Christelik / Christian
Naslaan / Reference

Results 1 to 12 of 12
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Die groot aanhalingsboek
Klik om te vergroot
9780796321046

Christelik / Christian: Naslaan / Reference

Christelik / Christian  -  Naslaan / Reference
R 210
R 168Jy spaar R 42
Die groot aanhalingsboek is 'n onontbeerlike gids vir die regte woord op die regte tyd en bevat meer as 3 000 aanhalings, wyse woorde, heildronke, spreuke en teksgedeeltes oor meer as 350 onderwerpe vir die leser met 'n Christelike lewensbeskouing.
Publikasiedatum: 2018-07-20
Apokriewe
Klik om te vergroot
9781431617074

Christelik / Christian: Naslaan / Reference

Christelik / Christian  -  Naslaan / Reference
R 300
R 240Jy spaar R 60
SAGTEBAND
Ontdek die fassinerende wêreld van die vroeg-Christelike biblioteek.

Nou in sagteband!Naas die 66 boeke wat ons in die Bybel vind, is daar ook ander geskrifte wat uit die tyd van die Ou en NuÂ-we TestaÂ-ment dateer, naamlik die Apokriewe Boeke. Hierdie verlore boeke uit die Bybelse tyd is nou nuut vertaal in moderne Afrikaans.
Die Apokriewe maak vir lesers die venster oop tot 'n beter begrip van die denk- en leefwêreld van die vroeë Christene en die ou kerkvaders. Dit bied beÂ-langrike inÂ-ligÂ-ting oor die intertestamentêre tyd en gee antwoorde op vrae waaroor talle Bybellesers wonÂ-der. Dit bevat Ou-TestamenÂ-tiese Apokriewe soos Die Wysheid van Ben Sirag, 1 en 2 Makkabeërs, Tobit en Die Wysheid van Salomo. Die Nuwe Testament sluit boeke soos Die Kindheidsevangelie van Tomas, Die Evangelie van Maria, Die Didagé en Die OpenÂ-baÂ-ring van Paulus in.

In die Apokriewe sal lesers die fassinerende wêreld van die vroeg-Christelike biblioteek ontdek.


OOR DIE OUTEURS

Jan van der Watt is die hoof van die DeÂ-parÂ-teÂ-ment van Nuwe-TesÂ-tamentiese Wetenskap aan die UniÂ-versiteit van PreÂ-toria. Hy is redakteur en medeÂ-werker van verskeie Bybels en ander Christelike puÂ-bliÂ-kasies.

Francois Tolmie is tans die departementshoof en professor in Nuwe Testament aan die Universiteit van die VryÂ-staat. Sy navorsing is veral gerig op die JohannesÂ-evangelie en die Briewe van Paulus.
Publikasiedatum: 2017-01-01
Reis deur die Bybel
Klik om te vergroot
9780796312952

Christelik / Christian: Naslaan / Reference

Christelik / Christian  -  Naslaan / Reference
R 415
R 332Jy spaar R 83
"Reis deur die Bybel is 'n unieke naslaanboek wat die Bybel op 'n manier benader wat tot elke mens spreek: die stories daarin. Soos wat jy deur die Bybelse lande en tye reis sal jy ontdek hoe die mense geleef het - die kos wat hulle geëet het, die huise waarin hulle gebly het, die klere wat hulle gedra het en die werke wat hulle gedoen het.

- Elke storie begin met 'n teksverwysing
- Meer as 400 bladsye van kleurvolle foto's, illustrasies, kaarte en grafieke
- Meer as 100 illustrasies van voorwerpe of monumente van Bybelse tye
- Meer as 200 huidige foto's van Bybelse lande
- Foto's van meer as 50 argeologiese ontdekkings
- Verskeie rekonstruksies en diagramme
- Volledige indeks"
Publikasiedatum: 2016-12-01
Waarom verskil die Bybelvertalings
Klik om te vergroot
9781920290368

Christelik / Christian: Naslaan / Reference

Christelik / Christian  -  Naslaan / Reference
R 85
R 68Jy spaar R 17
Ek wonder al geruime tyd waarom verskil die Bybelvertalings van mekaar? As die God wat ons dien en aanbid, volgens Sy Woord onveranderlik is en altyd dieselfde bly, dan moet Sy Woord mos OOK onveranderlik bly?

In hierdie boek word die eerste twee Afrikaanse vertalings (1933/53 en 1983) met mekaar vergelyk om die leser in staat te stel om vir homself te besluit of die boodskap in die 'Bybels' van vandag, nog dieselfde is, en of dit verander het. En indien dit dan wel VERANDER het, HOEKOM?

Dit gaan uitsluitlik oor die Betroubare Tekste wat in die wêreld gebruik word vir Bybelvertaling, teenoor die korrupte tekste wat deur die vyand gebruik word om God se kinders te laat twyfel in Sy Woord.
Publikasiedatum: 2015-03-01
Die geillustreerde Bybelhandboek
Klik om te vergroot
9781431604982

Christelik / Christian: Naslaan / Reference

Christelik / Christian  -  Naslaan / Reference
R 500
R 400Jy spaar R 100
Die geillustreerde Bybelhandboek is 'n waardevolle gids wat jou sal help om die Bybel en die wêreld waar-in dit geskryf is beter te verstaan. Die handboek bied die nuutste Bybelnavorsing in 'n lesersvriendelike formaat. Die Bybel word boek vir boek ontsluit met honderde volkleur-illustrasies, kaarte en foto's, en meer as 100 indiepte-artikels oor 'n verskeidenheid Bybelse onderwerpe om jou Bybellees-ervaring te verryk.
Publikasiedatum: 2014-10-01
Leef uit die krag van God se Woord
Klik om te vergroot
9781415325063

Christelik / Christian: Naslaan / Reference

Christelik / Christian  -  Naslaan / Reference
R 140
R 112Jy spaar R 28
Is daar 'n teksvers oor...? Indien Christene op soek is na 'n Bybelvers oor 'n gegewe onderwerp, is hierdie die ideale boek om deel uit te maak van hul daaglikse reis met God. In Leef uit die krag van God se Woord wys topverkoperskrywer Joyce Meyer lesers hoe om verandering in hul lewens te bewerkstellig en om waarlik God se seën te ontvang. Sy bied 'n kragtige gids van die doeltreffendste Skrifgedeeltes in die Bybel en bespreek hoe om God se Woord hardop uit te spreek, 'n vorm van gebed kan wees. Joyce moedig lesers aan om teksverse vir gebed, bemoediging, hoop en leiding te gebruik. Sy het die Skrifgedeeltes in meer as 50 onderwerpe verdeel wat alfabeties gerangskik is en bestaan uit onderwerpe soos woede, angs, hoop, genesing en vertroue. Voordele van hierdie boek sluit in:- Handige manier om 'n Bybelvers volgens onderwerp op te spoor- Ideale- Verklarings om jou geloof in enige situasie te versterk
Publikasiedatum: 2013-10-01
Afrikaanse Bybelkonkordansie
Klik om te vergroot
9780796312938

Christelik / Christian: Naslaan / Reference

Christelik / Christian  -  Naslaan / Reference
R 475
R 380Jy spaar R 95
"Ds. C.F. Mijnhardt se Afrikaanse Bybelkonkordansie wat byna 70 jaar gelede vir die eerste keer verskyn het, beleef nou sy tiende uitgawe! Van sy beskeie begin in 1934 het dié gewilde konkordansie (vir sowel die Ou Vertaling en Hersiening van 1957 as vir die Nuwe Vertaling van 1983) gegroei tot 'n standaard-naslaanwerk vir Bybellesers, predikante en elkeen wat 'n studie van die Bybel maak.
Hierdie tiende uitgawe bevat ongeveer 200 000 teksverwysings wat elkeen voorsien is van 'n kernagtige maar sinvolle aanhalinggreep waaruit die teksverband afgelei kan word.
Afgesien van die konkordansiegedeelte is daar ook waardevolle registers van die planteryk, diere, edelgesteentes, mate, gewigte en munte, tye en maande wat in die Bybel gebruik word. Die boek word afgesluit met tekstuele groeperings van 'n aantal leerstukke van die Bybel."
Publikasiedatum: 2012-11-01
Alles wat jy wil weet maar nie gedink het jy kan vra nie
Klik om te vergroot
9781415313916

Christelik / Christian: Naslaan / Reference

Christelik / Christian  -  Naslaan / Reference
R 180
R 144Jy spaar R 36
Alles wat jy wil weet, maar nie gedink het jy kan vra nie dek alles wat lesers wil weet oor die wêreld se godsdienste en filosofieë - in een boek!
Soos wat die wêreld om ons kleiner word, word mense aan meer godsdienste en populêre oortuigings blootgestel as ooit van tevore. Die boek is geskryf deur 'n hoërskoolonderwyser in Godsdiensstudie en 'n professor in teologie en verduidelik die ontstaan, geskiedenis, toepassings en gelowe van 40 verskillende groepe of geloofsdenkrigtings.
Kenmerke sluit in:
- Diagramme en tabelle vir maklike vergelyking van verskillende godsdienste en toepassing
- 'n Oorsig van wêreldgodsdienste, nuwe godsdienste en godsdienste in populêre kulture
- 'n Bespreking oor die ontstaan, geskiedenis en tipiese volgelinge van elke godsdiens.
Alles wat jy wil weet, maar nie gedink het jy kan vra nie is 'n moet vir enigiemand wat nuuskierig is oor of belangstel in verskillende godsdienste. Geen ander boek dek so 'n verskeidenheid van onderwerpe nie-van Islam, Sjamanisme en Mormonisme tot ateïsme, vampirisme en astrologie. Die boek is ideaal vir individuele lees-en naslaanwerk, maar is ook uiters geskik vir gebruik in groepsbesprekings en in die klaskamer.
Publikasiedatum: 2012-11-01
Die Bybel A tot Z
Klik om te vergroot
9781770000360

Christelik / Christian: Naslaan / Reference

Christelik / Christian  -  Naslaan / Reference
R 500
R 400Jy spaar R 100
Die Bybel A-Z is 'n omÂ-vattende hulpÂ-middel vir élke gelowige. Dit is geÂ-rig op teÂ-oÂ-loë, BybelÂ-stuÂ-Â-dieÂ-groepe, BybelÂ-stuÂ-denÂ-te, tieÂ-ners, ouers wat saam met hulle kinders om 'n taÂ-fel huisgodsÂ-diens wil hou: met ander woorde, elke gelowige wat erns maak met sy geÂ-loof en die Bybel beter wil verstaan. Dis die ideÂ-aÂ-le kaart vir enige leser se ontÂ-dekkingsreis deur die Bybel, van A tot Z!
Publikasiedatum: 2009-10-01
Christelike Kern-ensiklopedie
Klik om te vergroot
9780796304100

Christelik / Christian: Naslaan / Reference

Christelik / Christian  -  Naslaan / Reference
R 495
R 396Jy spaar R 99
Die boek is jou sleutel om God, sy Woord, sy koninkryk, sy kerk, die wêreld, die geskiedenis, jouself en jou geloof beter te verstaan.

Die Ensiklopedie bevat 3250 inskrywings en beslaan 1248 volkleurbladsye. Die inskrywings dek die volgende terreine:
* Ou Testament
* Nuwe Testament
* Dogmatiek
* Etiek
* Algemene en Suid-Afrikaanse kerkgeskiedenis
* Missiologie
* Suid-Afrikaanse kerke
* Prominente figure wat 'n impak op die voortgang van die evangelie gehad het.
Publikasiedatum: 2008-10-01
Wat sê die Bybel oor.....
Klik om te vergroot
9781770003217

Christelik / Christian: Naslaan / Reference

Christelik / Christian  -  Naslaan / Reference
R 400
R 320Jy spaar R 80
Die Bybel is vol beloftes wat God teenoor mense gemaak het. En die res van die Bybel bevat die verhale van hoe God dié beloftes tot uitvoer gebring het.
Publikasiedatum: 2008-05-01
Die wenresep van Christus
Klik om te vergroot
9780620320368

Christelik / Christian: Naslaan / Reference

Christelik / Christian  -  Naslaan / Reference
R 105
R 84Jy spaar R 21
Almal is jou naaste - hierin lê die geheim van die liefde.
Ons is almal deel van die Godsplan, almal dra die essensie van God diep in onsself. Wat jy ook al aan iemand anders doen, doen jy aan 'n kind van God en eintlik aan jouself,' skryf die outeur. Hierdie is ook deels 'n werkboek, met verskeie meditasie-oefeninge..
Publikasiedatum: 2004-07-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.