Kinders
Kleuters

Results 1 to 15 of 77
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Bang beer
Klik om te vergroot
9780799388725

Kinders: Kleuters

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Caroline Pedler
Kinders  -  Kleuters
R 135
R 108Jy spaar R 27
Ontmoet 'n dapper klein hasie … en 'n groot, bang beer!

In die diep, donker woud woon die HARIGE OU GROTE!
Met skerp tande in sy bek en skerp kloue aan sy pote.
Sy kwaai oë sal jou laat ril en laat gril
en dit klink net soos donderweer wanneer hy brul!

Klein Ben is 'n dapper hasie. Hy hou BAIE van pret en avontuur, maar hy hou GLAD nie van bed toe gaan nie. Toe sy ma hom een aand voor slaaptyd vertel van die Harige Ou Grote met sy skerp tande en skerp kloue wat in die woud woon, besluit Klein Ben om in die donker buitentoe te sluip en hom te gaan soek! Maar in plaas van 'n groot, harige monster ontdek Klein Ben 'n beer in die woud. 'n Baie bang beer. Sommer gou word klein Ben en die beer groot maats. Maar sal die beer dapper genoeg wees om na die monster te help soek?
'n Oulike, avontuurbelaaide storie oor vriendskap en hoe om jou vrese te oorkom.
Publikasiedatum: 2018-08-15
Stoffel die boer
Klik om te vergroot
9780798177924

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 120
R 96Jy spaar R 24
Stoffel moet saad op sy plaas saai, maar sal dit groei? Freek en Frikkie gaan hom help! Volg Stoffel se avonture in hierdie eerste leser-reeks met eenvoudige woordeskat wat perfek is vir beginners.
Publikasiedatum: 2018-08-15
Stoffel se skool
Klik om te vergroot
9780798177931

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 120
R 96Jy spaar R 24
Dis 'n skooldag en daar is baie om te doen! Die kinders gaan na stories luister, leer tuinmaak en skilder, en boonop middagete kry - alles op een dag! Sjoe! Volg Stoffel se avonture in hierdie eerste leser-reeks met eenvoudige woordeskat wat perfek is vir beginners.
Publikasiedatum: 2018-08-15
Wiplala
Klik om te vergroot
9781485307419

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 200
R 160Jy spaar R 40
“Pappa!” roep Johannes. “Pappa, kyk net!”
“Stil!” roep meneer Blom. “Ek kry nie gewerk nie!”
“Maar jy móét kyk, Pappa,” sê Nella Della. Sy hou haar hand 'n bietjie stywer om die mannetjie sodat hy nie kan ontsnap nie.
Meneer Blom kyk. “Wat is dit?” vra hy effens knorrig, asof hy vies is dat hulle hom oor so 'n kleinigheid pla. “Is dit 'n kabouter? Kabouters bestaan nie. Dit is dus onmoontlik. Los my nou dat ek kan werk.”

'n Kabouter is dit nie, maar 'n wiplala met die naam Wiplala. En Wiplala kan toor, of soos hy dit noem 'tinkel'. Die enigste probleem is dat Wiplala dit sóms regkry om te tinkel en sóms nie. Wanneer hy die Blom-gesin net so klein maak soos hy, is dit die begin van 'n opwindende avontuur. Die Bloms wonder egter of hulle ooit weer normale mense sal word!
Publikasiedatum: 2018-07-20
Ek en my ouma
Klik om te vergroot
9780799388732

Kinders: Kleuters

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Alison Edgson
Kinders  -  Kleuters
R 135
R 108Jy spaar R 27
Ek en my ouma
is reg vir die dag.
Daar is hope avonture
wat op ons wag!

Beertjie verken graag die wêreld saam met sy ouma. Hulle klim saam boom, plas in waterpoele rond en vang vis. Dit is soveel pret dat Beertjie wens die dag kan sommer vir ewig aanhou! Maar 'n lekker stywe slaaptyddrukkie van Ouma is die perfekte manier om die opwindende dag af te sluit.
Hierdie deernisvolle prenteboek wys hoe wonderlik en prettig dit is om 'n liefdevolle ouma in jou lewe te hê!
Publikasiedatum: 2018-07-12
Bennie Boekwurm se mooiste sprokies
Klik om te vergroot
9780798177238

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 160
R 128Jy spaar R 32
Sleuteltjie, sleuteljie, op sag satyn, laat tog 'n storie uit die boek verskyn! Kom luister saam na vyf van die wêreld se mooiste en gewildste sprokies: Die drie varkies, Jan en die boontjierank, Hansie en Grietjie, Die lelike eendjie en Repelsteeltjie. Dié klassieke verhale uit Bennie Boekwurm se groot sprokiesboek is ideaal vir voorlees met slaaptyd.
Publikasiedatum: 2018-07-12
Meisies kan enigiets doen
Klik om te vergroot
9780799388718

Kinders: Kleuters

Illustreerder: Ali Pye
Kinders  -  Kleuters
R 135
R 108Jy spaar R 27
Meisies is oral. Net waar jy kyk,
is meisies wat almal verskillend lyk.
Hulle verstom en verras ons.
Hulle maak 'n verskil.
En meisies kan enige iets
doen wat hul wil!

Meisies kan lang hare óf kort hare hê. Hulle kan aan enige soort sport deelneem. Hulle kan wiskunde en wetenskap doen, of hou van musiek en verf. Hulle kan lorries bestuur, by die polisie of die brandweer werk, slim dinge ontdek, en selfs die ruimte verken!
So, kom ons roep saam,
net so hard as ons wil:
“Ek's 'n MEISIE!
Ek's FANTASTIES!
Ek maak 'n verskil!”

Hierdie prettige, rymende prenteboek is die ideale manier om 'n spesiale meisie in jou lewe van kleins af te leer dat sy enige iets kan doen en die wêreld kan verander!
Publikasiedatum: 2018-07-04
Die Smurfies: Smurfmobiel
Klik om te vergroot
9781920475178

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 60
R 48Jy spaar R 12
Op 'n dag besluit Nutsman Smurf dat daar verseker 'n makliker manier moet wees om oor die weg te kom as per voet. 'n Vreemde masjien kom brul-brul uit sy werkskamer te voorskyn ...
Publikasiedatum: 2018-06-30
Mooihoekbos 1 - Boeta is kwaad
Klik om te vergroot
9781928446026

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 60
R 48Jy spaar R 12
In Mooihoekbos weerklink die gegrom van 'n kwaai beertjie: Boeta se kleinsus Santie het haar ouboet se gunstelingboek per ongeluk geskeur. Boeta is regtig baie, baie kwaad! En hy besluit om haar terug te kry ...Geskik vir voorlees
Publikasiedatum: 2018-06-22
Mooihoekbos 2 - Die lang vakansie
Klik om te vergroot
9781928446033

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 60
R 48Jy spaar R 12
Die skool het gesluit en die vakansie het uiteindelik aangebreek. Almal sien daarna uit om weg te gaan vir die vakansie. Boeta is die enigste een wat hartseer lyk, want hy moet agterbly. Wat gaan hy doen as al sy maatjies weg is?
Publikasiedatum: 2018-06-22
Mooihoekbos 3 - Die nuwe maatjie
Klik om te vergroot
9781928446040

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 60
R 48Jy spaar R 12
Die lang somervakansie is verby. Die kinders is baie opgewonde om terug skool toe te gaan, veral omdat daar 'n nuwe klasmaatjie is! Maar wat makeer hom? Hy is stout, trek die vreeslikste gesigte en karnuffel die kleintjies ...
Publikasiedatum: 2018-06-22
Mooihoekbos 4 - Boeta skrik groot
Klik om te vergroot
9781928446057

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 60
R 48Jy spaar R 12
Boeta wil by sy ouers wat in die bos gaan kuier het, aansluit. Maar dit raak donker en hy kan nie die pad kry nie. Kom help soek, maatjies! Boeta het verdwaal! Snoetjie die vlermuis het 'n plan! Volgende keer sal Boeta versigtiger wees, dit belowe hy!
Publikasiedatum: 2018-06-22
Eerste sprokies: Raponsie
Klik om te vergroot
9780798177856

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 85
R 68Jy spaar R 17
Lank gelede was daar 'n man en sy vrou wat baie graag 'n kind wou hê. Ná 5 jaar het sy nog steeds nie 'n baba gehad nie en sy was siek van hartseer. Om haar te troos het haar man vir haar 'n heerlike slaai gemaak. Daarvoor het hy raponsieblare in hulle buurvrou se tuin gaan pluk. Maar toe vra 'n kwaai stem: 'Hoekom steel jy my raponsies?' Hulle buurvou was 'n heks en sy was baie kwaad!
Publikasiedatum: 2018-06-19
Eerste sprokies: Die paddaprins
Klik om te vergroot
9780798177863

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 85
R 68Jy spaar R 17
Lank gelede was daar 'n prinses. Sy het graag met haar bal naby 'n dammetjie gespeel. Op 'n dag het haar bal in die water geval en tot op die bodem gesink. Skielik sien sy 'n padda op 'n waterlelieblaar sit. 'Ek kan die bal vir jou gaan haal,' sê die padda, 'maar jy moet belowe ek kan langs jou aan tafel sit en saam uit jou goue bord eet. Ek wil ook vanaand in jou bed slaap, op 'n sagte kussing.'
Publikasiedatum: 2018-06-19
Eerste sprokies: Aspoestertjie
Klik om te vergroot
9780798177832

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 85
R 68Jy spaar R 17
Lank gelede was daar 'n pragtige meisie. Sy het in 'n huis saam met haar stiefma en haar twee stiefsusters gebly. Sy moes die huis skoonmaak, en hulle het haar Aspoestertjie genoem. Die prins van hulle land het 'n groot partytjie gehou. Hy wou trou en het al die jong meisies na die dans genooi. “Ai, ek wens ek kan ook na die dans toe gaan,” het sy gesug. Hierdie titel is deel van 'n heerlike reeks eenvoudige voorlees-stories.
Publikasiedatum: 2018-06-13

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.