●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799399929

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 290
Tweede kanse vir tweedehandse harte …
Ná Milan se man se dood in 'n vliegtuigongeluk, moet sy haar rykmanslewe in Sandton vaarwel roep. Haar man het hul geld uitverkwis en die skuldeisers eis alles op. Al wat sy vir 'n erflating oorhou, is haar man se tant Corrie se huis op Vaalkrans. Dis vir haar 'n groot aanpassing: Haar bure wat tydig en ontydig by haar huis inkom; die oornooi vir etes en gesprekke oor persoonlike dinge al ken hulle mekaar nie; die omgee vir mekaar en uiteindelik ook die omgee vir haar. Haar geldsake is beroerd maar soos wat sy haar voete vind, en tant Corrie se huis leer ken, sien sy potensiaal en begin uiteindelik 'n leefstylwinkel in een van die dele
van die huis. Om dinge verder te kompliseer is daar twee mans wat haar in die oog het: Die eiendomsagent wat haar huis moet verkoop, Cloete Rademan, asook die boer op Skilderkloof, Herk Bocklenberg met sy moeilike dogter, lewenslustige tweelingseuns en dieselfde drang as Milan om oor te begin.

'n Huis vir altyd is Cecilia Nortjé se eerste langer verhoudingsroman. Cecilia se boeke kan vergelyk word met dié van Dina Botha en Rosita Oberholster.
Publikasiedatum: 2020-06-11
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639606101

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 290
Haar kans op vir ewig en altyd is nou (die opvolg op 'n Huis vir altyd)
Vyf jaar ná haar egskeiding is Milan 'n bedrywige sakevrou met 'n vol lewe. Estie, Milan se stiefdogter, het pas begin werk as junior rekenmeester met groot drome. Jessica, Estie se ma, het sewentien jaar gelede haar rug op Vaalkrans gekeer en bestuur nou 'n gewilde trouplaas. Drie suksesvolle vroue met vervulde lewens, of só wil dit voorkom. Vaalkrans en die gebeure van die verlede het egter steeds 'n houvas op elkeen. Milan kan nie vir Herk vergeet nie. Estie is steeds verbitterd teenoor Milan en haar ma, en sukkel met 'n eetversteuring wat besig is om handuit te ruk. Jessica is in 'n rolstoel en aanvaar haar gestremdheid as straf vir die feit dat sy haar gesin versaak het. Die troues wat sy reël, is 'n poging om boete te doen. Die domino's begin een vir een kantel, en hierdie drie vroue wie se lewens ineengeweef is, word onkeerbaar geraak. Durf hulle 'n kans op geluk waag?

Jonger en ouer lesers kan identifiseer met hierdie verhaal a.g.v. universele temas soos skuldgevoel, verwerping, vergifnis en buitengewone hoë standaarde waaraan vroue hulself meet. Cecilia Nortjé se werk is kontemporêr en vergelyk baie goed met internasionale vrouefiksie van skrywers soos Jennifer Scott, Anita Shreve and Jane Green.
Publikasiedatum: 2021-02-25
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624087663

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 260
Zoe is 'n bevryde vrou. Wel . . . soort van. Haar ma en Swietie-pie, 'n brak sonder 'n pedigree, kritiseer haar graag - verál Zoe se losloop-leefstyl. Zak, die wannabe danser, kan dalk die antwoord op almal se drome wees. Zander verskyn ook op die horison. Hy skryf moord- en doodslagboeke en is nou op sy derde vrou. 'n Man om te vermy. Maar ook 'n man wat haar verstand stil soen. Sal sy die regte besluit kan neem? Indien nie, sal sy 'n tweede kans kry om haar foute reg te stel?
Publikasiedatum: 2019-01-31
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799399424

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 290
Dis of sy vir die heel eerste keer kan vóél …
Terwyl Natasha haar huwelik probeer ontbind, klou haar ontroue man onverwags daaraan, beslis nie omdat hy skielik ontdek het hy het haar eintlik lief nie.
Saam met die stuiptrekkings van hierdie huwelik, verskyn 'n ander komplikasie in haar lewe: 'n man wat sy vier jaar gelede op haar wittebrood gesien het en nooit kon vergeet nie. Nooit, ooit sal sy haar weer in 'n huwelik begewe omdat dit die regte ding is om te doen nie, neem sy haar voor, of om iemand anders te behaag.
Dit kos haar egter nie juis oorreding om Marc daarvan te oortuig nie. Hy glo trouens glad nie in die huwelik nie, en omdat hy so dikwels vir sy werk in Londen moet wees, is dit nie eens 'n opsie nie.
Al twee weet hul fisieke aantrekkingskrag kan vir hulle net pyn bring. En al twee vind dit ewe moeilik om van mekaar af weg te bly. Toe gebeur daar iets wat hul lewe totaal omvergooi en hulle moet sterk staan in omstandighede wat nie een van hulle voorsien het nie.

Lesers kry weer met die karakters op Assordante te doen wat in As dit proe soos liefde was. As dit voel soos liefde is Didi Potgieter se tweede langer romanse. Didi se boeke kan vergelyk word met dié van Dina Botha, Marilé Cloete en Elsa Winckler.
Publikasiedatum: 2020-05-13
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624046837

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 395
As politieke fotojoernalis het Ester Green al met baie verskillende fasette van die lewe in aanraking gekom, en het sy in 'n huis grootgeword waar sy geleer het die pen is 'n magtige wapen. Sy is die dogter van Leon Green, 'n Jood wat as jong man Suid Afrika toe gekom het en later een van die suksesvolste redakteurs van 'n dagblad in die land geword het. Alles wat sy geleer het en alles waarin sy geglo het, word egter in een aand omvergewerp toe haar ouers buite hulle huis doodgeskiet word deur lede van 'n sindikaat wat deur Leon se koerant ondersoek is.
Ester pak na die begrafnis haar tasse en trek Londen toe waar sy 'n vryskut mode-fotograaf word. Sy verander haar klere, haar haarstyl en haar leefwyse en beplan om nie weer haar voete op die Afrika kontinent te sit nie.
Twee jaar nadat sy die land verlaat het, bevind sy haar egter terug in Suid-Afrika. Hier ontmoet sy vir Samuel McGreggor wat betrokke is by 'n verskeidenheid bewaringsorganisasies.Samuel is onlosmaaklik deel van die kontinent en glo dat daar genoeg mense is wat 'n verskil wil maak.
Publikasiedatum: 2008-12-01
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639607276

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 260
Niemand mag haar sien sonder haar mantel nie. Gita kruip al haar lewe lank agter voorgee weg; ʼn mantel vir elke okkasie. Flambojante, pienk-Gita, vir wanneer sy opspraak wil maak, swart-Gita wanneer sy wil wegraak en laag lê, rooi-Gita wanneer sy uitdagend is, en natuurlik die blinkkant-bo-baadjie as sy voor die familie is. Maar agter die mantels spook dit by Gita. Haar pa het weggeloop met 'n ander vrou toe sy tien jaar oud was. Sedertdien sukkel sy om mense naby haar toe te laat. Niemand mag haar sien sonder 'n mantel nie. Wanneer haar werk deure moet sluit pak sy haar lewe op en vertrek Knysna toe. Daar waar haar pa is. Waar sy nuwe vrou is. Waar sy nuwe kinders is. Langs die pad ontmoet sy die kleurvolle Llewellyn wat haar as verkleurvroutjie sien en sy is heeltemal oukei daarmee. Sy is wel nie oukei met die amper-blinde tjellospeler, Darius, en sy broer wat haar geheime lewe wil oopkrap nie. Skielik is daar vier baie verskillende mans in haar lewe, en Gita het nie genoeg mantels om alkant te dek nie.
Publikasiedatum: 2021-06-03
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

8

9781776352630

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 260
R 208Jy spaar R 52
Deur hoeveel brandende hoepels moet Libbi nog spring voordat sy haar tribe vind?
Libbi de Lange is die langste meisie in die kontrei. In die hele wye wêreld, of so voel dit vir haar. Die lewe werk rof met iemand wat nie by die gewone inpas nie; die neiging is mos oral om die kop af te kap van 'n papawer wat aanhou uitstyg. As jy dan nog die dogter is van 'n pastoor van 'n volksvreemde kerk in die Knysnabosse, is die verleentheid groot en die hoop min. Die nuwe millennium is op pad, die vrees vir die Y2K-virus 'n werklikheid. Libbi moet trou, en gou ook sodat sy die gespot oor haar van kan agterlaat. Nogal moeilik as jou dansmaat se kop deur jou boobs verswelg word.
Dis Flooze, haar kamermaat op universiteit, wat Libbi leer om haar eie identiteit te omarm en uitdagend anders te wees, om uit die soetkoekblik te klim. Die verlange na liefde bly egter knaag, die honger van die lyf ook. Toe word sy maar mevrou Libbi Landman - en sit steeds met 'n honger vir 51% meer as wat sy gekry het. Boonop vergemaklik haar vriend Beer se huiwering op haar drumpel glad nie sake nie.
Later jare, tydens Covid, kry die komplikasies rondom haar gesin,Beer en haar liewe, halfheilige pa net kleintjies. Deur hoeveel brandende hoepels moet Libbi nog spring voordat sy haar tribe ontdek? Voordat die lang papawer kan blom?

Die lang papawer het 'n ligte aanslag en wys weer die humor waarvoor Kristel Loots bekend is. Ons reis saam met Libbi van haar studentedae tot in haar middeljare. Libbi moet, soos vele vroue, op die harde manier leer dat geluk haar ook toekom, en dat haar lewe nie ander mense - meestal mans - hoef te dien nie. Loots het lanklaas 'n karakter gehad met só 'n sterk eie stem soos Libbi, in haar onsekerheid sowel as in haar wasdom later. Libbi is outentiek, gerond en heeltemal oortuigend.
Publikasiedatum: 2022-09-29
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799395303

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 290
'n Storie van begin, weer begin en óórbegin ...
Carla Kasselman se lewe val uit mekaar nadat haar man reg in eie hande neem, 'n onnoembare daad pleeg en die skuld op haar pak. Hy neem alles van haar af weg, eers haar babaseuntjie, en daarna pers hy haar af om hul blonde krulkopdogtertjie af te teken. Lewensmoeg en sonder hoop vlug sy na Sannasklip, 'n eenvoudige Weskusdorpie waar die eksentrieke tante Doreen haar op haar voete help.
Die lewe raak weer draaglik, en aangenaam voorspelbaar, totdat 'n weerbarstige grootwildjagter se Landie sonder brandstof voor haar voordeur gaan staan. Carla ontdek dat die lewe bestaan uit probeer en wéér probeer, en dat die liefde nie wag op 'n uitnodiging nie, maar hom ongenooid tuis maak wanneer hy so voel.
Meer as twintig jaar later sien sy weer haar dogter, maar Mignon is gebroke, verslae en sonder 'n wil om voort te gaan. Carla bring haar saam Sannasklip toe, maar sal haar verhouding, en die dorp se kalm ekwilibrium Mignon se donkerte kan absorbeer? Hoe is dit dan dat sy nie die bedorwe, depressiewe entjie mens wat net soos sy lyk, herken nie? Skuldgevoelens en verwyte verteer ma en dogter en dreig om hulle te verswelg. Is daar lig aan die einde van die tonnel? Of dalk binne Sannasklip se vuurtoring waar die aantreklike besigheidsman, Bernard Bartman, besig is om 'n restaurantkoninkryk te vestig?
Mignon ontdek dat sy meer is as die lappop wat haar pa geskep het en dat sy in staat is om lief te hê en liefgehê te word. Vergifnis word onvermydelik en die verlede se donker geheime verloor hul krag.

Elemente van die romantiese komedie, gesinsdrama én 'n buldingsroman is deel van hierdie verhaal. Dit sal aanklank vind by jonk en oud omdat temas soos verraad en verwerping tot die vroulike psige spreek. Hoewel die roman ernstiger is as die skrywer se vorige werke word dit deurtrek met Bergenthuin se heerlike sin vir humor en deernis en laat die leser nadink oor die verloop van haar eie lewe. Dit is toevallig dat die boek kort na die Steinhofskandaal verskyn, maar dit illustreer tot 'n mate die impak wat so 'n korporatiewe skandaal op die familielede van die aandadiges het.
Publikasiedatum: 2019-06-27
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639600314

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 290
Dié lelike eendjie moet oortuig word van haar eie waarde ...
Paloma het 20 jaar gelede alle mans afgesweer toe sy die dag voor haar troue uitvind dat haar verloofde haar verkul. Dit is net té seer, veral wanneer gene vir jou 'n peervormige lyf gegee het en jy net nie goed genoeg is nie. Sy lewe rustig saam met haar honde, hoenders en koffiewinkel klante vir geselskap. Haar familie het geëmigreer; gaan sy ry of gaan sy bly? Maar dan trek daar nuwe bure in aan weerskante; die baie aantreklike en geskeide Arno, en die ongelooflik sexy Sindisiwe aan die ander kant. Beide het lesse vir Paloma om te leer ...
Arno raak betrokke by sy eiesoortige buurvrou met haar lang geblomde rompe en mooier-as-mooi kaal voete. Hy help haar toe haar hond uitgesit moet word, en maak vrede met haar astrante hoenderhaan Kallie wat tydig en ontydig by hom kom kuier. Paloma ontmoet sy familie, en vind uit dat alle families maar vreemd is op hul eie manier. Haar nuwe buurvrou dwing haar om 'n make-over te doen, en vir die eerste keer begin sy besef dat mens nie volmaak hoef te wees om liefgehê te word nie.
Die man langsaan is 'n verhaal oor self-aanvaarding, en liefde en vriendskap op onverwagse plekke.
Publikasiedatum: 2020-06-11
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639602912

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 260
Vir Mel is haar eie melkweg skitterend. Sy het wat sy wil hê, sy is wie sy wil wees. Sy maak die reëls en sy dra nie maskers nie, want sy is in beheer. Maar skielik maak 'n veel groter ster haar verskyning: Isabella, ʼn ongevraagde toevoeging tot die gesin. En boonop besef Mel dat haar beroepskeuse as mediese suster ʼn ode was aan haar oorlede ma. Susterwees was dalk haar ma se passie, maar is dit regtig hare?

Mel maak gereed om uit haar einste, skitterende melkweg te verskiet. Dit is ʼn waagstuk, iets wat só nie haar ding is nie. Die ontdekkingsreis vat haar na ʼn wêreld wat sy nog altyd vermy het, tussen mense wat nie haar dam se ganse is nie. By die flats van Belhar kom sy tot die besef dat die dam dalk nie hare is nie, maar dat sy tog, teen haar verwagting, inpas by die ganse. Sy ontmoet 'n jeugwerker met tatoes en ʼn skaatsplank wat baanbrekerswerk onder die jeug doen. Sy leer Llewellyn, haar stiefsuster se grootste aanhanger, beter ken en wys hom sy is nie so upstairs soos hy gedink het nie.

Mel ontdek haarself en ʼn wêreld buite haar eie reëls. Moet sy kies tussen wie sy was en wie sy kan wees? Of is daar plek vir Mel die skateboarder, die biker en die kelner in haar melkweg?
Publikasiedatum: 2022-06-14
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799368505

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 350
TWEEDE UITGAWE
Adam Rossouw, suksesvolle sakeman, deel van Kaapstad se sosiale elite en Petronel Cilliers, 'n onopvallende sanger in 'n grot van 'n kroeg iewers op die Kaapse suidkus, is pole van mekaar verwyder. Maar na 'n nag van passie is hulle onherroeplik aan mekaar verbind. Gaan die houe wat die lewe uitgedeel het hulle in die jaar wat hulle saam is heeltemal uitmekaar dryf, of kan hulle juis in mekaar die maat vind wat hulle volledig mens sal maak?
Publikasiedatum: 2014-06-01
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799367706

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 350
Liz Aucamp het tien jaar gelede haar geboortedorp as banneling verlaat. Vandag is sy 'n onkoloog wat op die drumpel van 'n briljante akademiese loopbaan staan, maar omstandighede dwing haar terug Groblersdorp toe, waar die skindertonge maar te gretig wag om haar te verslind.
In die stowwerige hitte van die Klein-Karoo moet sy weer vir Jans Gildenhuys in die oë kyk, die man wat haar jong liefde vertrap het, moet sy vir Magdel Aucamp en haar verbete snobisme trotseer, en moet sy haar man staan teen Herk Louw, die prokureur met die sardoniese glimlag en oniks oë, wat haar bloot op grond van skinderstories veroordeel en verwerp het.
Algaande besef Liz dat Groblersdorp haar nodig het, miskien nog nodiger as al die pasiënte in Johannesburg se goedtoegeruste hospitaal, en dat daar vir haar 'n plek in die gemeenskap oopgegaan het wat net sy sal kan volstaan. Al wat sy nie weet nie, is of daar vir haar 'n plek in Herk Louw se hart is ...
Publikasiedatum: 2014-05-01
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795802072

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 300
Dis die goeie ou dae van chat rooms en Internet Explorer; emoji's met leestekens; waar jy moet verduidelik wat afkortings soos LOL beteken; en Joost en Amor is Suid-Afrika se “it couple”.
Zoë Zietsman sit op Oukersaand stoksielalleen voor haar rekenaar - sonder selfs 'n hond om mee te cuddle. En cuddle is volgens Zoë 'n basic human right. Vanaand is die aand, besluit sy terwyl sy as “Volksie” op die Matchmatewebwerf inteken.

Só ontmoet sy vir “Donatello”, 'n advokaat wat sy klerekas colour code en net suiwer Afrikaans praat. Zoë, daarenteen, meng haar tale, sy ry nog met haar Vespa en gee jogaklasse vir swanger vroue.

Wat het 'n konserwatiewe metro-man en 'n alternatiewe maltrap soos Zoë gemeen? Met twee goeie feë in die gedaante van 'n gay boesembuddie en 'n huishulp wat nie met haar laat sukkel nie, kan Mars en Venus dalk tog bymekaarkom.

Maar kan mens regtig jou instink vertrou oor skerms, sleutelborde en digitale kabels?
Publikasiedatum: 2019-05-14
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928530480

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 240
Na Klaas se dood woon Sonja alleen op haar besproeiingserf langs die Oranjerivier.
Ben is die “inkommer”, die vreemdeling. Daar hang 'n wolk van stories om die aantreklike man van Nêrens.
Wanneer die twee middeljarige mense mekaar beter leer ken, word daar dinge wakker gemaak wat hulle albei geglo het nie meer bestaan nie.
Die sluier word so effens gelig oor die aktiwiteite van die Franse Vreemde Legioen.
Hierdie liefdesverhaal bevat 'n sterk skeut spanning. Dit bewys ook dat die erotiese nie net vir jongmense beskore is nie.
Publikasiedatum: 2021-10-01
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776351718

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 260
Soms is huis aan die ander kant van die wêreld...
Wanneer sy skrywersverblyf in Killaloe, 'n klein Ierse dorpie, aangebied word, gryp professor Mariaan de Jongh die geleentheid aan. Só kan sy Suid-Afrika en die trauma van die studenteopstande agterlaat. Sy kan fokus op
haar vertaling van die tesis oor Afrikamites en -legendes en vergeet van die geweld en haar kollega se dood. Ierland, met sy magiese landskap, legendes en kleindorpse rustigheid, oorrompel haar. Sy maak nuwe vriende en begin selfs 'n tentatiewe verhouding met Declan.
Wanneer sy egter uitvind dat hy bande met die Ierse Republikeinse Leër het, besef sy dat geweld en gevaar oral aanwesig is. Droomboom is 'n verhaal van vergifnis en aanvaarding, en die helende krag van vriendskap en liefde.

Net soos met haar vorige boek, Stillewe, neem Marie Spruyt met Droomboom haar lesers na die buiteland, hierdie keer met 'n ode aan Ierland. Die land se mites, legendes en volksverhale word deurlopend ingespan om
atmosfeer te skep. Die boek ondersoek ook ons tuisland, dié wat besluit om dit te verlaat, en die gemengde gevoelens wat met daardie skuif gepaardgaan.
Publikasiedatum: 2022-02-01
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.