizzie dat mens nie op jou eie dapper is nie - dis 'n spanpoging!
Publikasiedatum: 2020-04-01
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431614028

Christelik - Kinders: Prenteboeke

Christelik - Kinders  -  Prenteboeke
R 169
Drie immergewilde Pinkenolsie-stories nou in een handige omnibus.

Hierdie omnibus bestaan uit drie boekies van die im­mer­ge­wilde Pinkenolsie. Dit bring 'n boodskap dat elke mens vir God spesiaal is omdat Hy elkeen uniek gemaak het. Dis 'n wonderlike geskenk wat kinders sal koester selfs wan­neer hulle al groot is.

Jy is spesiaal

Die Wemmels doen elke dag dieselfde ding: hulle plak óf goue sterre óf grys kolle op mekaar. Dié wat mooi en ta­lent­vol is, kry altyd goue sterre. Dié wat egter min kan doen of stukkende hout het, kry lelike kolle. Kinders sal mal wees daaroor om te sien hoe Eli vir Pinkenolsie oor­tuig dat hy baie spesiaal is, net soos hy is! So sal hulle be­sef dat hulle self ook kosbaar is vir God.

Jy is myne

Die behoefte om “belangrik” te wees veroorsaak al weer chaos in Wemmeldorp. Pinkenolsie is natuurlik weer in die middel daarvan. Volg sy avontuur terwyl hy 'n les leer wat kinders altyd moet onthou: dis nie wat jy het wat jou kos­baar maak nie, maar die feit dat jy aan God behoort.

Die heel beste

Wanneer Alta Wonderlik in Wemmeldorp aankom, wil al­mal deel van haar klub wees. Pinkenolsie mag nie deel wees nie, want hy is van die verkeerde hout gemaak. Eli die houtsnyer wys vir Pinkenolsie dat hy baie spesiaal is omdat Eli hom gemaak het. Kinders sal besef hulle hoef nie soos iemand gewild te wees om spesiaal te wees nie. God het elkeen van ons met 'n doel gemaak soos ons is.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Max Lucado Children's omnibus.

OOR DIE OUTEUR

Max Lucado is met meer as 100 miljoen produkte in druk een van die gewildste outeurs in Amerika. Hy en sy vrou, Denalyn, bly in San Antonio, Texas, waar hy by die Oak Hills Church in die bediening is.
Publikasiedatum: 2019-11-01
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431625666

Christelik - Kinders: Prenteboeke

Christelik - Kinders  -  Prenteboeke
R 199
Melo se koninkryk neem kinders op ʼn wonderlike avontuur na die Afrika-bos saam met Melo en haar spesiale dierevriende. Elkeen van die bekoorlike stories is gebou op ʼn Afrika-spreekwoord en gebruik Bybelse beginsels om kinders op ʼn boeiende manier te leer en te inspireer. Die stories, geskryf deur Thuli Madonsela en lede van haar familie, beklemtoon die belangrikheid van waardes soos eerlikheid, moed, respek, spanwerk en goedhartigheid, terwyl dit die wonders van die skepping benadruk. Die boodskap van elke storie word versterk deur ʼn relevante teksvers, gebed, vrae vir nadenke, woorde van wysheid en ʼn prettige geloofsgebaseerde aktiwiteit.
Publikasiedatum: 2020-09-01
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431624447

Christelik - Kinders: Prenteboeke

Christelik - Kinders  -  Prenteboeke
R 89
So dikwels aanvaar ons God se seëninge in ons lewe as vanselfsprekend. Met hierdie pragtig geïllustreerde boek met gebede kan jy kinders tussen 5 en 8 aanmoedig om God se seën in hul lewe raak te sien en vir God dankie te sê daarvoor. My groot dankie-sê-boek lig baie dinge uit waarvoor ons dankbaar kan wees: lewe, liefde, stories, familie, kos, 'n huis en nog baie meer. Die eenvoudige teks en lewendige illustrasies vang die wonder van die skepping vas en moedig lesers aan om met nuwe oë na die wêreld te kyk.
Publikasiedatum: 2018-07-01
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431620401

Christelik - Kinders: Prenteboeke

Christelik - Kinders  -  Prenteboeke
R 85
Spring in die saal vir 'n prettige rit op die plaas saam met oom Angus en sy gunsteling perd Snowy. Snowy en sy vriende is baie lief vir Jesus en luister elke dag wanneer oom Angus sy Bybel lees en bid. Snowy en sy maatsdeel plaasstories waarby kinders sal aanklank vind en lewenslesse leer, soos die keer toe die lammetjie Mê weggedwaal het van sy mamma, of toe Rooies die haan in die moeilikheid beland het omdat hy nie na goeie raad wou luister nie.
Elkeen van die 11 stories word gekomplementeer met 'n teksvers en gebed. Kinders tussen 5 en 8 jaar sal ook hou van die prettige aktiwiteit, soos legkaarte, soek die verskille en doolhowe.
Publikasiedatum: 2018-10-19
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431621477

Christelik - Kinders: Prenteboeke

Christelik - Kinders  -  Prenteboeke
R 20
Word 'n volgeling van Jesus is 'n handige evangelisasie-boekie wat help om die Goeie Nuus oor Jesus aan kinders oor die hele wêreld te verkondig.
Hierdie boekie deur topverkoper-outeur Dave Strehler is 'n wonderlike hulpmiddel om iemand na Jesus te lei. Jong gelowiges sal ook ontdek hoe hulle geloof kan groei, hoe om die Bybel te lees en te bid.
Ander spesiale kenmerke sluit in:
• Plek waar hulle kan aanteken wanneer hulle hul lewe vir Jesus gegee het
• Aanwysings hoe om hulle eie verlossingsarmband te maak
Publikasiedatum: 2019-04-15
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.