●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Kinders
Ouderdomsgroep 10 - 12

Results 1 to 15 of 357
Gesorteer volgens:  Titel
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799393835

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Imile Wepener
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 250
Kom ontmoet die monsters onder jou bed ... Spoke. Vampiere. Weerwolwe. Monsters. Wesens uit die buitenste ruimte. Hierdie briljante bibber boek bevat 101 stories, rympies en strokiesverhale wat jou hare sal laat regop staan, jou yskoue rillings sal gee - en jou tone sal laat omkrul van lekkerkry! Jaco Jacobs ontvang 'n brief van 'n aanhanger wat hom uitnooi om verniet sy hut in die woud as skryfplek te gebruik. Dit klink ideaal! Maar daar is 'n vangplek … Die aanhanger is die Vrees vreter: 'n vreesaanjaende monster wat vir die arme Jaco Jacobs dwing om gril stories te skryf om kinders bang te maak. En so begin Jaco skryf: 101 nagmerriestories - die een grilleriger as die ander! Jaco Jacobs se grillerige stories word lewend gemaak deur die pragtige illustrasies van die kunstenaar, Imile Wepener. 296 bladsye van stories en kunswerke maak hierdie hardeband boek 'n ware versamelstuk vir enige kind of Jaco Jacobs aanhanger. Die pragtige hardeband omslag en kunstige illustrasies maak hierdie boek inderdaad 'n versamelstuk. Hierdie stories is grilleriger as Jacobs se vorige boeke, wat dit ideaal maak vir ouer lesers. Imile Wepener is 'n kunstenaar van formaat, en hierdie boek bevat sy eerste illustrasies vir 'n kinderboek.
Publikasiedatum: 2019-11-15
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799346572

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Tanja Joubert
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 180
Glo jy in spoke? Is daar regtig allerlei bangmaakgoed,Wat in die nag rondloop? Maak dig toe die gordyne, kom in jou bed, trek die duvet styf om jou skouers... en laat die 13 stories in hierdie boek jou koue rillings gee!
Publikasiedatum: 2014-01-01
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485305583

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Tony Ross
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 200
Stella Saxby is die enigste erfgenaam van die Saxby-landgoed. Maar aaklige ant Alberta en haar reuse-uil sal enigiets doen om dit by haar af te vat. Gelukkig het Stella 'n geheime - en effens spokerige - wapen ...
Publikasiedatum: 2017-03-01
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869197681

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Vertaler: Amelia de Vaal
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 145
Spioenkop Akademie is 'n eksklusiewe skool vir seuns en meisies van ouderdomme 8 tot 18. Al die leerders in hierdie skool se ouers of voogde is op 'n manier betrokke by die Geheime Diens. Spioene en geheime agente stuur graag hul kinders na Spioenkop Akademie, want hulle weet die kinders is hier veilig teen enige bedreiging.
Publikasiedatum: 2012-08-01
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869197698

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Vertaler: Amelia de Vaal
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 145
Spioenkop Akademie is 'n eksklusiewe skool vir seuns en meisies van ouderdomme 8 tot 18. Al die leerders in hierdie skool se ouers of voogde is op 'n manier betrokke by die Geheime Diens. Spioene en geheime agente stuur graag hul kinders na Spioenkop Akademie, want hulle weet die kinders is hier veilig teen enige bedreiging. As die Geheime Diens hulp nodig het van die jongelinge vir een van hul geheime sendings of as een van die skorriemorries van daardie verfoeilike organisasie, die Pioniers van Onderduimsheid en Vernietiging (POEV), probeer om die skool oor te neem of een van die onderwysers ontvoer, sal die leerders gereed wees.

Die verfoeilike POEV-organisasie het 'n geheime basis onder die visdam by Alex se skool ingerig en bied nou kammakastig visvanglesse aan om inligting te versamel!

Alex en sy vriende ruik sommer dadelik rot (of eerder: vis!) - maar kan hulle 'n plan beraam om POEV se geheime sending in die wiele te ry?!

Die derde boek in die vermaaklike Agent Alex-reeks.
Publikasiedatum: 2013-05-01
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799388572

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Alistair Ackermann
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 280
Sy naam is Snoet. Agent James Snoet. En hy is 'n speurder. Die soort wat leidrade uitsnuffel en allerlei ingewikkelde raaisels oplos.
Maar die eintlik meesterbrein agter dié suksesvolle speurder is niemand anders nie as sy kat, Felino. Dié slim Siamees is 'n katjie wat jy nie sonder handskoene moet aanpak nie. Hy mag nou wel reeds agt van sy nege lewens verloor het, maar Felino skrik vir net mooi niks! En dis ook maar goed so, want agent Snoet is so verstrooid dat hy net mooi niks sonder sy getroue kattehandlanger sou uitrig nie!
Saam het dié gedugte speurderspan al die geheim agter die verdwyning van die kosbare Botterdiamant ontrafel, 'n gevaarlike wapen genaamd die Genugtig uit gevaarlike skurke se kloue teruggekry en 'n BBH (Baie Belangrike Hond) se lewe beskerm.

Spannende strokiesprent-pret saam met Agent Snoet en sy kat ...

Vir die eerste keer verskyn al vyf boeke in dié fantastiese strokiesreeks nou saam in een boek:
Agent Snoet en die Botterdiamant
Agent Snoet en die Kattekwaad
Agent Snoet en die Hondelewe
Agent Snoet en die Groen Genugtig
Agent snoet en die Windlawaai
Publikasiedatum: 2018-05-15
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799366327

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Ligte, kamera, aksie!
Ewald is baie opgewonde toe hy sy eerste rol in 'n fliek losslaan.
Dit is immers nie sommer enige rol nie - hy speel die hoofrol!
Hy is Aksieheld Austin, 'n dapper held met vuiste soos kanonkoeëls wat skurke laat les opsê!
Iets is egter nie pluis op die filmstel nie.
Dit lyk asof 'n regte skurk die rolprent probeer saboteer.
Kort voor lank is die hele filmspan se lewe in gevaar. En as Ewald die fliek wil red, sal hy so dapper soos 'n REGTE aksieheld moet wees ...
Hierdie asemrowende nuwe avontuurverhaal uit die pen van Fanie Viljoen is die eerste in 'n splinternuwe reeks oor Aksieheld Austin. Perfek vir jong lesers wat hou van stories propvol aksie en adrenalien!
Publikasiedatum: 2017-01-01
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799380804

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Fanie Viljoen
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Ligte, kamera, aksie!
Ewald is nog op laerskool, maar sy naam is reeds op almal se lippe. G'n wonder nie - hy is immers die ster van die gewilde Aksieheld Austin-rolprente. In die flieks is hy 'n dapper held met vuiste soos kanonkoeëls wat skurke laat les opsê!
Die tweede fliek, Aksieheld Austin: Nag van grille, is pas voltooi, en Ewald kan nie wag vir die bekendstelling nie. Dit gaan by 'n ou fliekteater in die stad gehou word.
Maar die middag voor die vertoning gaan maak Ewald en sy beste vriend, Carlo, 'n draai by die grillerige ou fliekmuseum wat deel van die teater is. Kort voor lank is hulle vasgekeer in die museum - saam met 'n geheimsinnige figuur wat in die donker rondsluip …
As hulle wil ontsnap, sal Ewald hierdie keer net so dapper soos 'n REGTE aksieheld moet wees!
Hierdie asemrowende reeks avontuurverhale uit die pen van Fanie Viljoen is perfek vir jong lesers wat hou van stories propvol aksie en adrenalien!
Publikasiedatum: 2018-01-18
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799393132

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Fanie Viljoen
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Ligte, kamera, aksie!
Ewald het nie 'n bang haar op sy kop nie - veral omdat hy deesdae die ster van die supergewilde Aksieheld Austin-rolprente is!
Die derdie fliek, Onheil op skedelbaai, word op 'n geheimsinnige eiland verfilm en dadelik begin dinge verkeerd loop. Die vliegtuig beland amper in 'n ongeluk, iemand probeer Ewald met 'n mes steek toe hy afswem na die skeepswrak, Sonia Blom word amper van die lighuis se trappe afgegooi - en daar is 'n reusehaai wat in die baai rondwem.
Dan is daar nog Melita - die geheimsinnige meisie wat glo die eiland is vervloek. Sy waarsku dadelik vir Ewald en Cardo dat mense wat te veel weet van wat op die eiland aangaan, sterf.
Hierdie asemrowende reeks avontuurverhale uit die pen van Fanie Viljoen is perfek vir jong lesers wat hou van stories propvol aksie en adrenalien!
Publikasiedatum: 2019-03-15
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776350278

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
LIGTE, KAMERA, AKSIE! Ewald is die ster van die gewilde Aksieheld Austin-rolprente. In die flieks is hy 'n dapper held met vuiste soos kanonkoeëls wat skurke laat les opsê! Diep in 'n oerwoud in Afrika - dis waar die nuwe Aksieheld Austin-fliek verfilm word. Ewald en sy pel Cardo verwonder hulle oor die asemrowende medespelers: Drie groot T-rex'e. Dis natuurlik nie regte dinosourusse nie. Maar hulle is wel lewensgetroue robotte. Iets gaan egter fout tydens die verfilming. Die dino's begin soos regte T-rex'e optree. Dis slegte nuus vir die twee ouens, want hulle verloor hul pad in die oerwoud ... en nou begin die dino's hulle jag. Sal Ewald en Cardo ooit lewendig uit die oerwoud kom? Hierdie asemrowende reeks avontuurverhale uit die pen van Fanie Viljoen is perfek vir jong lesers wat hou van stories propvol aksie en adrenalien!
Publikasiedatum: 2021-10-06
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624033325

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 140
'n Gewone meisiekind gaan stap op 'n gewone middag in 'n gewone bos... en kom af op die varkie wat besig is om vir hom 'n strooihuisie te bou, drie bere in 'n knus chalet, Sneeuwitjie, en 'n handvol ander karakters wat veronderstel is om net in sprokies te bestaan.
Publikasiedatum: 1996-06-01
Laai in mandjie
In voorraad - versending 24 tot 48 ure.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624054900

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 195
In dié derde en laaste boek in die reeks is daar twee identiese drake, gemaak uit die nuwe element Drakium. Die twee drake is kwantum verstrik en sal ongekende onstabiliteit veroorsaak indien hulle min of meer gelyktydig in die magna van die aarde (die vloeibare lawalaag van die aardkors) beland. Maar wie sit hieragter? Niemand anders as Uranus Draak nie!
Hierdie reeks is 'n klomp dinge ineengerol: avontuurverhaal, wetenskap, natuurlewe, rekenaars, tegnologie en ruimtefiksie, gesinsdinamika, en 'n sterk 'groen' boodskap.
Anna Atoom se ouers is wêreldberoemde wetenskaplikes wat gereeld ingeroep word om die wêreld van ondergang red. Die skrywer hanteer al hierdie uiteenlopende storiedrade moeiteloos en met 'n heerlike sin vir humor."
Publikasiedatum: 2012-07-01
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300854

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Albert Uderzo
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Die atlete van die antieke wêreld kom in Athene bymekaar vir die Olimpiese Spele. Asterix en Obelix en die ander Galliërs skryf ook in, maar hulle beleef 'n terugslag: Die drink van towerdoepa is verbode, want dit is 'n opkikker. Kan die Galliërs die Olimpiese Spele wen sonder towerdoepa? En wat is die spesiale bestanddeel van die doepa wat staan in die hut waarvan die deur nie mooi sluit nie?
Publikasiedatum: 2016-07-01
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300229

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Albert Uderzo
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Asterix en Obelix ontdek een bitter koue oggend 'n blok ys op die strand ... met 'n bevrore Pikt binne-in. Kasterolix se doepa ruk hom weer reg en die twee vriende vergesel die Pikt, MacLawaai, terug Pikteland toe om hom met sy clan en sy verloofde te verenig. Maar in Pikteland is alles nie pluis nie. Die bose MacAber hou homself baas. Hy het 'n ooreenkoms gesluit met die Romeine, en doen alles in sy mag om as nuwe koning verkies te word. Maar ons vriende sal wel 'n stokkie (of 'n paal?) voor sy planne steek.
Publikasiedatum: 2013-10-01
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869197957

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Albert Uderzo
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
In Asterix die Galliër slaag 'n spioen om die Galliese dorpie waarin Asterix woon, binne te dring. Kasterolix, die druïde, word gevange geneem.
Publikasiedatum: 2012-07-01
Laai in mandjie
Uit voorraad uit - Versending binne 7 - 14 werksdae

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.