●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

9

9781776355129

Christelik - Kinders: Tieners

Christelik - Kinders  -  Tieners
R 200
R 160Jy spaar R 40
“Engele is oral om ons, altyd, selfs in ons asem.” - Eileen Elias Freeman
'n Jaar vol engele! Hierdie unieke dagboek en joernaal vir kinders (veral meisies) bevat nie net plek om elke dag jou gedagtes neer te skryf nie, maar is propvol engele. Engele om ons is 'n kombinasie van dagstukkies en gebede, aanhalings en idiome, gedigte en rympies, Bybelstories en ander staaltjies oor al die wonders van engele … en nog baie meer. Wendy Maartens is die samesteller van hierdie joernaal en dit word aangevul deur 'n pragtige bladuitleg en illustrasies.
Publikasiedatum: 2022-10-10
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431624867

Christelik - Kinders: Tieners

Christelik - Kinders  -  Tieners
R 149
Wanneer 'n mens se lewe vreeslik deurmekaar voel met niks wat reg uitwerk nie, mense wat siek word, vriende wat vreemde dinge doen en wêreldwye chaos, het jongmense 'n anker nodig. As gelowiges is ons grootste lewensanker God en sy Woord. Gewilde skrywer Ewald van Rensburg ken die harte van kinders en jongmense, en hy verstaan hulle vrae en twyfel. Met die opbouende en inspirerende verhale in hierdie 365 Skrifgebaseerde oordenkings wil hy opnuut vir jong tieners hoop bring in 'n wankelende wêreld. Die oordenkings fokus op God se ewige liefde en trou, en sy redding deur Jesus Christus deur vanaf Genesis tot Openbaring chronologies deur die Bybel te werk. Elke kort oordenking word gevolg deur 'n kort gebed. God in elke storie se 365 oordenkings sal elke jongmens se hart opnuut anker in God se trou.
Publikasiedatum: 2018-06-01
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776353958

Christelik - Kinders: Tieners

Christelik - Kinders  -  Tieners
R 180
Met dekades se ervaring in die geestelike- en jeugbediening en 'n hele paar jeugverhale agter sy naam skryf Jan Vermeulen hierdie insiggewende, Bybelse gids vir tieners. GOM vir jou stukkende wêreld bevat 5 belangrike Bybelse waarhede wat tieners kan bekwaam om:
• Die kernboodskap van die Bybel beter te verstaan.
• Antwoorde op hul geestelike vrae te vind.
• Beter lewenskeuses te maak.
In die stukkende wêreld waarin ons lewe ervaar baie mense trauma en verwarring. Hierdie gids gee tieners die hulpmiddels wat hulle nodig het om hul wêreld weer heel te maak. Hierdie boek bevat antwoorde op belangrike vrae, ruimte vir self-refleksie en vrae om die leser verder te laat dink en antwoorde in die Bybel te soek. Dit alles maak hierdie boek ideaal vir alleen gebruik vir 'n tiener, sowel as 'n waardevolle hulpbron vir die jeugbediening en Sondagskool.
Publikasiedatum: 2021-11-04
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781770006706

Christelik - Kinders: Tieners

Christelik - Kinders  -  Tieners
R 150
As volwassenes soms sukkel om kop te hou, wat van ons jongmense? Hulle word uit alle oorde gebombardeer met superryk, superbekende en supersexy plastiekbeelde. Maar hulle besef nie altyd hoe vals hierdie beelde is nie, en streef dan - dikwels op vernietigende wyse - daarna om soos minder as 2% van die wêreldbevolking te lyk en op te tree. Hoe om jou lewe te verwoes voor jy 16 is is daarom 'n móét vir elke jongmens, ouer, onderwyser en jeugwerker. Johan Smith bespreek onder andere selfdood, die misbruik van tegnologie, drank, dwelms, eetversteurings, okkultisme en pornografie - net 'n paar van die 15 dinge wat régtig jou lewe kan ver-woes.
Dié hersiene uitgawe van Hoe om jou lewe te verwoes voor jy 16 is bevat nuwe statistiek en ook besprekingsvrae wat tieners self kan deurwerk en wat van onskatbare waarde vir jeugleiers sal wees.
Publikasiedatum: 2018-06-01
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781770009370

Christelik - Kinders: Tieners

Christelik - Kinders  -  Tieners
R 300
DIE KLASSIEKE KINDERBYBEL-STORIEBOEK is die plek waar klassieke Bybelstories en elke leser - jonk of oud - se verbeelding mekaar ontmoet.
Johan en Nina Smit se wonderlike keuse van 100 stories uit die Ou Testament en 100 stories uit die Nuwe Testament is geskryf in 'n taal waarmee kinders kan identifiseer. Hierdie pragtige stories saam met Alan Parry se aangrypende klassieke illustrasies belowe maklik-om-te-lees-stories tesame met 'n insiggewende Bybellees-ervaring.
Publikasiedatum: 2011-07-01
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431622559

Christelik - Kinders: Tieners

Christelik - Kinders  -  Tieners
R 40
Dit is so 'n wonderlike voorreg om te bid! Om alles wat in 'n mens se hart is met die Skepper van die heelal te deel. My eie gebedsjoernaal is 'n kreatiewe joernaal wat tienermeisies lei om die vreugde te ervaar van elke dag met Jesus praat. Die handige gebedsidees wat meisies lei om vir God, hulleself en ander te bid, ruimte om daardie gebed neer te skryf en prettige lynsketse wat hulle kan inkleur, sal hulle help om meer gefokus te bid en te groei in hulle daaglikse gebedslewe. Met hierdie gebedsjoernaal sal meisies ervaar hoeveel vreugde en seën daarin opgesluit is om vir ander en vir hulself te bid.
Publikasiedatum: 2017-08-01
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431622429

Christelik - Kinders: Tieners

Christelik - Kinders  -  Tieners
R 89
My Jesus-joernaal is perfek vir tienermeisies. Elke bladsy in hierdie kreatiewe joernaal is ideaal vir krabbel, verf, plak, mooimaak en teken. Die moderne ontwerp en lynsketse sal lei tot ure se pret terwyl die teksverse en geloofsgebaseerde boodskappe meisies sal aanmoedig om in hul geloof te groei terwyl hulle ook meer toegewy leef aan God.
Publikasiedatum: 2020-06-01
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.