●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776350766

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Hy wil berge vir haar versit
Terwyl sy met dwalende gedagtes na die fiets-expo trap, beland Benita amper onder Melt se sportmotor. Daar aangekom, val sy flou in die stalletjie wat Melt bestuur. Die oomblik toe hy haar skraal lyfie op die mat sien lê, kruip Benita diep in Melt se hart sonder dat hy dit besef. Hy wil berge vir haar versit, veral wanneer hy besef watter opdraande die lewe haar gee. Maar ten spyte van haar omstandighede is Benita 'n meisie met 'n wil van haar eie. Hy meng sonder verskoning in haar lewe in, tot haar groot ergernis en frustrasie. Haar lewe is moeilik genoeg sonder nog iemand wat dit kom omkrap. Met drie weke oor voor sy op straat beland, doen Benita haar bes om staande te bly. Intussen probeer Melt juis om haar van haar voete af te swiep.

Die heldin ontglip stereotipe, en kom soos 'n gewone vrou voor wat haar eie pad deur die 'n moeilike lewe moet kap. Buiten die sterk romanse, raak die boek ook aan temas soos armoede en ʼn onbeplande swangerskap.
Publikasiedatum: 2021-11-04
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352296

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Een soen kan jou lewe verander
Die liefde en warmte van die Steyn-gesin waarvan Sabella deel geword het toe haar broer met hulle dogter getroud is, is nie iets wat sy ken nie. Sy het hoë mure om haar hart en baie slotte aan haar voordeur om seker te maak sy is veilig en kry nie weer seer nie. Alles verloop seepglad totdat Hardus Steyn, 'n hartebreker en wingerdboer, haar soen. Hardus is 'n man wat dinge wil doen, probleme oplos en sy geliefdes beskerm en help. Trou en kinders kry was egter nog nooit deel van sy toekomsplanne nie. Totdat hy vir Sabella Morkel soen. Skielik het hy 'n hart gekry wat by syne pas, maar is hy bereid om al sy planne te verander ter wille van liefde?
Publikasiedatum: 2022-08-01
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352890

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Liefde... toegedraai vir Kersfees!
Jess Faber is groot vriende met haar vriendin Sabella se swaer, die bekende sjef Erasmus Steyn. Sy is nie onbewus van hoe aantreklik hy is nie, maar sy is nie van plan om ooit te trou nie. Om vriende te wees is net baie minder gekompliseerd. Maar toe kry sy nie die bevordering waarop sy gehoop het nie en besluit om al haar lysies en boksies weg te gooi. Sy oorweeg selfs 'n one-night stand met 'n vreemdeling. Toe Erasmus ewe hulpvaardig aanbied om haar one-night stand te wees, verander hulle vriendskap binne minute in iets heeltemal anders. Jess is huiwerig om haar hart oop te maak vir liefde en bly skuil agter haar ongelukkige kinderjare. Kan 'n kersfeeswonderwerk twee harte een maak?
Hierdie verhaal bevat al die kenmerke van Elsa se boeke: humor, tydigheid en passie. Dit ondersoek die idee van toeval, maar ook tweede kanse, in moderne verhoudings.
Publikasiedatum: 2022-12-31
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776354948

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Sy is allergies vir mans, en hy het al sy vingers verbrand met 'n vrou...
Berna Erasmus is allergies vir mans. Haar ma was 'n orkaan wat haar eie lewe en die mense om haar s'n met haar leefwyse verwoes het, en hierdie appeltjie gaan beslis sorg dat sy ver van daardie boom af val. Haar tannie wat haar grootgemaak het en haar beste vriendin span saam om haar en die aantreklike Ryno Viljoen vir ses weke in hulle strandhuis op Meeubaai saam te gooi. Hulle reken sy moet romanse beleef voor sy dertig word en dalk op die rak bly sit, maar sy verkies haar liefdeservaring tussen die bladsye van 'n boek. Ryno het 'n duur les geleer met slinkse vroumense en hy gaan hom nie weer laat ore aansit nie; hy fokus liewer op sy studies en sy loopbaan. Die
ongekunstelde Berna laat hom egter dinge voel wat hy nooit verwag het nie. Is dit net 'n ingebore beskermingsdrang, of is dit dalk die ware Jakob?

ʼn Romantiese komedie met baie hart - Madelie het haarself oortref met hierdie boek.
Publikasiedatum: 2021-12-08
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776358045

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 86Jy spaar R 9
'n Ware liefdesverhaal het geen einde nie
Vlak vyf van grendeltyd vang Améli de Klerk onkant. Ingeperk in 'n dakwoonstel in die middestad met kunsvoorraad wat boomskraap is en vinnig krimp. Alleen met haar kat, beklem die verlate stadstrate haar totdat sy 'n
onverwagse ontsnappingsroete ontdek na 'n ander wêreld waar sy haar droomheld ontmoet. Gideon Barnard is 'n sakeman en mede-eienaar van 'n familiebesigheid, 'n helikoptervlieënier en fotograaf. Hy is dinamies, intelligent en 'n man wat weet wat hy uit die lewe wil hê. Vir Améli is hy die man van haar hart en herontdek sy haar skeppingsvermoë saam met hom. Maar kan die droomman die werklikheid oorleef?

Hierdie boek is 'n heerlike liefdesverhaal wat tussen die middeleeuse en moderne tyd wissel. Interessante geskiedkundige gebeurtenisse en inligting soos die Swart Dood en middeleeuse kruiemedisyne word in die verhaal aangehaal.
Publikasiedatum: 2022-08-30
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776350704

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
'n Nuwe begin vir almal ...
Dokter Carla Nel is vir die eerste keer in ʼn baie lang tyd enkellopend. Nou maak sy planne om die stukke van haar lewe so gou moontlik op te tel en haar grootste droom te bewaarheid. Sy koop ʼn praktyk en ʼn huis op die kusdorpie, Soutstrand, wat albei net soveel restourasie as haar lewe nodig het. Kobus Retief is ʼn enkelouer met meer hooi op sy vurk as wat hy kan hanteer, maar wanneer hy moet help om die nuwe dokter se praktyk en sommer ook haar huis op te knap, herinner iets hom dat hy ʼn man ook is. Carla se planne sluit egter nie ʼn man in nie en Kobus kan haar niks anders as ʼn tweedehandse lewe bied nie. Tog laat die liefde hom nie keer nie en voor Carla hom kan stop, restoureer Kobus haar vervalle hart en word sy deel van ʼn lewe wat haar wildste drome oortref.

Met 'n Tweedehandse lewe beweeg Didi Potgieter weg van haar Harte-reeks en gee weer 'n nuwe blik op liefde. Die verhaal ondersoek verhoudings tussen ouer mense wat reeds ervaring van die lewe het. Mediese romanses is baie populêr en die hoofkarakter hier is 'n dokter.
Publikasiedatum: 2021-11-04
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639607238

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Hoekom, God?
Christelle se droom om eendag haar eie dansskool te hê, spat aan skerwe toe sy in ʼn motorongeluk beland en verlam is. Sy is kwaad vir God omdat hy die enigste ding weggeneem het wat vir haar saak maak. Daarby stel haar ma Wynand, haar verlore jeugliefde, as hulle tydelike voorman aan, maar ook vir Letsie, die meisie vir wie hy Christelle in matriek gelos het, as haar verpleegster. Sy wil ten gronde gaan toe Wynand besluit om in te gryp. Hy is die enigste een wat haar die waarheid vertel en hanteer soos 'n normale mens. Hoewel sy uitlatings haar seermaak, help dit haar om haar lot te aanvaar en vorentoe te kyk. Sy verstaan net nie hoekom hy hom met haar bemoei nie, nog minder sy vyandigheid teenoor haar. Tot ʼn beroerte haar ma noop om haar jarelange geheim te onthul en net God weet hoekom Hy dít toegelaat het.
Publikasiedatum: 2021-05-18
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352678

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Kan 'n gebroke huwelik betyds gered word? ʼn Brief van ʼn geskeide vrou skud Noulien se huwelik se fondasie. Ná agt jaar se getroude lewe is sy en Stephan verby die maanskyn en rose stadium en het hulle paadjies uitmekaar begin loop. Net verlange bly oor van die dae toe sy in haar man se arms aan die slaap geraak het. Selfs in die slaapkamer is dit nou eerder plig as plesier en sukkel sy nogsteeds om swanger te raak en die Cloetefamilie 'n erfgenaam te gee. Daarby is Belinda, die bure se dogter wat saam met Stephan grootgeword het en steeds gevoelens vir hom het, besig om te skei en terug op Grasdal by haar ouers. Noulien besluit om Marriage Capsule se huwelikskursus te doen, want ʼn huwelik is soos ʼn motor: As dit eers breek, is die skade groot, soms onherstelbaar. Maar het sy betyds wakker geskrik?
Publikasiedatum: 2022-09-29
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776354825

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 86Jy spaar R 9
Kan tyd 'n huwelik red?
Na die tragiese dood van hulle seuntjie in 'n motorongeluk, moet Ruhan en Anika die stukkies van hulle lewe optel. Anika sukkel om hul kind se dood te verwerk en in die proses verstoot sy vir Ruhan en lei dit tot talle rusies
tussen hulle. Anika betrap vir Ruhan en sy sekretaresse in 'n hartstogtelike omhelsing. Sy dagvaar hom vir ′n egskeiding, nét toe die president die lansdwye inperking aankondig. Ruhan stel Anika voor 'n ultimatum: hy sal instem tot die egskeiding as sy na die inperkingstyd steeds dieselfde voel. Sy stem teësinning in, maar haar kuldgevoel, rou en onsekerhede bly egter tussen hulle kom en vergemaklik nie hulle verhouding nie. Gaan Ruhan dit regkry om Anika te oortuig hoe lief hy haar het, of is sy pogings tevergeefs?

Corné van Rooyen word geken vir die manier hoe sy lesers aan die raai kan hou oor die liefde se kanse om te seëvier. In hierdie passievolle romanse word die uitdagings van 'n huwelik deeglik aangeraak en die invloed
wat dit op beide 'n man en 'n vrou het.
Publikasiedatum: 2022-10-27
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352791

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Die pad na liefde is nie altyd maklik nie
Irma Vermeulen gaan Groenboskloof toe om 'n nuwe lewe te begin nadat Henry Randall, aan wie sy 'n kort rukkie verloof was, haar lewe vergal het. Boonop het hy haar in groot moeilikheid laat beland deur die haar die skuld te gee vir 'n ernstige motorongeluk. Almal verwelkom haar met ope arms, behalwe Werner, die befoeterde, stroewe skrywer wat geen vrou vertrou nie. Werner verwar Irma met sy teenstrydige optrede. Hy is meestal aggressief en vyandig, maar tog is hy soms begrypend en simpatiek. Boonop flankeer hy soms openlik met haar en soen haar van haar voete af. Irma verloor haar hart op hom, maar die gerugte van die motorongeluk bereik
Groensboskloof en staan tussen haar en Werner. Sal Werner haar weergawe van die motorongeluk glo, of gaan dit hul pad na geluk verongeluk?
Publikasiedatum: 2022-09-30
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799394535

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 230
Nuwe seisoen
Tussen twee vure
Raaiselvrou

Altyd wink die liefde is 'n samestelling van drie van immergroen Anna van Tonder se vorige Romanzas wat sy onder die skryfnaam Annetjie van Tonder geskryf het.

Nuwe seisoen:
Ronel het nie verwag dat 'n vroulike adjunkhoof so 'n opskuddinkie op die klein dorpie sou veroorsaak nie.
Boonop kies die nuwe skoolhoof, Frans Hugo, sommer die eerste dag al kant teen haar ná kwaadwillige praatjies. En sy het gehoop sy is ontslae van die spanning ná haar egskeiding. Sy en Frans Hugo het egter baie gemeen - albei is nuut in die skool, al twee is enkelouers en hulle dogters is ewe oud en sommer dadelik boesemvriendinne. Wat beteken dat hulle mekaar ná skooltyd moet sien. Maar van selfs net 'n platoniese vriendskap is daar nie eens sprake nie, die skinderstories loop reeds.

Tussen twee vure:
Die laaste ding waarna Helette kom soek het, is om aangestel te word as die au pair van 'n bedorwe kleuter. Maar sy is bereid om enigiets te doen in haar soektog na haar halfsuster. Net jammer die kleuter se pa is 'n te aantreklike en 'n te beduiwelde professor. En net so jammer is dat die ouma glad nie ingenome is met Helette nie - en die professor se jonger broer weer meer as ingenome ...
Helette het egter nie voorsiening gemaak vir die gevoelens wat sy vir die professor ontwikkel nie, hoe befoeterd hy ook al is. Of is die rede vir die man se buierigheid dalk dat hy dieselfde gevoelens vir Helette begin ontwikkel?

Raaiselvrou:
Emma arriveer op 'n gasteplaas om uiteindelik haar roman te skryf. Net om 'n ietwat verwarrende situasie hier aan te tref. Die eienaar sê dit is nie meer 'n gasteplaas nie en sy suster sê dit is. Op die lange duur gaan Emma hier tuis maar steeds nie sonder probleme nie. Daar is die kat wat op haar bed kom lê en die hond wat haar uitsoek vir aandag. Dit terwyl Emma glad nie 'n dieremens is nie. En die eienaar met sy sagte bruin oë is juis 'n dieremens, verknog aan sy hond en sy kudde Nguni-beeste. Hoe om hierdie twee wêrelde te versoen word vir Emma 'n saak van groot belang ...
Publikasiedatum: 2019-04-30
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639609805

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
'n Nuwe muse ... Gabi gaan op vakansie na Hampshire. Sy is 'n kunstenaar wat 'n nuwe muse moet vind ná 'n liefdesteleurstelling en die dorpie lyk na die ideale plek om haar wonde te lek. Kort na haar aankoms word sy byna vertrap op Robbers' Common deur die enigmatiese Sam Macleod en sy perd. Haar enkel word ernstig beseer en haar planne deeglik in die wiele gery. Sam neem verantwoordelikheid vir Gabi se besering, maar sy vermoed hy is net besorg oor haar omdat hy na ʼn kunsonderwyser soek. Sy weier om by'n man met bymotiewe betrokke te raak. Totdat die pragtige Cloisters en aantreklike Sam vir haar meer as net inspirasie word.
Publikasiedatum: 2021-10-06
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352210

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Liefde kan die onmoontlike oorkom.
Toe Teda die aantreklike Engelsman Will Thaning met sy sexy aksent ontmoet, laat hy haar hart dadelik vinniger klop. Ongelukkig is dinge heelwat meer gekompliseerd as wat dit lyk en kom albei van hulle met bagasie. Net soos Teda, het Will 'n hartseer verlede wat altyd onlosmaaklik deel van hulle gaan wees. Daar is ook 'n tienerseun wie se gevoelens en leefwêreld hulle in ag moet neem. Saam met Will ontdek Teda nuwe plekke en droom sy oor nuwe moontlikhede. Maar het Will ná al hierdie jare enigsins 'n vrou in sy lewe nodig? Is hulle dalk op twee heeltemal verskillende plekke in hulle lewens met doelwitte wat nié versoenbaar is nie?

Hierdie verhaal kyk na liefde en familie, die soort wat jy kies en die soort wat vir jou gekies word.
Publikasiedatum: 2022-06-03
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639607016

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Op soek na die skatte van die verlede vind sy iets meer kosbaar in die hede. Wanneer joernalis Ingrid Thesen besluit om 'n gap-jaar te vat, besef sy nie waarvoor sy haarself inlaat nie. Sy vertrek saam met haar Joodse vriendin Sharon na Israel, waar sy 'n span argeoloë wil vergesel op 'n grawe in Galilea. Daar aangekom ontmoet sy die res van die span kenners, insluitende Leif Andersson, die Noorweegse historikus op die spoor wat sy Kruisvaarder voorvaders destyds na die beloofde land aangedurf het. Teen die agtergrond van hierdie antieke landskap probeer die twee bymekaar kom, maar Ingrid besef dat sy nie alleen is in haar aangetrokkenheid tot Leif nie. Op soek na skatte uit die verlede sal hulle ook die politieke onluste in die area moet trotseer as hulle 'n kans op liefde wil hê. Die storie speel af teen 'n interessante historiese agtergrond maar skroom nie weg van die politieke probleme van die hede nie. Malene se werk is kenmerkend vir die diepte van haar geskiedkundige navorsing.
Publikasiedatum: 2021-04-15
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776351978

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Om harte te wen is soms moeiliker as om lewens te red. Doktor Bianca Dempsey is 'n vrou wat antwoorde soek. Sy ontdek dat iets in die water die mense in haar gemeenskap siek maak en is vasbeslote om agter die kap van die byl te kom. Sy ontmoet 'n aantreklike vreemdeling tydens 'n verkenningsekspedisie wat aanbied om haar te help. Haar kop sê nee, maar haar hart weier om te luister. Dié man lyk darem nie of hy geheime het nie. Ryno is nie wie hy sê hy is nie, maar sy beskermingsdrang neem oor wanneer hy die beeldskone Bianca ontmoet. Dié soektog van haar is gevaarlik en sy gaan iemand nodig hê om haar by te staan as sy die waarheid van die watersiekte wil ontbloot. Beste Bianca is die opvolg van Mooiste Eliza wat in 2021 verskyn het. Bianca is Eliza se jonger suster. Hierdie verhaal het 'n sterk spanningslyn wat enige leser sal boei. Die skrywer het duidelik baie navorsing oor watersiektes en biologie gedoen, en vind interessante maniere om haar kennis in te span vir geloofwaardigheid.
Publikasiedatum: 2022-03-29
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.