●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431620579

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 230
Lidia is die dogter van 'n purperhandelaar. Haar hele wêreld draai om drie dinge: haar pa, die grond van haar voorgeslagte en die pers kleurmiddel. Dan verloor sy bykans alles deur ondraaglike verraad.

Met net haar pa se geheime formules vlug Lidia na Filippi en werp alles in die stryd om haar eie besigheid te vestig. Volharding en mense wat sy onverwags op haar pad leer ken, help haar om een van die stad se beste purperhandelaars te word.

Maar vrees skuil in elke skadu, totdat Lidia die apostel Paulus ontmoet en sy boodskap van hoop hoor en só die eerste Christen in die hele Europa word. Tog kan Lidia nie haar geheime vir ewig begrawe hou nie. Wanneer verlede en hede mekaar ontmoet, moet sy kies om óf sterk te staan en op haar jong geloof te vertrou óf te swig voor die vrees wat haar lewe nog altyd oorheers het.
Publikasiedatum: 2018-11-01
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431616596

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 150
Voordat Christus haar aangespreek het as 'my dogter', voor sy genesing gesteel het deur aan die punt van sy kleed te raak, was sy 'n vrou met 'n hart wat gebloei het ...
Elianna word as jong meisie verteer deur skuldgevoelens. Haar enigste boetie sterf terwyl sý na hom moes kyk. Sy probeer vergifnis verdien deur haar werk in haar pa se materiaal-besigheid en deur vir die gesin te sorg. Ná nog 'n tragedie is Elianna in beheer van die besigheid en haar taÂ-lent as ontwerper bring groot sukses, maar nooit die vrede waarna sy hunker nie. Wanneer haar wêreld aan skerwe spat, verbreek sy haar verlowing aan die enigste man wat sy ooit sal liefhê. Dan kom die hartverskeurende siekte wat haar isoleer en alles wat sy oorgehad het van haar af wegÂ-vat.
In Tessa Afshar se 'n Nuwe môre lyk dit vir Elianna of daar geen einde aan haar lyding is nie. Dan hoor sy van die Man wat deur blote aanraking genesing kan bring. Is dit moontlik vir een Man om ná soveel jare van lyding en teÂ-leurstelling die wonde van die liggaam én die siel te genees?
Publikasiedatum: 2017-04-01
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780620795944

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 250
Dis Paasgebeure nuut aangebied uit die Paasgebeure soos ons dit in die Bybel lees.
Die hele Paasverhaal word saamgevat en uitmekaargehaal tot een groot gehee!
Jopie het die verhaal soos ons dit in die Evangelie lees chronologird laat saamloop terwyl hy die karakters waarvan ons soms net met ;n naaam van kennis neem, laat opstaan en lewe het.
Simon die Malaatse se verontwaardiging omdat sy belangrikheid nie in ag geneem word nie, Judas iskariot se moeder se naakte rou oor haar seun se verraad en selfdood, Annas se stryd met die Jesus-Waarheid en Pontius Pilatus se vrou se invloed is van die mense wat ons eerstehands leer ken.
Publikasiedatum: 2019-09-13
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639607139

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 270
Liewe Here, ek verstaan nie. Help my.
Terwyl Katinka probeer om die dood van haar man te verwerk, dring haar seun se veranderde gedrag uiteindelik tot haar deur. Sy is verslae en geskok deur die besef dat hy vasgevang is in omstandighede wat ook sy lewe kan beëindig. Wanneer vrees die oorhand kry, wend sy haar tot die Here. Here, U sê vir ons in Jesaja, die wat op U vertrou, kry nuwe krag, hulle vlieg met arendsvlerke. En Here, nou het ons sulke vlerke nodig.

Arendsvlerke vir Siebert is 'n eerlike maar deernisvolle verhaal van liefde en oorwinning uit die pen van ATKV Woordveertjiewenner, Elsa Winckler.

Arendsvlerke vir Siebert fokus op die impak van die verlies van dood en ook hoe dwelmmisbruik 'n gesin beïnvloed.
Publikasiedatum: 2021-03-31
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781868299621

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 250
Die vroue in die geslagsregister van Jesus Christus was dapper, het risiko's geneem en die onverwagte gedoen. Hulle was nie perfek nie, en tog het God hulle in sy wonderlike plan gebruik om die Verlosser van die wereld voort te bring. Ons leef in moeilike tye en soek antwoorde op miljoene vrae. Hierdie vroue kan vir ons die weg wys. Die lesse wat ons by hulle kan leer, is vandag net so toepaslik as in die tyd toe hulle geleef het. Die verhale van die vyf vroue in die geslagsregister van Jesus in nou in een titel beskikbaar. Tamar was 'n vrou van hoop. Ragab een van geloof. Rut was die vrou van liefde en Batseba het ongeewenaarde genade ontvang. En dan is daar Maria, die vrou van gehoorsaamheid. Met die lees van hulle verhale sal jy beter begrip kry vir God se plan met die wereld en tot die besef kom dat hierdie plan ook vir jou insluit.
Publikasiedatum: 2006-05-14
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

10

9780796322647

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 230
R 184Jy spaar R 46
Berdine se ma en ouma kom tot die gevolgtrekking dat hulle hul eie drome deur Berdine wou uitleef. Berdine word groot met die idee dat sy gebore is om ander tevrede te stel. Ná jare se manipulering in 'n verhouding besef Berdine dat dit nie is wat sy wil hê nie. Haar ma en ouma werk saam om Berdine terug te lok na haar herkoms. Daar wag 'n vreugdevolle weersiens maar ook moeilike keuses. Berdine kry helderheid nadat haar ouma haar die waarheid oor haar grootouma en dié se niggie Emma vertel.
Publikasiedatum: 2022-10-20
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431617401

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 300
Roman Velasco is 'n suksesvolle Los Angeles-kunstenaar wat oënskynlik alles het wat sy hart begeer - ʼn groot herehuis, geld, vroue en roem. Slegs Grace Moore, sy teësinnige nuwe assistent, weet hoe min hy regtig het.
Maar Grace weet nie hoe haar baas in die geheim met sy duiwels stoei nie: deur geboue te teiken as die Bird, 'n berugte maar ongeïdentifiseerde graffiti-kunstenaar - 'n alter ego wat Roman se loopbaan kan verwoes en hom in die tronk kan laat beland.
Soos Roman, worstel Grace ook met spoke en geheime van haar eie. Ná 'n rampspoedige huwelik haar lewe totaal van koers afgegooi het, het sy gesweer dat liefde nooit weer haar drome sal kniehalter nie. Maar soos sy die enigmatiese man agter die reputasie leer ken, is dit asof hulle gebroke stukke stadig inmekaar begin pas ... totdat iets onverwags gebeur wat die loop van hulle verhouding - en albei se lewe - onherroeplik onherroeplik
verander.
Die meesterstuk is ʼn splinternuwe liefdesverhaal deur bekroonde New York Times-topverkoper-outeur Francine Rivers wat jou herinner dat genade selfs die mees gebroke persoon in 'n onvolmaakte tog ongelooflike meesterstuk kan verander.
Publikasiedatum: 2018-01-29
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796322753

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 230
Die lewe loop wye draaie met Janine van die Weskusdorpie af, eers Londen toe saam Greg Walker en nou weer in Roodepoort. Frustrasies bring versoekings, en sy wil bietjie uitkom, maar as ma kom sy tot die besef dat haar dogters nie net haar verantwoordelikheid is nie, maar ook haar grootste vreugde. Om terug te gaan dorp toe en 'n gesin te begin saam met haar ou liefde wat haar onvoorwaardelik vergewe het, is per slot van sake nie 'n verpligting nie, maar God se antwoord op haar gebede.
Publikasiedatum: 2021-09-10
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431623310

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 250
Basketbal-afrigter John Harrison se lewe verander oornag wanneer die grootste aanleg in die omgewing onverwags sluit. Honderde gesinne verlaat die dorp en sy droom van 'n basketbal-kampioenskap spat aan skerwe. Wanneer die skoolhoof hom boonop vra om 'n sport af te rig wat hy nie ken of eens van hou nie, voel John gefrustreerd en begin sy doel en waarde bevraagteken. Dan ontmoet hy 'n jong leerder wat met haar eie lewenskwessies worste...
Die oorwinnaar is gebaseer op die fliek Overcomer deur Alex en Stephen Kendrick. Hierdie aangrypende verhaal kombineer geloof, 'n bietjie humor en tonne passie en laat jou met een vraag: Wat laat jy toe om jou identiteit te bepaal?
Publikasiedatum: 2019-07-22
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431616756

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 179
Is daar hoop op 'n nuwe toekoms vir 'n jong vrou wat swaar dra aan foute uit die verlede?

Die foute van die verlede spook by Lucy Flaud, wat jare gelede reeds die sangaande vir jongmense in Bird-in-Hand ophou bywoon het. Nou is sy 25 jaar oud, en sy koester lankal nie meer enige hoop om te trou nie. Sy fokus nou op die vrywilligerswerk wat sy onder die Amish en die Engelse doen in Lancaster. Maar hoe hard sy ook al probeer, Lucy is onseker of sy ooit enige vrede oor die verlede sal kry.

Dale Wyeth het 'n diepe wantroue in die vooruitgang wat die moderne era bring en die afhanklikheid wat dit skep. Die jong man se versugting om nie afhanklik te wees van moderne luukses nie verdiep wanneer hy Lucy se pa, Christian Flaud, ontmoet. Dale hou van die Ou Orde Amish se vermoë om selfonderhoudend te wees, en Christian nooi hom om meer van die Ou Orde te leer deur by hulle op die plaas te kom kuier.

Terwyl Christian en Dale amper 'n pa-en-seun-verhouding ontwikkel, begin Lucy wonder wat Dale se teenwoordigheid vir haar kan beteken. Toets God haar? Of is dit moontlik dat selfs die mees onbetroubare hart - en twee mense uit baie uiteenlopende agtergronde - op 'n manier nuut kan begin?

Oor die outeur

Beverly Lewis is in die hartjie van Pennsilvanië en die Amish-omgewing gebore. Sy was voorheen 'n onderwyser en het meer as 17 miljoen boeke in druk. Haar boeke is al in 11 tale vertaal en verskyn gereeld op topverkoperlyste, waaronder New York Times en USA Today.
Publikasiedatum: 2017-08-01
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776351473

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 280
Dis die simboliek van die kosmosblom wat Ellie Brink laat besluit het sy wil in dié laan bly en haar kinders hier grootmaak: joy in love and life. Sy is nogal behep met blomme en kinders en toe sy dié beskrywing van die kosmosblom lees, het sy geweet dis háár laan.
Die vroue van Kosmoslaan vertel die stories van vyf uiteenlopende vroue. Ellie skryf kinderboeke en wens sy kan swanger raak en haar stories vir haar eie kind vertel. Ida Scholtz se man en seun is saam in 'n motorongeluk dood en nou bly Claire, haar skoondogter by haar. Marella is 'n prokureur en lewe streng volgens voorafuitgewerkte lysies. Julia en haar seun, Rudi, bly ook in die laan en Julia is bly dat sy destyds die huis in haar naam gesit het want haar man het saam met sy sekretaresse weggeloop en nou het sy en Rudi darem 'n dak oor hul koppe. Alma en Jurie bly langs Ellie en wanneer Alma se dogter verdwyn begin almal in die laan na haar soek. Die vroue deel hul pyn en vreugde met mekaar wanneer hulle eenkeer 'n maand bymekaar kom om te brei. Dit was Marella se idee om die groep te begin al was dit nie die intensie om so gereeld bymekaar te kom nie. Die breigroep word die vroue se toevlug en die kosmosblom word 'n teken van tweede kanse, hoop, drome en geluk.

Die boeiende verhaal is elke vrou se verhaal. Die vroue van Kosmoslaan ervaar God se genade en sy belofte om te voorsien wanneer hulle dit die nodigste het. Dit is geskryf deur top-skrywer en ATKV Woordveertjiewenner, Elsa Winckler. Die vroue van Kosmoslaan het voorheen onder dieselfde titel in 2016 verskyn.
Publikasiedatum: 2022-08-01
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796319722

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 255
Toe Daniël Basson vir Anna Catharina die eerste keer soen, is dit op aanbeveling van sy neef Arnoldus. Anna is van kleins af verlief op Daniël en sy verruil met plesier haar gemaklike lewe vir die harde bestaan van 'n boervrou op 'n afgeleë Karooplaas, sonder om selfs op hul troudag seker te wees dat Daniël haar net so volkome liefhet soos sy vir hom.
Publikasiedatum: 2017-02-01
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415337004

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 200
Dekades gelede was John en Elizabeth Baxter die hoofkarakters van 'n liefdesverhaal wat steeds 'n rol speel in die lewens van hul volwasse kinders en kleinkinders. Tog ken min van hulle die presiese details van daardie storie en die hartseer wat hulle bymekaar gebring het.
Nou reeds op hoërskool moet Cole, Ashley Baxter Blake se oudste seun, 'n erfenisprojek doen vir sy Engelse klas. Hy besluit om sy oupa, John Baxter, te ondervra oor daardie liefdesverhaal van soveel jare gelede.
John is aanvanklik huiwerig en onseker of hy die krag het vir die hartseer wat dit dalk kan meebring - veral aangesien hy intussen weer getroud is. Tog stem hy in en laat toe dat sy gedagtes na plekke gaan waar hy dit in dekades nie gewaag het nie.
Terselfdertyd verwerk die Baxters se familievriend Cody Coleman sy verbreekte verlowing met Andi Ellison. Hy is vasbeslote om aan te beweeg, maar 'n toevallige ontmoeting laat hom van plan verander. Kan Cody vir Andi oorreed om weer te probeer, of is dit tyd om finaal te groet?
Of jy die Baxters vir die eerste keer leer ken, of hulle opnuut ontmoet, Erfenis van liefde sal jou hartsnare roer en jou herinner aan die impak wat 'n erfenis van liefde op 'n familie het.
Publikasiedatum: 2017-11-30
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781982104412

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 295
The #1 New York Times bestselling author of life-changing fiction returns with a wise and worldly novel of forgiveness and hope in the City of Lights.In Indiana, Ashley Baxter Blake and her husband are about to take an anniversary trip to Paris, where a French gallery will show her paintings. But Ashley is hesitant. More than two decades ago, she made her most grievous mistake in Paris. She has never forgiven herself for what happened there, and she still harbors secrets that she's afraid will come to light. Just before the trip, Ashley gets a call from her niece. Jessie explains that her boyfriend's mother remembers working at a bakery with an American named Ashley. 'Could that be you?'When Alice and Ashley meet, a flood of memories comes for both women, taking Ashley back to a reckless affair and an unexpected pregnancy and Alice to the night she nearly ended it all. Can this reunion bring healing and closure? Maybe it is finally time for Ashley to forgive herself...and Paris.
Publikasiedatum: 2021-10-31
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776351299

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 280
Geloof soos 'n mosterdsaadjie is die eerste van 'n drieluik wat die boeiende verhaal van Andreas Beyers en Estie Wolmarans vertel. Die temas is geloof, hoop en liefde. Die drieluik skop af in Andreas se kinderjare, waar 'n tragedie sy lewe onherroeplik verander en hy gewikkel raak in die stryd en konflik tussen goed en kwaad. Hierdie eerste boek fokus op geloof en die stryd om die lewe te aanvaar as mens met die dood gekonfronteer word.

Andreas dink as afgetrede predikant terug aan sy lewe - dit is soos om 'n boek te lees waarvan daar bladsye uitgeskeur is. Hy onthou party hoofstukke so helder soos vandag, ander so vaag soos drome. Stories oor sy kleintyd, dié kom van oral af - van sy ma en pa, Safira, ander grootmense en sy boetie, Stephan. Hierdie stories neem hy met 'n knippie sout, glo hy ter wille van die vertellers. Hy is oor die algemeen inskiklik van geaardheid, iemand wat sy kleinkinders 'n people pleaser sou noem. Wat van Afrikaans gaan word, weet hy nie.
Hy en Stephan, het in 'n pastorie grootgeword. Dis ook waar Andreas veronderstel was om die eerste lewenslig te aanskou, op die dubbelbed in die hoofslaapkamer waar hy, soos hy dit later uitgewerk het, waarskynlik ook verwek is. Suster Lenie Joubert, die gemeente se vroedvrou en hul huisdokter, dokter Morrie Jacobs, sou Louisa kom bystaan. Dit sou 'n tuisgeboorte wees, 'n private aangeleentheid in die veiligheid van haar eie huis.
Van kleintyd af word Andreas nie net geestelik getoets nie, maar ook fisiek. Sy eie behoeftes en begeertes kry soms die oorhand. Byna te laat besef hy dat hy op ander dinge as geloof gereken het. Eers dan leer hy om hom geheel en al te onderwerp aan die wil van die Here. Geloof soos 'n mosterdsaadjie, sê Jesus, is al wat jy nodig het.
Publikasiedatum: 2022-03-03
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.