Fiksie
Romanses

Results 1 to 15 of 310
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Ridder van haar hart
Klik om te vergroot
9780799390254

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 90
R 72Jy spaar R 18
Lorenzo Esposito sal nie nee vir 'n antwoord neem nie. Shaylee sal met hom trou, want dan kry haar oorlede suster en sy oorlede broer se dogtertjie, Amy, 'n goeie tuiste. Dis 'n doodgewone saketransaksie, maar toe ontwikkel Shaylee gevoelens.
Publikasiedatum: 2018-09-15
Reg vir my
Klik om te vergroot
9780799390193

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 90
R 72Jy spaar R 18
Vir 'n tinktinkie met 'n groot bril en 'n ewige boek onder die blad het Henk Rademeyer sekerlik geen trek nie. Net soos die res van die wêreld se mans, dink Essie. Maar 'n reuse verrassing wag op haar toe Kupido betrokke raak.
Publikasiedatum: 2018-09-15
Net myne
Klik om te vergroot
9780799390162

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 90
R 72Jy spaar R 18
Nadia het haar oog op 'n gewone outjie, sy soek standvastigheid en reken hy sal dit kan bied. Human kom gooi egter al haar plannetjies deurmekaar. Gaan Human slegs tydelike opwinding bied, of is hy die een vir haar?
Publikasiedatum: 2018-09-15
Krummelpap in Parys
Klik om te vergroot
9780799390223

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 90
R 72Jy spaar R 18
Christelle kon nog altyd kies en keur onder die mans en het nie 'n tekort aan selfvertroue nie ... Maar vir die eerste keer in haar lewe kan sy nie kry wat sy die graagste wil hê nie: Michael le Grange!
Publikasiedatum: 2018-09-15
Dans met my
Klik om te vergroot
9780799390353

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 225
R 180Jy spaar R 45
Liefde kom nie altyd in die pakkie wat jy bestel het nie
Miranda, 'n skrywer, se adrenalien-verslaafde verloofde Lukas sterf net voor hul troue in 'n motorfietsongeluk. Sy ontmoet Lukas se ewebeeld, 'n wildvanger en wildplaaseienaar, Markus op die Kaapstadse lughawe net ná albei uitgevind het dat hul maats ontrou was.
Later ontmoet hulle weer in die Kruger Wildltuin, en die vonk tussen hulle is ooglopend, maar beide is so bang vir seerkry dat hulle nie sien wat reg voor hulle is nie. Liefde kom nie altyd in die pakkie wat jy bestel het nie, en hul paadjies skei. Albei moet deur hul eie vrese werk om te besef dat dit erger is om sonder daardie persoon te wees as om jou vrese in die oë te kyk.
Welmenende familielede, asook Markus se geliefde hond, Max veroorsaak interessante kinkels in die verhaal.
Publikasiedatum: 2018-09-15
'n Storieboekromanse
Klik om te vergroot
9780799389906

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 90
R 72Jy spaar R 18
Juliette sien daarna uit om 'n onderhoud met die bekende liefdesverhaalskrywer Alice Beechman te voer, maar dan besef sy Alice Beechman is eintlik die skuilnaam van 'n man. 'n Baie aantreklike man …
Publikasiedatum: 2018-08-15
Hoe om 'n hart te wen
Klik om te vergroot
9780799389937

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 90
R 72Jy spaar R 18
Janke was van altyd af verlief op haar grootwordmaatjie, Louw. Maar nou is Louw verloof en hy trou binnekort. Janke en Henry gaan voorgee dat hulle 'n paartjie is om Louw jaloers te maak en sy oë oop te maak, maar hulle nou nie rekening met Kupido se streke nie.
Publikasiedatum: 2018-08-15
Lang pad na liefde
Klik om te vergroot
9780799389968

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 90
R 72Jy spaar R 18
In Troosbosbaai by haar Ouma Saar wil Pascale haar stukkende lewe regmaak, haar wonde lek terwyl sy deur haar egskeiding gaan. Juis daarom is dit so vreemd dat God hierdie tyd kies om die Ierse biker, Callum Moriarty, oor haar pad te stuur.
Publikasiedatum: 2018-08-15
Langtermynafspraak
Klik om te vergroot
9780799389999

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 90
R 72Jy spaar R 18
Rika sal die verwende man van die restaurant 'n ding of twee wys. Sy gaan haar mojo terugkry en dan moet hy haar op die beloofde afspraak neem. Maar vinnig koester sy meer as net wraakgevoelens teenoor Maarten …
Publikasiedatum: 2018-08-15
Nuwe drome (Omnibus)
Klik om te vergroot
9780799390124

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 225
R 180Jy spaar R 45
Hierdie omnibus is 'n samestelling van drie van Cecilia Nortjé se vorige Romanzas, Die weddenskap, Toekomsbelofte en Net 'n stukkie papier. Sy is bekend vir die diepte in haar romanses, en die eg menslike verhoudings tussen die karakters.
Die weddenskap:
Sy's uit die staanspoor teë op Bret de Koning. Hy's ryk, báie ryk. En Sam kén rykes. Sy't haar stel met hulle deeglik afgetrap. Teen haar sin doen sy die smeeysterwerk vir die restourasie van Koningskop. Sy't die geld dringend nodig, maar nie Bret se onuitstaanbare inmenging nie. Toe hy met die belaglike weddenskap vorendag kom, laat sy haar intrek. Uit pure hardkoppigheid. As hy haar wil oortuig van die voordele van geld, sal hy moet mooi dink. 'n Besoek aan 'n eksotiese eiland sal haar nie oortuig nie.
Maar hoe kan sy hóm oortuig? En wat het haar besiel om haar eie sukkelende smeeysterbesigheid op die spel te plaas?

Toekomsbelofte:
Katja hoef nie daarvan oortuig te word dat sy die vurige maar jonger Isao liefhet nie. Wat sy nie weet nie, is of die vyf jaar ouderdomsverskil tussen hulle 'n gesamentlike toekoms onmoontlik maak. Ja, en hoe gemaak met die groenoogmonster op haar skouer? Sy weet immers wat 'n mooi jong meisie aan haar eksman gedoen het. Vir eers moet Katja in elk geval konsentreer op die nuwe klerereeks wat sy op die mark bring. Gelukkig is sukses iets wat soet op die tong lê. Maar o, daardie man wat sê hoe lief hy haar het … Of is kennis en vertroue - en veral opregte liefde - groter as vyf jaar?

Net 'n stukkie papier:
Pippa kan nie glo sy het uiteindelik 'n vaste werk as spabestuurder by 'n luukse oord nie. Uiteindelik kan sy as alleenma vir haar seuntjie sorg. Maar haar droom eindig toe sy besef die oord se eienaar is die man wat vyf jaar gelede soos 'n groot speld verdwyn het met haar casinogeld in sy rekening en haar hart in sy hande. Nee, sy wil hom beslis nie terughê nie. Sy wil net haar geld terughê en haar werk behou. Maar hoekom verafsku sy hom nie? Hy is immers 'n deurtrapte skelm. Eienaardig dat hy haar met soveel afsku bejeën - sy was immers nie die een wat verdwyn het nie?
Publikasiedatum: 2018-08-15
Reis deur die hart
Klik om te vergroot
9780799390094

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 225
R 180Jy spaar R 45
Arriana, 'n maatskaplike werker, brand uit weens te lang ure se werk asook om die heeltyd met volwassenes en kinders se probleme te doene te kry. Teen die einde van 'n uitmergelende vergadering met die maatskaplike bestuur in die gemeenskap waar sy werk, bedank sy op die ingewing van die oomblik.
'n Vriend reël vir haar werk in Mauritius as 'n kroegdame/kelnerin by 'n eksklusiewe hotel in Mauritius, en binne maande word haar lewe handomkeer verander.
Sy ontmoet die enigmatiese biljoenêr-Ier Finnigian O'Reilly wat met sy sjarme en persoonlikheid haar hart kort voor lank in die palm van sy hand hou. En hy is nie onaangeraak deur Arriana se plat-op-die-aarde-persoonlikheid nie.
Alles is egter nie pluis op die eiland nie. Jong meisies raak die een na die ander weg, en toe Arriana ook ontvoer word, word 'n nes van mensehandel oopgeruk. Gaan Finnigan, die plaaslike polisie en Interpol egter betyds wees om Arriana en die jong meisies se lot te keer?
Publikasiedatum: 2018-08-15
Legkaart van die liefde
Klik om te vergroot
9780624085768

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76Jy spaar R 19
Willa le Roux kan uit die staanspoor nie vir Deon Joubert miskyk nie. G'n mens kan nie: die gemaklikheid met sy eie lyf, die selfvertroue wat hy uitstraal. Boonop is die man slim, sjarmant en gevaarlik aantreklik.
Hul paaie kruis - vir werk én plesier. Willa weet sy beweeg op gevaarlike terrein, maar sy moet darem genoeg stories bymekaarmaak om eendag haar kleindogter te vermaak.
Net toe dinge behoorlik tussen hulle vlamvat en Willa uiteindelik gereed is om Deon met haar hart én haar lyf te vertrou, besluit iemand uit haar verlede om weer sy opwagting te maak. Dinge ontspoor uiteraard op 'n dramatiese wyse.
Twee jaar later moet Willa en Deon mekaar weer in die oë kyk. Nou worstel albei met die vraag: Kan hulle die verlede agter hulle sit en saam 'n toekoms bou?
Publikasiedatum: 2018-07-05
Louisa du Toit Omnibus 12
Klik om te vergroot
9780624084792

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 255
R 204Jy spaar R 51
Ploeg die wolke
Sirkelbaan
Die stille roep

Brenda begewe haar op 'n pad van persoonlike intrige wanneer sy haar pas geskeide suster moet ondersteun in ?Ploeg die wolke. 

Ansje word haar gewese skoonsuster se vertroueling in Sirkelbaan. Hoe gemaak wanneer 'n man en vrou elkeen op hul beurt gebroke op Ansje se drumpel staan? 

Regina se drie kinders - wat elk met hul eie liefdeslewe worstel - is gekant teen hul ma se nuwe vriend in ?Die stille roep.
Publikasiedatum: 2018-07-05
Stoppelbaardsoene in Santorini
Klik om te vergroot
9780799388237

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 90
R 72Jy spaar R 18
Isak Clarke en sy aangenome seun, daag onverwags 'n dag vroeër in Santorini op. Isak is gewoond om sy sin te kry, maar hy sal dit nie met Gita regkry nie. As hy nie net die mooiste ongeskikte man was wat sy nog ooit gesien het nie!
Publikasiedatum: 2018-06-26
My ster jou ster
Klik om te vergroot
9780799388206

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 90
R 72Jy spaar R 18
In Milan ontmoet Tatiana, 'n Suid-Afrikaanse sopraan, die aantreklike operaster, Igor Radonowski. Hy maak haar bene lam, maar sy vind uit dat hy getroud is. Sy moet sy aantrekkingskrag weerstaan …
Publikasiedatum: 2018-06-26

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.