●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9798669393489

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 220
Om ontsteld te raak oor 'n beurt klink onnodig - tensy jou beurt onheil inhou en jou gesin se lewens bedreig.
Ten midde van bisarre en lewensgevaarlike besluite deur ʼn outoritêre owerheid op die afgeslote Lekuta-eiland, droom Munnik Roux oor ʼn toekoms saam met sy rissiepit Amina Jansen in #perspaleis. Die Jansen-gesin en Amina se beurt ontketen 'n gewaagde vlugplan in 'n defekte vliegtuig, ʼn gevaarlike stryd om oorlewing en ʼn herontmoeting met ʼn oënskynlike vervelige jongman, Zoop Viljoen.
Publikasiedatum: 2020-08-01
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795709159

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 295
Wenner van die eerste kykNET-Rapportprys in die Film-kategorie, nou tot rolprent verwerk.

'Glo my, dis regtig die beste so.'
Hy skreef sy oë en kyk na haar silhoeët teen die lig. Iets glinster in haar regterhand. Hy weet oombliklik wat dit is en hoekom. Dis soos toe daardie man in sy sel ingestorm het, verskrikking en 'n skielike stuwing van lewenskrag. Hy koes kant toe so ver hy kan, gryp haar enkel en ruk. 'n Skoot klap naby sy kop. Die skoot tref klip en woer-woer weg met 'n geluid wat eensklaps stop as die koeël iewers vasslaan. Die vrou steier. Die pistool val op die grond.
Daniël wag geen oomblik nie. Hy herwin sy balans en hardloop, spring oor die klippe en bars deur bosse. Hy probeer nie eens dink oor wat gebeur het nie. Hy kan dit later doen, as hy lank genoeg leef.

Polisievrou Erica van der Linde is in beheer van die getuiebeskermingsprogram in Kaapstad in die jare negentig. Sy het die perfekte manier gevind om te verseker dat getuies in haar bewaring vir goed verdwyn uit die normale samelewing. Sy vermoor hulle. Maar sy't nog nooit 'n getuie soos Daniël Enslin teëgekom nie.
Publikasiedatum: 2019-01-18
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799399219

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
“Weet jy wat is die heel beste van flat rock bottom wees? As jy eers dáár is, kan alles en enigiets jou droom wees.” Dit was die woorde van Drien Welman aan haar oudste seun Bennie wanneer hulle vir die soveelste keer by die laaste stukkie kos in die huis gekom het. Bennie neem die leser terug na sy grootwordjare waar die Welman-gesin van nege op Simmer Deep gewoon het - van die middel sestigs tot middel tagtigs. Sy verhouding met sy pa is stormagtig want Bennie koester geen respek of liefde vir hom nie. Bernard Welman is aan die een kant 'n gewelddadige woestaard, alkoholis en 'n wildewragtig lorriedrywer en aan die ander kant 'n talentvolle musikant en sanger in eie reg. Die enigste ding wat die kloof tussen pa en seun soms oorbrug is hul liefde vir musiek. Ten einde die donker wolk van uiterste armoede en ellendes te oorleef leer Bennie om homself te distansieer en dit stoïsyns te verduur. Hy put krag uit sy ma, 'n trotse vrou, wat deurgaans soos 'n rots onder die aanslae bly staan in 'n poging om die gesin bymekaar te hou. 'n Ballade vir Nkunzi beweeg van die een bisarre situasie na die volgende in 'n kroniek van smart, verraad en 'n goeie skeut galgehumor. Uiteindelik word dit 'n verhaal van triomf van die menslike gees oor verwoestende lewensomstandighede.
Publikasiedatum: 2020-03-05
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799396515

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 270
Hoe oorleef 'n mens tragedie ná tragedie?
Neil Viljee vlug Australië toe ná ʼn tragedie, maar hy kom terug toe sy ma hom laat weet sy pa is terminaal siek: om afskeid te neem en sy ouers by te staan. Dis egter nie sy ma wat hom inwag nie. Hy tref sy pa, ʼn familievriendin en sy niggie se ontwrigte tienerdogter aan, want sy ma is onverwags dood aan ʼn hartaanval.
Neil besef dat hy in Australië net sy vroeëre rouproses uitgestel het, en die verlies aan sy ma dwing hom om die verwoestende gebeurtenis wat hom landuit laat vlug het in oënskou te neem. Karel probeer Neil help midde-in sy eie droefheid en fisieke agteruitgang. Millie skep orde terwyl sy ʼn besluit probeer neem oor haar huwelik wat in gevaar is. Charlie weet dat sy nie terug kan gaan na haar bedenklike huislike omstandighede nie, en sy probeer haar agterstallige skoolwerk inhaal en ʼn toekoms op haar eie karteer.
Elkeen verwerk die geliefde Lea se dood op ʼn eiesoortige manier. Innerlike konflik word na die oppervlak gedwing en geheime en waarhede word ontbloot. Hulle vorm ʼn unieke gesin, wat mekaar dwing tot selfondersoek, maar wat mekaar veral ondersteun en bystaan, en elkeen vind ʼn mate van vrede.
Hierdie is veral 'n storie oor die genesing van ou emosionele wonde. Die manlike hoofkarakters dryf die roman en gee insig in die manlike psige, terwyl die altyd teenwoordige kat in die skrywer se romans (byna soos in die Frans-Joodse kunstenaar Marc Chagall s'n) al sinoniem is met haar werk en al haar handelsmerk geword het.
'n Goeie jaar vir rose is Santie van der Merwe se sewende roman. Die laaste drie boeke wat dit voorafgegaan het, is: Ver in die wêreld Kittie, Die einde van die storie en Al wat oorbly.
Publikasiedatum: 2019-08-27
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795710018

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
'n Hart is so groot soos 'n vuis is die storie van 'n seun, Paul, se komplekse verhouding met sy gewelddadige dog charismatiese alkoholis-pa. Paul onthou sy ouers se somtydse versoening, gevolg deur desperate vlugtogte saam met sy ma. Dit is ook die roerende verhaal van Paul se ontwikkeling as jongman, en van sy selfontdekking. En die storie van sy ontferming oor sy vervreemde half-broer, iemand wat hy met alle mag wil beskerm, die enigste ander persoon wat dáárdie man “Pa” kan noem.
Publikasiedatum: 2021-02-19
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415207413

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 230
Ester Gelderblom en haar vriend Katjie, bywoners in Oudtshoorn, is al twintig jaar lank op die waglys vir regeringsbehuising. Wanneer nuwe huise gebou word, dink hulle hul beurt het uiteindelik aangebreek. Wat hulle nie weet nie is dat mnr. Louis, hoof van behuising, die name op die lys herrangskik en dat diegene wat hom betaal, bevoordeel word. Wanneer Katjie se plakkershuis afbrand, is hulle heeltemal desperaat en besluit om die leë huise onwettig te beset. Dít ontketen gebeure wat als wat vir hulle van belang is, sal bedreig.
In die skadu's skuil Titty, 'n weerlose jong alkoholis wat die ouer vrouens nodig het, maar haar besluite draai hulle teen haar. Ester se dogter, Liedjie, wat die klawerbord vir die Bless Me Jesus-kerk speel en aandklasse neem om 'n matrieksertifikaat te behaal, raak verlief op Robert, wie se romantiese voorkoms 'n donker, onvergeeflike geheim verberg. Intussen loop Neville, Ester se man, soos die 'baas van die huis' rond met 'n sigaret en 'n drankie in die hand, maar kruip weg wanneer 'n plakkersbaas opdaag om hulle uit die huis te sit.
'n Huis vir Ester is 'n Suid-Afrikaanse verhaal van gierigheid, moord en leuens wat oorkom kan word wanneer goeie mense vassteek en veg vir wat reg is.
Publikasiedatum: 2014-10-01
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352258

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 290
Die verkeerde man op die regte plek kan 'n groot verskil maak.
Op 'n stormagtige nag in 'n Engelse herehuis word 'n jong vrou grusaam vermoor. Sy vat 'n eienaardige geheim na haar graf toe en die moordenaar verdwyn soos 'n skim in die nag. Twintig jaar later by een van die wêreld se mees eksklusiewe perdewedrenne is dit die buiteperd wat onverwags die kroon wegdra. In een van die losies staan Henry Clarke stomgeslaan. Hy het sopas iets onmoontlik sien gebeur. Op 'n klein wildsplaas in die noorde probeer Jan Brand vir hom so tussen die stof en droogte 'n nuwe lewe staanmaak. Vir so 'n jong man het hy al baie geleef. Nes hy dink hy kan die stad agter los en in vrede begin boer, ontvang hy 'n uitnodiging van sy skatryk buurman, einste Henry Clarke. Dié wil Brand as privaatspeurder aanstel om 'n raaisel in die ruitersport op te los. Kort daarna verdaag Brand na Kaapstad, waar 'n geheim begrawe deur tyd, geld en mag vir hom wag, tesame met die mense wat bereid is om te moor om dit so te hou. Jan Brand mag dalk die stof van sy hande af gewas het, maar binnekort gaan hulle vol bloed wees.

'n Kwessie van tyd is Marten se debuut. Hy tref 'n baie goeie balans tussen aksie, spanning, humor en romanse om iets vir alle lesers te bied. Die hoofkarakter, Jan Brand, is een van daai outydse helde wat met 'n sterk regtervuis en vinnige voet- en denkwerk die dag moet red. Die storie speel af in en om die spogwêreld van ruitersport, wat sorg vir 'n interessante kontras vir 'n aardse karakter soos Jan Brand.
Publikasiedatum: 2022-07-01
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179386

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
Nuwe uitgawe.
Op 'n fynbosplaas in die Langkloof word die oorskot van vier jongmense gevind. Onder dié wat antwoorde soek, is die amper-afgetrede joernalis Luther en die Struggle-veteraan Mosman, nou direkteur van 'n obskure intelligensieafdeling bemoeid met die identifikasie van die oorskot van dié wat verdwyn het tydens die geweldadige doodsnikke van apartheid en die opsporing van hul moordenaars. 'n Naam in 'n sprokiesboek lei hul na Luca Thom, marinebioloog en seun van die polisieberader Eddie Thom en die oudaktrise Carlita Rosati, en na die jaar waarin Luca sy pa verloor het.
Publikasiedatum: 2019-01-30
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799395433

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 290
'n Plaaslike spioenasie wipplankrit
Robert Ferreira is in die pekel. Sy vrou Sylvia het spoorloos verdwyn. Hy is seker haar Portugese familie, die Monteiro's van Rosettenville, het iets daarmee te doen. Om dinge te vererger vereis sy bevelvoerder in die Suid-Afrikaanse Veiligheidspolisie, dat hy deelneem aan een laaste geheime sending, al is dit teen sy wil…
Dit het alles begin met die kaping van die passasiersskip, die Santa Maria, in Kabinda. Watter rol het die Amerikaners en Mossad gespeel? En die Russe, waar pas hulle in? Wat van die vermiste koevert, waarvoor almal bereid is om te moor?
Robert sal enige-iets doen om sy vrou te vind. Sy bevelvoerder, met al sy kontakte, weet dalk net waar sy is. Hy het dus geen keuse as om die laaste sending aan te pak nie. Die vraag is: steek sy vrou dalk ook iets weg? Net tyd sal leer…
Die leser word deel van Robert se sending na plekke soos Siprus, Portugal en Beiroet, waar hy vir Julia Breytenbach, 'n Britse SIS-agent ontmoet. Daar is ook 'n aantal ander rolspelers om die gevaarlike Ursula Schneider vas te trek; sy wat die ontwykende koevert in haar besit het. Sal hulle haar kan vang voor die inligting in die verkeerde hande beland, met katastrofiese gevolge vir Suid-Afrika? Ook: gaan Robert sy gevoelens vir Julia in toom kan hou?

André Krüger is 'n spannings- en spioenasieskrywer in 'n ander klas. Sy boeke herinner aan dié van die skrywer Philip Kerr met die karakter Bernie Gunther. Enige leser wat hou van spanning en spioenasie, met 'n voorkeur vir slim detail en uitstekende navorsing, sal hou van sy werk.
Publikasiedatum: 2019-06-27
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415210055

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 280
Die spook in sy huis kry alleenloper Paul nie verdryf nie, al probeer hy hoe hard om met ingewikkelde resepte sy dae om te bak. Sy lewe verander onomkeerbaar wanneer hy by 'n moord ingesleep word. Nou is sy lewe ook
'n koerantopskrif, nes dié wat hy elke nag bekook vir die Shrien Dewani saak by die nuuskantoor waar hy werk.

Die skaduwêreld van sado-masochisme kom tydens die Dewani ondersoek
aan die lig: 'n wêreld goed bekend aan Div. Fisieke pyn is hoe hy vergeet van sy afgetakelde pa en sy junkie-broer. Wanneer die gedaante van die vermoorde Anni Dewani lewensgroot aan Div verskyn, besef hy dat dít wat by hom spook nie slegs metafories is nie.

Wat jaag ons, en wat maak ons vry? In 'n Spook in die huis, François Loots se sewende roman, word die kompleksiteite rondom ontvlugting en verlossing op boeiende en verrassende wyse verken.
Publikasiedatum: 2019-04-03
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798165488

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 345
Heruitgawe
Om 05:36 hardloop die vrou teen die hang van Leeukop. Sy is jonk, beeldskoon, Amerikaans - en beangs. Sy word soos 'n dier gejag deur mans wat net ure gelede haar beste vriendin se keel afgesny het.
Om 05:43 bel hulle vir speurder-inspekteur Bennie Griessel wakker. Hy moet kom, 'n jong meisie se lyk lê langs St. Martini, die Lutherse kerk bo in Langstraat. Die vorige aand nog het hy gedink dit gaan vir hom 'n spesiale dag wees: Die begin van 'n nuwe era in sy loopbaan, as mentor van 'n groep jong swart en bruin speurders. En hy verwag nuus oor sy bevordering. 'Kaptein Bennie Griessel'. Dit klink vir hom reg.

Behoort 'n redelik normale dag te wees. Tot sy jong span polisiemense begin stry, baklei, struikel. Met die kerkmoord. Met die middeljarige, alkoholis-vrou wat haar man, 'n groot gees in die Afrikaanse musiekbedryf, twee keer met sy eie pistool deur die hart geboor het. Met die soektog na die Amerikaanse toeris. Terwyl die diplomatieke telefoonlyne vuurwarm gebel word en selfs die Minister begin druk toepas, sodat die hele mentor-ding soos mis voor die son verdwyn en Griessel self moet inklim om die gemors te probeer red. En dan, net wanneer hy op die punt staan om die Amerikaanse meisie te red, skiet hulle vir Bennie Griessel. Reg in die hart.

Redelik normale dag, jou tipiese dertien uur van Suid-Afrikaanse wetstoepassing.
Publikasiedatum: 2020-02-01
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624073307

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 395
Dit is die winter van 1795. Die Kaap is nog Hollands, maar nie meer vir lank nie.
Kommissaris Sluysken, die VOC se hoofamptenaar aan die Kaap, het sy Politieke Raad vir 'n vergadering in die Kasteel byeengebring. Hier sit kolonel Robert Gordon, bevelvoerder van die garnisoen, avonturier en Oranje-man. Ook majoor William van Reede van Oudshoorn, lord Hunsdon, vir wie dié land en dié dorp sy lewe is; verloor hy dit, word hy niks. Hy is bevelvoerder van 'n korps klerke wat vir hierdie krisis hul penne vir gewere moet inruil.
Sluysken lees 'n brief voor van die bevelvoerder van die Engelse vloot by Simonstad wat dreig om sy matrose op die land los te laat. William kyk strak voor hom uit. Hy en kameraad Louis Thibault het reeds 'n krygplan ter tafel gelê. Sy hoop is op die binnelanders, eerder as op Gordon se garnisoen - die boere, wat so hard soos hierdie kontinent se klippe is.
Tussen Gordon en Van Oudshoorn sal die stryd om die siel van hierdie droewe land besleg word. Of vir ewig bly voortwoed.
Dan Sleigh se loopbaan as romansier het in Eilande met die pionierstyd aan die Kaap begin, en in 1795 word 'n sirkelgang van die geskiedenis voltrek, met die laaste Kaapse maande onder die Kompanjiesvlag. Sleigh skryf met 'n onfeilbare aanvoeling vir die konflikte en hartstogte wat die totstandkoming en verval van gemeenskappe onderlê, en met 'n verstommende oog vir detail.
Publikasiedatum: 2016-08-01
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639607627

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 280
Wat wag daar om ontdek te word net vyf en twintig trappe na benede?
Wanneer Renée Verster-Roux haar swart gewaad, donker grimering en skarlaken lipstif aansit, klim sy trap vir trap af na die wêreld van haar alterego. As Lisbé is sy nie meer die swartskaapdogter van die ryk Versters nie, maar ʼn bedrewe knoeier wat haar voordoen as ʼn waarsêer om haar trust fonds aan te vul. Vir haar is Janine Oosterhuis, ʼn doktersvrou wat oortuig is haar man wil haar vermoor, presies die tipe kliënt wat sy soek: skatryk en paranoïes. Maar die dag toe dié vrou met die groot diamante en bang oë haar huis binnestap, het alles verander. Hoe kon sy voorsien dat iemand die vrou werklik sou vermoor? Terwyl Renée
ondersoek instel, veg sy teen nuwe herinneringe en teisterende nagmerries van die dag toe haar driejarige broertjie dood is. Hoe meer sy probeer uitrig hoe groter raak haar ma, Melisandré, se afksu. En dan is daar haar ontwikkelende gevoelens jeens Hermann, die onweerstaanbare polisieman. Wat het daardie dag met haar boetie gebeur? Is dit waarom haar ma haar herhaaldelik straf en oënskynlik haat? En waarom bly sy droom van die kelder in hulle Bayswaterhuis? Wat wag daar om ontdek te word, net vyf en twintig trappe na benede? Renée móét onthou as sy haar lewe wil terug hê.
Publikasiedatum: 2021-07-14
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624049326

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 395
Henk Andreas Melck, eerste museumassistent in 'n klein dorpie in die Oos-Kaap, kry onverwags 'n brief van 'n juris in Nederland. Die brief lig Henk in dat hy sy lankverdwene Tante Zan se huis in Amsterdam geërf het.
In sy kinderjare was Tante Zan, 'n pragtige maar eksentrieke vrou, die een met die kwaal, die onhebbelike gewoontes en die onverwagse toevalle. Maar ook die een met die geheimsinnige glaskamer en die avonture waarvan niemand geweet het nie.
Publikasiedatum: 2008-11-01
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798173889

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 345
"Ek het gister 18:45 'n polisieman by Claremont polisiestasie geskiet. Ek het vanoggend 11:50 'n polisieman by Groenpunt Polisiestasie geskiet. Hoekom sê die SAPS nie vir die media daarvan nie?
Publikasiedatum: 2011-11-01
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.