●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780627035845

Leermiddels: FET

Leermiddels  -  FET
R 295
Fonetiek (2018) is 'n verbeterde, bygewerkte uitgawe van die vierde uitgawe van Fonetiek (1988). Soos sy voorganger stel die boek beginners in staat om fonetiek maklik en vinnig te bemeester. Daar is egter genoeg stof en bronverwysings om ook die meer gevorderde gebruiker te prikkel. Fonetiek is veral praktykgerig. Dit bied insig in die klanke en die klanksisteem van Afrikaans, asook in die wyse waarop dit verskil van die klanke en klanksisteme van Engels en ander Suid-Afrikaanse tale. Die nut van fonetiese transkripsies by lemmas in woordeboeke word uitgelig.
Publikasiedatum: 2018-01-01
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780627033032

Leermiddels: FET

Leermiddels  -  FET
R 545
Die rol van 'n onderwyser is fundamenteel tot die verwerwing van die nodige wiskundige vaardighede en kennis wat deel uitmaak van die kind se vroee en verdere ontwikkeling. Vanaf die jaar voor toetrede tot formele skoolopleiding (Graad R) tot die einde van die Grondslagfase (Graad 3), dra onderwysers by tot die belangrikste leersiklus en le hulle leerders se grondslag vir die res van hul skoolloopbaan. Wiskunde-onderrig in die Grondslagfase bied kritieke insig tot die basiese beginsels wat internasionaal sowel as nasionaal toegepas word, met 'n indiepte-bespreking van die onderliggende konsepte en teoriee aangaande wiskunde-onderrig aan jong leerders. Die temas wat in die boek aangespreek word, is gebaseer op die KABV-dokumente wat deur die Departement van Basiese Onderwys in 2012 uitgereik is en omsluit die fisiese, sosiale en konseptuele kennis wat leerders moet verwerf en op voortbou om sodoende hul wiskundige vaardighede vir die toekoms te ontwikkel. Die inhoud sluit die volgende in: Basiese beginsels oor die verwerwing van wiskundige vaardighede en kennis; Diversiteit in die wiskunde-klaskamer; Onderrig en leer van wiskunde in Graad R; Ontwikkeling van getalbegrip; Patrone, funksies en algebra in die Grondslagfase; Onderrig en leer van ruimte en vorm; Onderrig en leer van meting; Datahantering in die Grondslagfase; Wiskunde-assessering in die leerdergesentreerde klaskamer Wiskunde-onderrig in die Grondslagfase is 'n onontbeerlike handleiding vir beginner-onderwysers en studente vir die inrig van hul klaskamers, die beplanning van lesse vir die suksesvolle oordraging van wiskunde kennis en vaardighede, asook om wiskunde met selfvertroue te onderrig. Hierdie boek sal ook aan ouers toon wat van hulle kinders in die wiskunde klas verwag word. 'n Hulpbronpakket op CD-ROM is by die boek ingesluit om onderwysers van waardevolle hulpbronmateriaal te voorsien; verder bevat elke hoofstuk ook 'n spesiale afdeling oor die gebruik van tegnologie in die klaskamer.
Publikasiedatum: 2015-02-01
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.