Nie-fiksie / Non-fiction: Woordeboeke & Naslaanbronne / Dictionaries & Reference
Nie-fiksie / Non-fiction - Woordeboeke & Naslaanbronne / Dictionaries & Reference
R 490
Die elfde uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) word op 3 Augustus 2017 bekendgestel - 100 jaar nadat Afrikaans vir die eerste keer amptelik met dié standaardnaslaanbron vir spelling en skryfwyse bereël is.
Die 2017-uitgawe, saamgestel deur die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en uitgegee deur NB-Uitgewers onder die Pharos-druknaam, is omvattend herbewerk en sluit talle nuwe woorde in wat die tydsgees en breër Afrikaanse taalgemeenskap weerspieël. Reëls is ook verander en vereenvoudig om Afrikaanse spelling en skryfwyse meer sistematies en dus makliker vir gebruikers te maak.
'Afrikaans is 'n dinamiese taal wat deurlopend ontwikkel en die jongste AWS is 'n opwindende, lewende bewys hiervan,' sê prof. Gerhard van Huyssteen, voorsitter van die Taalkommissie.
Onder die nuwe toevoegings tot die 2017-AWS tel woorde wat te make het met tegnologiese ontwikkelinge, soos googleloer, hommeltuig, meem, warsender, antispioenware, selfie en skermgreep; woorde wat ontwikkelinge in die samelewing sedert die verskyning van die vorige AWS agt jaar gelede weerspieël, soos bewarea, BRICS-land of Bricsland, bystanddood en hidrobreking; en leenwoorde of nuutskeppings waarvoor daar nie Afrikaanse woorde is nie, soos brownie, Chanoeka, muffin, nurk (die geluid wat seekoeie maak), venue en flop. Heelwat nuwe woorde uit Afrikaans se gebruiksvariëteite soos Kaapse Afrikaans en Oranjerivierafrikaans is ook opgeneem, byvoorbeeld antie, dhaltjie, gangster en poenankies (oulik).
Wat spelling en skryfwyse betref, is reëls wat verander onder meer dat afstandsamestellings voortaan slegs mét 'n koppelteken geskryf word (hoof- uitvoerende beampte, reuse- politieke vergadering), en dat die integriteit van multiwoordeiename in samestellings en afleidings behou word (Derde Wêreldse in plaas van Derdewêreldse; Konstitusionele Hof-regter of Konstitusionele Hofregter in plaas van Konstitusionelehofregter).
Nuwighede sluit in 'n hoofstuk oor leestekengebruik in Afrikaans, die bereëling van trappe van vergelyking, 'n lys Oosterse plekname, landname met geldeenhede en ISO-kodes, en die Afrikaanse name van elemente in die periodieke tabel. Skryfhulp word ook nou vir die SI-stelsel verskaf.
Publikasiedatum: 2017-07-01
GRAFFITI ZAMBEZI JUNCTION MONTANA