●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Christelik / Christian
Bybelstudie / Bible Study

Results 1 to 15 of 31
Gesorteer volgens:  Titel
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431621255

Christelik / Christian: Bybelstudie / Bible Study

Christelik / Christian  -  Bybelstudie / Bible Study
R 250
10 uitsprake van Jesus wat jou lewe sal verander sodat jy waarlik die kind van God kan word wat Hy wil hê jy moet wees. Ons het so gewoond geraak aan 'n teologie wat net ons gemak en geluk in gedagte het. Ons het so verlief geraak op die Lam van God dat ons die Leeu van Juda heeltemal uit die oog verloor het. Ons vergeet dat Jesus dinge gesê het soos “As jou regteroog jou laat struikel, pluk dit uit” of “As julle weier om mense te vergewe, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie” of “Nie almal wat vir My 'Here, Here' sê, sal in God se koninkryk ingaan nie.” Ons sal hierdie uitsprake eers regtig verstaan as ons besef: Vir Jesus het dit nooit oor ons gerief gegaan nie, maar oor ons heiligheid. In 10 dinge wat ek wens Jesus nooit gesê het nie bespreek Victor Kuligin eerlik en nederig tien van Jesus se moeilikste uitsprake en bied praktiese raad hoe om Christus te volg. Elke hoofstuk bevat persoonlike verhale, deeglike Bybelse ondersteuning, asook nadenke van groot geskiedkundige figure soos Luther, Augustinus en Franciskus van Assisi. 10 dinge wat ek wens Jesus nooit gesê het nie sal lesers help om anders oor die kerk, God se seën en Jesus self te dink. Dit sal die manier waarop ons lewe verander sodat ons waarlik die kinders van God kan word wat Hy wil hê ons moet wees.
Publikasiedatum: 2018-09-01
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431624997

Christelik / Christian: Bybelstudie / Bible Study

Christelik / Christian  -  Bybelstudie / Bible Study
R 199
Baie gelowiges hunker na 'n inniger verhouding met God en wil graag geestelik meer groei. In 12 Sleutels tot geestelike groei span vier bekende outeurs saam om vir gelowiges 12 Skrifbeginsels te gee wat ons geloofslewe moet kenmerk. Dit is Skrifbeginsels wat God wil hê aan die fondament van elke volgeling van Christus se geloofslewe moet lê:

• Geloofsekerheid
• Groei
• Gehoorsaam
• Groepe
• Gawes
• Getuig
• Genade
• Gebed
• Gaan
• Gee
• Genesing
• Gesin

12 Sleutels tot geestelike groei is ideaal vir persoonlike studie, maar is so saamgestel dat 'n mens groter waarde daaruit sal kry as dit as 'n handboek gebruik word vir kleingroepe.
Met die deurwerk van hierdie Bybelstudie sal lesers wonderlike groei en geestelike verryking ervaar. Dit sal hulle ook aanmoedig om die Woord beter te leer ken en meer vrug te dra in die Koninkryk.
Publikasiedatum: 2021-02-01
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781400235629

Christelik / Christian: Bybelstudie / Bible Study

Christelik / Christian  -  Bybelstudie / Bible Study
R 285
Is your soul weary? Are you worn out by the demands of life, disappointing setbacks, or downcast days? If so, stand under the waterfall of God's unfailing love and soak in the promise that God will never let you go. “For God so loved the world…” This verse stops us in our tracks: “Wait, this world? With heartbreakers, hope-snatchers, and dream-dousers?” Yes. And God loves this world so much that he gave us the precious gift of himself. New York Times bestselling author and pastor Max Lucado invites us to dive deep into the heart-stilling, mind-bending, deal-making claim of John 3:16. In this book, Max will help you: • Rest in the fact that there is nothing you can do to earn salvation. • Understand more fully the living hope you have through Jesus' resurrection. • Stand in awe of how deep, wide, long, and high God's love is for you. Don't wait another minute to get to know the God who invented time. Don't live another second without growing close to the God who is life itself. Today, step confidently into the greatest news you'll ever receive.
Publikasiedatum: 2022-02-02
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431623433

Christelik / Christian: Bybelstudie / Bible Study

Christelik / Christian  -  Bybelstudie / Bible Study
R 229
Elke gelowige het die behoefte om geestelik te groei - om meer en meer soos Jesus te word.
Daarvoor het ons God se Woord nodig. 52 Weke van geestelike groei bied deur die loop van 11 hoofstukke (52 studies) vir gelowiges 'n pad na geloofsgroei deur te kyk na 11 boustene wat elke gelowige raak:
• Die Bybel as God se Woord
• Wie is God?
• Skepping
• Die mens
• Die Bose en sonde
• Jesus Christus
• Die heilsweg
• Die Heilige Gees
• Die kerk
• Die praktiese lewe van gelowiges
• Toekomsverwagting

Hierdie Bybelstudie sal lesers aanmoedig om in hulle persoonlike stiltetyd of ook saam met ander gelowiges in 'n kleingroep verder te ondersoek wat die Bybel oor elke tema sê. In 52 Weke van geestelike groei sal gelowiges ontdek die Bybel is nie net bedoel vir informasie nie, maar vir transformasie, en dat God lewens werklik kan verander.
Publikasiedatum: 2020-12-01
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431607242

Christelik / Christian: Bybelstudie / Bible Study

Christelik / Christian  -  Bybelstudie / Bible Study
R 29
Baie gelowiges vra vandag: Hoe lank gaan God nog toelaat dat onskuldige mense swaarkry? Hoe lank nog voor God ons gebede beantwoord? Dit is wat Habakuk in 647 v.C. ook vir God gevra het.
In die 8 studies vir individuele of groepstudie in Al sou die vyeboom nie bot nie lei Riekert Botha gelowiÂ-ges om die regte vrae te vra en versterk te word deur die kragtige antwoorde wat Habakuk destyds in verwonÂ-dering oor God gelaat het.
Al sou die vyeboom nie bot nie bied die hele Habakuk uit die Nuwe Lewende Vertaling. Die onÂ-derÂ-afdelings word sinvol verdeel en beÂ-spreek. Daar is ook ruimte vir lesers om hul eie weergawe van Habakuk 3:17-19 neer te skryf.
Publikasiedatum: 2014-03-01
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780958377959

Christelik / Christian: Bybelstudie / Bible Study

Christelik / Christian  -  Bybelstudie / Bible Study
R 190
Dit is die verhaal van Henog, 'n man wat fisies met God gewandel het soos wat Adam gedoen het. 'n Engel bring vir Henog in beeld die gebeure wat aan die einde van die tyd sal plaasvind sodat hy die mensdom daaroor kan waarsku.
Publikasiedatum: 2012-05-01
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780310124337

Christelik / Christian: Bybelstudie / Bible Study

Christelik / Christian  -  Bybelstudie / Bible Study
R 285
**Revised Edition: Twenty Basics Every Christian Should Know**
Not every Christian needs to go to seminary, but there are certain teachings of the Bible that every Christian should know. Whether you're a relatively new believer in Jesus or a mature Christian looking for a better understanding of basics of the faith, Christian Beliefs is for you. This readable guide to twenty basic Christian beliefs condenses Wayne Grudem's award-winning book Systematic Theology, prized by pastors and teachers everywhere. He and his son, pastor Elliot Grudem, have boiled down the essentials of theology for everyday Christians and made them both clear and applicable to life. Each brief chapter concludes with questions for personal review or group discussion. In this revised and updated edition of Christian Beliefs, you will learn about:
• The Bible and its authority for our lives
• The characteristics of God
• The importance of prayer
• Angels and the reality of spiritual warfare
• What it means that we are created in the image of God
• What God has done for us in Christ
• The purpose of the church
• What will happen when Christ returns
• The biblical understanding of heaven
• And much more

Christian Beliefs is the ideal book for every Christian who wants a solid foundation for understanding the most basic and essential teachings of the Bible.
Publikasiedatum: 2022-08-01
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431623662

Christelik / Christian: Bybelstudie / Bible Study

Christelik / Christian  -  Bybelstudie / Bible Study
R 169
Die beste manier om die dag te begin is deur tyd aan God en sy Woord af te staan. So word ons versterk om die uitdagings wat voorlê die hoof te bied, maar ook om ingestel te wees op God se hand en die wonders wat daardeur in ons lewe plaasvind. Daaglikse lig vir mans is 'n klassieke versameling van 366 oordenkings spesiaal vir mans. Elke oordenking is 'n versameling teksverse wat só saamgevoeg is dat die dag se stukkie 'n eenheid vorm wat God se woorde oor daardie onderwerp pragtig saamvat. Hierdie besondere boekie sal bydra tot dae gevul met die wonder van God en sy beloftes wat vir altyd van krag is.
Publikasiedatum: 2019-06-15
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796322333

Christelik / Christian: Bybelstudie / Bible Study

Christelik / Christian  -  Bybelstudie / Bible Study
R 275
Ons glo in die Bybel, maar wat doen ons met sekere 'problematiese' tekste? Die Bybel in fokus is 'n hulpmiddel om die Bybel krities maar gelowig te lees. Dit verduidelik struikelblokke in die lees van die Bybel en gee hulpmiddels hoe om dit te oorkom. Dit bied ons ook vastrapplekke om te begin om opnuut God se stem uit die Bybel te hoor.
Publikasiedatum: 2020-05-30
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781770006997

Christelik / Christian: Bybelstudie / Bible Study

Christelik / Christian  -  Bybelstudie / Bible Study
R 849
Die Bybellennium - 'n Eenvolumekommentaar is 'n projek deur kenners van die Ou en Nuwe Testament. Met die Nuwe Lewende Vertaling as grondslag is hierdie boek geskryf in maklik leesbare, eietydse taal sonder ingewikkelde redenasies en terminologie.
Die bundel is 'n bekostigbare verklaring van die hele Bybel vir predikante, studente en ernstige Bybellesers.
Gelowiges wat meer van die Bybel wil weet, sal deur dié bundel 'n wyer insig van die Bybel verkry, sowel as die wêreld waarin dit afspeel en die betekenis daarvan vir vandag. Die Bybellennium - 'n Eenvolumekommentaar ontsluit vir hedendaagse gelowiges wat die Bybel vandag nog vir ons wil sê.
Publikasiedatum: 2016-10-01
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431623341

Christelik / Christian: Bybelstudie / Bible Study

Christelik / Christian  -  Bybelstudie / Bible Study
R 89
Waarom sukkel soveel mense met 'n gevoel van minderwaardigheid? Waarin lê hulle identiteit? Om werklik te verstaan wie ons is, moet ons verstaan wie God is.
Die oorwinnaar - Bybelstudie, gegrond op die fliek Overcomer, bied aan gelowiges die geleentheid om hulle ware identiteit in Christus te ontdek. In 5 studie sal hulle …
• Leer hoe om hulle identiteit in die Skepper te ontdek.
• Verstaan dat 'n vals identiteit uit gebronkenheid kom.
• Vertrou dat God 'n mens volkome nuut kan maak.
• Sekerheid en hulle doel in die Here vind.
• Maniere herken hoe hulle hul identiteit in iets anders as Christus vind.
• God se goeie doel vir hulle lewe te aanvaar.
• Leer wat dit beteken om gebroke in sonde te wees.
• Die lewe van Moses, Gideon, Jona, Jeremia, Elisa, Paulus en ander Bybelfigure bestudeer om te bepaal hoe hulle verhouding met God hulle identiteit bepaal het.
Die oorwinnaar - Bybelstudie bied 5 studies vir kleingroepe, maar ook addisionele individuele studies.'
Publikasiedatum: 2019-06-15
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639607603

Christelik / Christian: Bybelstudie / Bible Study

Christelik / Christian  -  Bybelstudie / Bible Study
R 270
Die Psalms is hartswoorde wat uit die dankbare of gekwelde hart van mense na God toe opstyg. In die psalms praat en bid, sug en sing mense hulle hart voor God uit. Maar God praat ook daarin sy hart teenoor ons uit. In 'n sin is dit 'n gesprek van hart tot hart, 'n gesprek waarin mense die ruimte gegun word om die hele spektrum van hulle menslike emosies na God te bring, maar ook 'n gesprek waarin die hart van God oopgemaak word. Dit draai, soos min ander Skrifgedeeltes, veral die menslike kant van God se gesig na ons toe. Dit bied 'n dwarssnit deur die menslike hart, én 'n dwarssnit deur God se hart.
Prof. Johan Cilliers is 'n bekende skrywer van vele boeke wat praktiese kwessies oor geloof aanspreek. Die boek is in drie dele verdeel wat ons lewenservaring as verwonding, verwondering en verwagting aanspreek. Die tint van ons toekoms vervul 'n mens met verwondering en verwagting want ons weet: ons toekoms is met lig getint.
Publikasiedatum: 2021-08-27
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431618583

Christelik / Christian: Bybelstudie / Bible Study

Christelik / Christian  -  Bybelstudie / Bible Study
R 179
Daar woed elke dag, die hele dag lank, 'n onsigbare oorlog om vroue. Dit kan nie gesien of gehoor word nie, maar dit kan in elke aspek van 'n mens se lewe gevoel word. 'n Onwrikbare, bose vyand wil chaos veroorsaak in alles wat vir 'n vrou saak maak: haar hart, gedagtes, huwelik, kinders, verhoudings, drome en toekoms. Maar sy oorlogsplan behels dat hy haar onverhoeds en ongewapen moet vang. In die Bybelstudie Die wapenrusting van God, deur New York Times-topverkoperouteur en motiveringspreker Priscilla Shirer, word vroue met behulp van Skrifstudie en besprekingsvrae toegerus met die wapenrusting van God, waarvan gebed die belangrikste is.
Die wapenrusting van God is meer as net 'n Bybelse beskrywing van 'n gelowige se wapenrusting; dit is 'n 7-week-aksieplan om oorwinning te behaal in die geestelike stryd.
Publikasiedatum: 2019-06-15
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431618576

Christelik / Christian: Bybelstudie / Bible Study

Christelik / Christian  -  Bybelstudie / Bible Study
R 39
God onderhou en regeer oor alles wat Hy gemaak het. Alles wat gebeur, vind plaas omdat dit God se wil is volgens sy plan, manier en tydsberekening. Soms roep Hy gewone mense om buitengewone take uit te voer.
Hierdie 10 weke lange studie oor die boek Ester bied 'n fassinerende historiese vertelling van God se voorsiening onder 'n aanslag om die Jode in ballingskap in die Persiese Ryk uit te roei. Jane Roach gebruik insigryke kommentaar, besprekingsvrae, getuienisse en lofsange terwyl sy lesers deur hierdie boeiende verhaal neem, karakters bekendstel en God se voorsiening uitwys.
Soos jy deur Ester werk, sal jy leer om God se hand in jou eie omstandighede raak te sien, om op Hom te steun met onverdeelde vertroue en aanbidding, en om 'n nuwe lewe van dankbaarheid, vrede en vreugde te ervaar.
Publikasiedatum: 2019-10-01
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431613793

Christelik / Christian: Bybelstudie / Bible Study

Christelik / Christian  -  Bybelstudie / Bible Study
R 29
Wat is werklik belangrik - hoe die wêreld jou sien of hoe God jou sien? Dit is hierdie besef, en die heerlikheid wat in die toekoms wag, wat dit vir Christene draaglik maak wanneer hulle ervaar hoe die wêreld hulle eenkant toe stoot.
Johan Smit moedig lesers in Gereed vir die wederkoms? aan om te volhard en nie moed op te gee in hulle geloof nie. Dié Bybelstudie trek lesers se aandag in die 25 dele na die vooruitsig van die ewige lewe en om deur die krag van Christus lyding en vervolging te deurstaan.
Net soos die gelowiges aan wie Petrus sy briewe rig, moet gelowiges vandag ook opstaan vir dit waarin hulle glo. Johan Smit lig ook die riglyne uit wat Petrus se briewe vir Christene gee oor hoe om hulle geloof in die elkedagse lewenspraktyk sinvol te beoefen.
Gereed vir die wederkoms? is ideaal vir individue en ook vir kleingroepe. Dit bevat die volledige teks van Petrus se twee briewe.
Publikasiedatum: 2014-03-01
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.