Christelik / Christian
Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Results 1 to 15 of 23
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Bruistablette vir die lewe
Klik om te vergroot
9780796320490

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 240
R 192Jy spaar R 48
In hierdie praktiese, toeganklike en lekkerlees-dagstukkieboek is daar elke dag 'n nuwe bruistablet om in afsondering te lees, te absorbeer en toe te pas in jou lewe - om jou innerlik te versterk as mens. Dit is 'n reis na groter egtheid en verdieping as kinders van die Here sodat jy (en ek) meer kan bruis en minder kan brul te midde van ons realiteit en probleme.
Publikasiedatum: 2018-07-20
Oudword is nie vir sussies nie
Klik om te vergroot
9781432208233

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 120
R 96Jy spaar R 24
Die doel van Oudword is nie vir sissies nie is om te besef jou lewe het betekenis, ongeag jou ouderdom

“Oud maar nie koud” en “die grysheid bring wysheid” beweer sommige mense. Die Amerikaanse aktrise Bette Davis draai egter nie doekies om haar belewenis van hierdie tydperk nie: “Old age ain't no place for sissies!” Ons rem verbete aan die perde wat ons lewenswa trek, maar hulle bly onverbiddelik op koers.

Jy sien dit aan jou buitekant. Jou hare word grys en yl, jou middellyn sit uit en jou knieë begin kraak. Jy wil dikwels eerder tuis bly as om saam met die jongeres te gaan jol. Maar dit beteken nie dat jy vergeet het hoe om 'n goeie tyd te geniet nie!

Die belangrikste is om te besef jou lewe het betekenis, ongeag jou ouderdom. Die beste manier om ouer te word is met 'n gesonde dosis humor, want lag maak gesond. Lag help vir 'n magdom klagtes en skete. Lag hou jou fiks - emosioneel en liggaamlik.

Dit is die doel van Oudword IS NIE VIR SISSIES NIE. Bly jonk van gees met die humor, wysheid en inspirasie wat jy hier kry. Dan draf jy die veranderinge wat saam met die ouderdom kom, sommer lag-lag kaf, of jy nou 60, 70 of 80 is. Vergeet van die grys hare en die skete en vier oudword met 'n breë glimlag en 'n vonkeling in die oog.

Vul die “aan”- en “van”-gedeeltes voor op die boek in en jy het 'n spesiale geskenk wat iemand weer en weer sal lees!
Publikasiedatum: 2018-03-10
Die Sakpas-Bybel met Oordenkings vir Vroue (Linne)
Klik om te vergroot
9781431617210

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 250
R 200Jy spaar R 50
366 temas ondersteun deur teksverse en 'n unieke kerngedagte om gelowige vroue te bemoedig.
Die Sakpas-Bybel-reeks is bedoel vir almal, ongeag waar jy jou in jou geloofreis bevind. Dit roer onder­werpe aan wat alle gelowiges raak, van versekering van ver­lossing tot 'n geesdriftige lewe vir God.
Elk van die 366 temas word ondersteun met verskeie teksverse en 'n unieke kerngedagte. Die Sakpas-Bybel-reeks bestaan uit vier uitgawes spesiaal vir mans, vroue, meisies en jong mans. Die kerngedagtes is ge­skryf deur Stephan Joubert (mans), Norma Rossouw (vroue) en Johan Smith (meisies en seuns). Agter in die Bybel is daar ook 'n tematiese indeks ingesluit wat dit maklik maak om temas soos aanvaarding, besluitne­ming, geloof en doel op te spoor.
Die Sakpas-Bybel is die ideale Bybel vir enige om­standighede, of jy nou reis of dit op jou bedtafeltjie hou, en vir elke lewensseisoen.
Publikasiedatum: 2017-10-04
Jesus Se Woorde Vir Vroue
Klik om te vergroot
9781431607419

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 180
R 144Jy spaar R 36
Jesus se woorde staan vir altyd vas - van die dag toe Hy dit gesê het en dit in die Evangelies opgeneem is, tot vandag toe. En dit is hierdie rotsvaste vertroosting, raad en aanmoediging wat Carolyn Larsen vir vandag se vrou verwoord in Jesus se woorde vir vroue .
Carolyn Larsen wys in Jesus se woorde vir vroue se 366 dagstukke hoe Jesus se woorde op elke aspek van 'n vrou se lewe van toepassing is, onder andere: verhoudings met ander, vergifnis, bepaling van prioriteite, hantering van kritiek, en finansies. Elke dagstuk het 'n teksvers uit die Nuwe Lewende Vertaling en 'n kort oordenking, asook 'n “Leef dit”-afsluiting in die vorm van 'n gebed of inspirerende aanhaling.
Jesus se woorde vir vroue , in pers teks, sal elke vrou krag laat put uit Jesus se woorde vir elke dag.
Publikasiedatum: 2017-08-17
Met 'n Lied In Die Hart
Klik om te vergroot
9781431617340

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 250
R 200Jy spaar R 50
Vroue is unieke skepsels. Die meeste vroue is so besig met werk en hulle gesin, en dan moet hulle boonop ook versorger, vertrooster, bemoediger, skeidsregter, rasieleier en vertroueling wees. Dit is dus maklik om moeg en uitgeput te word en jou lewensvreugde te verloor.
In Met 'n lied in die hart wys Marietjie Joubert jou op die één ding wat jy elke dag broodnodig het om ware vrede en lewensvreugde te ervaar: Tyd by Jesus se voete. As jy by sy voete sit, sal Hy jou siel verkwik en jou las verlig; Hy sal vir jou nuwe hoop en inspirasie gee. Jy sal nuwe energie kry om elke dag met 'n lied in jou hart sy hande en voete in die wêreld te wees, om sy omgee-hart uit te leef en ewige seëninge ontvang.
Die 366 verrykende oordenkings sal jou herinner aan die drie-enige God in wie jy jou elke dag kan verbly.
Publikasiedatum: 2017-08-17
Op Arendsvlerke
Klik om te vergroot
9781431617500

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 190
R 152Jy spaar R 38
God se Woord is gevul met beloftes wat vrede, leiding, wysheid en perspektief bied.
Deur te fokus op sommige van God se kosbaarste beloftes in die Skrif sal hierdie belofteboekie mans in enige lewenseisoen bemoedig en versterk. Die boekie bied kort, inspirerende oordenkings oor 30 temas spesiaal uitgesoek uit topverkoper-dagboeke deur Johan Smit. Elke oordenking word verder gekomplementeer met 'n verskeidenheid teksverse wat lesers verder verseker van God se getroue beloftes.
Op arendsvlerke , deur Johan Smit, kombineer kragtige oordenkings en bemoedigende beloftes uit die Skrif om mans na 'n hoër vlak in hulle verhouding met God te neem.
Hierdie belofteboekie is die perfekte geskenk vir besige mans wat deur God se beloftes verkwik en versterk wil word.
Publikasiedatum: 2017-08-17
Stil Oomblikke Met God - Vir Jong Vroue
Klik om te vergroot
9781431615209

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 250
R 200Jy spaar R 50
'n Bemoedigende woord op die regte oomblik kan jou hele dag verander. Stil oomblikke met God - vir jong vroue is 'n ryk dagboek propvol kort, inspirerende gedagtes om jou siel te verkwik en met vreugde te vul.
Die 366 verrykende oordenkings deur Amanda Cowles is ideaal om te lees terwyl jy jou oggendkoffie drink, iewers sit en wag of enige geleentheid wat jy het om 'n kort tydjie die beste te benut. Geniet die voortreflike illustrasies deur Amylee Weeks terwyl jy nadink oor elke dag se kort oordenking en Skrifgedeelte. Die kragtige daaglikse oordenkings sal jou help op jou reis na 'n lewe gevul met liefde, vreugde en God se genade.
Verryk jou geestelike reis en ontdek presies hoe lief God jou het wanneer jy elke dag 'n stil oomblik saam met God deurbring.
Publikasiedatum: 2017-08-17
Dagstukkies vir besige vroue
Klik om te vergroot
9780796320360

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 190
R 152Jy spaar R 38
Van 'n vrou word in vandag se wêreld baie verwag. Ons is ma's, beroepsvroue, huweliksmaats, vriendinne én steunpilare. Hierdie dagstukkieboek is vir elke vrou wat maar alte goed weet dit is nie altyd so maklik nie. In die boek, deel bekende vroue boodskappe van hoop. Hulle wil jou herinner dat jy nie alleen is nie, dat jy nie skaam hoef te voel wanneer die lewe jou oorweldig nie, en dat jy altyd maar kan vashou aan dié wete: Jou hemelse Vader ken jou.
Publikasiedatum: 2017-07-01
Omvou deur Genade
Klik om te vergroot
9781431616657

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 190
R 152Jy spaar R 38
366 vreugdevolle oordenkings wat jou inspireer om voluit te leef terwyl jy omvou word deur God se genade.

Vandat ons ons oë oopmaak in die oggend totdat ons dit toemaak in die aand, is die lewe 'n dolle gejaag. Dit is dus geen wonder dat ons soms uitÂ-geput en totaal oorweldig voel en wonder hoe ons deur die volgende dag gaan kom nie.
Omvou deur genade motiveer vroue om tot God te nader en die vrede van 'n toegewyde en standÂ-houdende geloof te leer ken. Die 366 kort maar kragtige oordenÂ-kings spesiaal vir vroue op alle vlakke van die sameleÂ-wing, sal jou uitkyk op jou dag verander en jou die inspirasie gee wat jy so nodig het! Dalene Reyburn gesels in hierdie volkleur-dagboek oor temas soos gesindheid, verÂ-genoegdÂ-heid, bemoediging, geloof, genade, hoop, vrede, gebed, verhoudings en geestelike groei.
Wees vandag die beste jý! Vier die lewe. Sien die wonder in die alledaagse. Leer om voluit en hartstogtelik vir God te leef terwyl jy omvou word deur sy genade.
Ook beskikbaar in Engels onder die title Walking in Grace.

Oor die Outeur
Dalene Reyburn is 'n skrywer en spreker en deel weekliks oordenkings op dalenereyburn.com. Sy het 'n meestersgraad in toegepaste taalstudies en was 'n hoërskoolonderwyseres voordat sy voltyds ma, skrywer en spreker geword het. Sy en haar man, Murray, en hulle twee seuns woon in Pretoria.
Publikasiedatum: 2017-02-01
Wilderniswenke vir vroue
Klik om te vergroot
9781432205010

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 180
R 144Jy spaar R 36
Wat ek wel weet, is dat hierdie boek jou gaan vertel van My storie, Jou storie en 'n wildernis. Dit gaan jou konfronteer met soms erge onverpakte keuses. Jy gaan kies tussen doodgaan en oorlewing.Ek vertrou dat jy in die proses ook vaardighede sal ontdek in jouself wat van jou wildernis storie, 'n inspirerende storie sal maak. Jy gaan lewens verander met die lesse wat jy geleer het en ontdek dat jy reeds besig is om jou volgende wildernis te betree. Elke wildernis ervaring en oorlewing laat jou keuses maak, vorentoe beweeg met spore van oorlewing agter jou wat vir die wat ná jou kom, sal bewys dat hulle dit kán maak!Jy mag dalk jou wenkbroue lig as ek sê dat 5- en 10-punt planne vir die voëls is. Dit het nie vir MY gewerk nie. Sal nooit. Vir my, maak dit van boeke topverkopers en sprekers, ikone en ja, ons het ikone nodig vir suurstof in swaarkry, maar dit is dit, want, dis húlle wildernis storie. Met 'n duur boek onder jou arm en 'n ongemaklike middelrif volgestop met koek en tee uit duur koppies, sal jy van funksie na fees en van kamp tot kursus, steeds in die wildernis bly verdwaal, mits...Jý besluit om te wíl oorleef, uit die wildernis te wil stap as 'n bevryde mens, jou oorlewings vaardighede in lesse wil omskakel wat uiteindelik sal lei na 'n storie met inhoud.
Publikasiedatum: 2016-05-01
Gebed: Jou verhouding met God
Klik om te vergroot
9781431612185

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 130
R 104Jy spaar R 26
Inspireer die Skrif jou gebede? Dit is Stormie Omartian se vraag aan vroue in Gebed: jou verhouding met God - 'n dagboek waarin hulle God se grootheid sal ontdek.
Die New York Times-topverkoper-outeur wys in 101 dagstukke vir vroue hoe hulle die verse van die Bybel as inspirasie vir gebed kan gebruik. Die dagboek sal ook vir vroue wys wat God in hulle lewe en die wêreld om hulle kan doen in antwoord op Geesvervulde gebede.
Gebed: jou verhouding met God sal lesers inspireer en aanvuur in hulle eie gebede.
Publikasiedatum: 2015-10-01
Jy is myne
Klik om te vergroot
9781431610853

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 200
R 160Jy spaar R 40
Soos lesers deur Nina Smit se dagboek Jy is Myne lees, sal hulle voel hoe God hulle daagliks omvou met sy onbeskryflike groot liefde. Die 366 dagstukke sal lesers op 'n reis neem waar hulle kan juig oor genade, en bemoediging kan kry in swaarkrytye by die Een aan wie hulle behoort. Die handige Skrifindeks sorg ook vir maklike naslaan. Lesers sal elke dag God se koesterende liefde ervaar wanneer hulle Jy is Myne deel van hul daaglikse stiltetye maak.
Publikasiedatum: 2015-09-01
Dans in die Lig
Klik om te vergroot
9781415333013

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 140
R 112Jy spaar R 28
Dans in die Lig is 'n daaglikse gids vir vandag se Christenvrou om die lewe wat God vir haar beplan het, uit te leef.
Elke dag fokus op 'n Skrifgedeelte wat spesiaal uitgesoek is vir vroue en wat die karakter van God, Jesus en die Heilige Gees uitbeeld en toepas op die lewe van 'n vrou van God.
Karen Whiting wil vroue help om God se Woord prakties uit te leef. Sy wys hoe die Bybel steeds relevant is tot situasies waarin vroue hulself vandag bevind, en dat dit 'n gids is om elke dag as vroue van God te leef.
Die dagstukkies is in agt afdelings verdeel, nl.:
* Betekenisvolheid
* Verhoudings & kommunikasie
* Om mans te verstaan
* Keuses
* Spanning & saamwees
* Skoonheid & gesondheid
* Hoop & tevredenheid
* Geloof & liefde
Dans in die Lig sal vroue inspireer om die Bybel op 'n dieper vlak te bestudeer en deel van hul lewens te maak.
Publikasiedatum: 2015-09-01
Dans onder die Sterre
Klik om te vergroot
9781432204822

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 180
R 144Jy spaar R 36
n Bybeldagboek vir enkelvroue. Dans onder die sterre is nie maar net nog 'n Bybeldagboek vir gelowiges wat iets soek om te lees nie. Dis presies wat enkellopendes nodig het: dagstukke geskyf deur vroue wat 'n solo lewe ken. Dis woorde wat gelééf moet word, elke dag, die hele jaar.
Publikasiedatum: 2015-09-01
365 Wyshede uit die pen van Susan Coetzer
Klik om te vergroot
9781432204679

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 120
R 96Jy spaar R 24
Hierdie aanhalings vertel van die Pottebakker wat uit elke einde 'n nuwe begin skep. Van die Gees wat jou harde hart sag maak sodat jy heling en geluk kan vind. En dat vrede begin by die bewustheid van God se heilige teenwoordigheid binne-in jou wat jou nooit verlaat nie.
Publikasiedatum: 2015-08-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.