Kinders
Ouderdomsgroep 6 - 9

Results 1 to 15 of 340
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Jock van die bosveld en ander ware dierestories
Klik om te vergroot
9780799389289

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Alex van Houwelingen
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 115
R 92Jy spaar R 23
Lekkerleespret vir jong diereliefhebbers!
Ontmoet 'n paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld! Ontdek die wonderlike verhaal van Jock, die Suid-Afrikaanse hond wat wêreldberoemd geword het; ontmoet 'n brilpikkewyn met die naam Gregory Peck wat mense geïnspireer het om nie die see te besoedel nie; en skud poot met Just Nuisance, 'n hond wat by die Britse vloot aangesluit het!
Hierdie boek bevat vyf asemrowende ware dierestories:
1. Seeman Just Nuisance
Het jy al gehoor van 'n hond wat lid van die vloot is? Of 'n pet dra en alleen trein ry? Dis wat Just Nuisance gedoen het.
2. Visvriende Big Red en Blackie
'n Wonderlike ware verhaal oor die wonderbaarlike vriendskap tussen twee
troetelvisse.
3. Jock van die Bosveld
Ontdek die wonderlike verhaal van Jock, die dapper Suid-Afrikaanse hond wat wêreldberoemd geword het.
4. Die ysbeer en die kietsiekat
Die merkwaardige verhaal van 'n katjie wat op 'n dag in die ysbeerpoel by 'n
dieretuin beland het - en deur een van die gevaarlik bere gered is!
5. Gregory Peck die brilpikkewyn
Vind uit hoe 'n brilpikkewyn genaamd Gregory Peck mense geïnspireer het om vir die
natuur om te gee.
Die stories word op 'n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat
beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!
Publikasiedatum: 2018-09-15
Helde van Suid-Afrika 3
Klik om te vergroot
9780799389265

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Alex van Houwelingen
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 125
R 100Jy spaar R 25
Ontmoet van ons land se dapperste helde!
Ontmoet 'n paar van die dapperste Suid-Afrikaanse helde! Ontdek hoe emeritus- aartsbiskop Desmond Tutu ons reënboognasie geïnspireer het, vind meer uit oor die dapper helde van die Laingsburg-vloed, maak kennis met Wollie, 'n klein brakkie
met 'n groot hart, en lees die ongelooflike lewensverhaal van Enoch Sontonga, wie se hartslied vandag nog in ons land se volkslied voortleef.
Hierdie boek bevat ses verstommende ware heldeverhale:
1. 'n Klein brakkie met 'n groot hart
2. 'n Reënboog vir Laingsburg
3. Desmond Tutu
4. Kaalvoet deur 'n oorlog
5. Enoch Sontonga, 'n man met 'n lied in sy hart
6. Die lang pad van Emilie Lehn
Die stories word op 'n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat
beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!

* Hierdie reeks kinderboeke is trots Suid-Afrikaans, en vertel die verhale van 'n versameling bekende en minder bekende helde van ons land.
* Maklik leesbare teks vir beginnerlesers.
* Die ideale hulpmiddel vir skooltake en mondelinge.
* Pragtige volkleurillustrasies
* 'n Onmisbare toevoeging tot elke kind se boekrak.
Publikasiedatum: 2018-09-15
Speurder Annika-Omnibus (5-in-1)
Klik om te vergroot
9780799390513

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 180
R 144Jy spaar R 36
Kry jou vergrootglas uit!
Annika is versot op speurverhale en raaisels, en as sy in die omtrek is, gebeur daar altyd iets opwindends!
Kry jou vergrootglas en jou notaboek uit en maak gereed om leidrade te soek en 'n hele rits opwindende raaisels saam met Speurder Annika op te los. Daar is 'n uitstappie na die museum en 'n geheimsinnige veer wat Annika op 'n speurtog lei; 'n dief wat stink kunsmis by die skool steel; en selfs 'n kissie met geld wat uit 'n juffrou se klas verdwyn. Maar moenie bekommerd wees nie - Annika sal die raaisel gou-gou oplos!
Vir die heel eerste keer verskyn al vyf opwindende Speurder Annika-stories saam in een omnibus:
1. Speurder Annika
2. Speurder Annika kry snuf in die neus
3. Speurder Annika maak 'n plan
4. Speurder Annika los 'n raaisel op
5. Speurder Annika stel ondersoek in
Publikasiedatum: 2018-09-15
Superhelde 4: Die groot uitdaging
Klik om te vergroot
9781928446019

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 50
R 40Jy spaar R 10
Sy is Klara. Hy is Alex, of eerder ... BlitsAlex! Danksy hul gekombineerde superkragte en die hegte band tussen hulle sal gemene, afskuwelike, skrikwekkende en ander verskriklike goed hulself net móét gedra, want geregtigheid sal seëvier! Of ten minste, ons hoop so ... 'n Superheld se lewe is nie altyd maklik nie, veral nie as 'n vreemde robot net van een ding droom nie: om elke enkele superheld te vang! Sal Klara en BlitsAlex hulself teen hierdie verstrooide individu kan verdedig?
Publikasiedatum: 2018-08-30
Superhelde 3: Die ruimteaanval
Klik om te vergroot
9781928446002

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 50
R 40Jy spaar R 10
Sy is Klara. Hy is Alex, of eerder ... BlitsAlex! Danksy hul gekombineerde superkragte en die hegte band tussen hulle sal gemene, afskuwelike, skrikwekkende en ander verskriklike goed hulself net móét gedra, want geregtigheid sal seëvier! Of ten minste, ons hoop so ... Terwyl Klara en Alex van nuwe avonture droom, ontdek hulle 'n vreemde verskynsel in die buurt: al die diere lyk of hulle mal geword het. Sal hulle kan uitvind wie of wat agter hierdie rumoer sit?
Publikasiedatum: 2018-08-30
Superhelde 2: Monsters by die skool
Klik om te vergroot
9781920660765

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 50
R 40Jy spaar R 10
Sy is Klara. Hy is Alex, of eerder ... BlitsAlex! Danksy hul gekombineerde superkragte en die hegte band tussen hulle sal gemene, afskuwelike, skrikwekkende en ander verskriklike goed hulself net móét gedra, want geregtigheid sal seëvier! Of ten minste, ons hoop so ... Klara en BlitsAlex kan meer as een haas uit hul hoed trek, maar is hulle gereed om die monsters wat die kinders van Saint George Skool terroriseer, aan te vat?
Publikasiedatum: 2018-08-30
Superhelde 1: Die verlore speelgoed
Klik om te vergroot
9781920660758

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 50
R 40Jy spaar R 10
Sy is Klara. Hy is Alex, of eerder ... BlitsAlex! Danksy hul gekombineerde superkragte en die hegte band tussen hulle sal gemene, afskuwelike, skrikwekkende en ander verskriklike goed hulself net móét gedra, want geregtigheid sal seëvier! Of ten minste, ons hoop so ... Sal ons helde daarin slaag om die gemene speelgoeddief wat verwoesting onder die kinders van die buurt se speelgoed saai, te ontmasker?
Publikasiedatum: 2018-08-30
Eerste Leesboeke: Vinnige Jakkals en Stadige Slak
Klik om te vergroot
9781928446071

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 50
R 40Jy spaar R 10
Vinnige Jakkals en Stadige Slak gaan stap in die bos. Vinnige Jakkals hou van hardloop en gou-gou is Stadige Slak weg. Is Stadige Slak regtig weg of hou hy dalk net daarvan om stadig te kruip?
Leesvlak BLOU
Daar is verskillende kleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui. Al die leesboekies in hierdie reeks is met kleurkodes gemerk volgens die aanvaarde standaard.
Pienk, Rooi, Geel, Blou, Groen,Oranje - Einde van Graad R
Turkoois, Pers, Goud - Einde van Graad 1
Wit, Lemmetjie - Einde van Graad 2
Publikasiedatum: 2018-08-30
Eerste Leesboeke: So stil soos 'n muis
Klik om te vergroot
9781928446064

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 50
R 40Jy spaar R 10
Ollie raas sy nuwe baba-sussie kort-kort wakker, maar hy kan nie help dat hy so raas nie. Gelukkig het sy maatjie Mietie 'n plan! Kan Ollie leer om so stil soos 'n muis te wees?
Leesvlak TURKOOIS
Daar is verskillende kleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui. Al die leesboekies in hierdie reeks is met kleurkodes gemerk volgens die aanvaarde standaard.
Pienk, Rooi, Geel, Blou, Groen,Oranje - Einde van Graad R
Turkoois, Pers, Goud - Einde van Graad 1
Wit, Lemmetjie - Einde van Graad 2
Publikasiedatum: 2018-08-30
Eerste Leesboeke: 'n Goue ster vir Kallie
Klik om te vergroot
9781928446095

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 50
R 40Jy spaar R 10
Die dieretuin gee goue ster-pryse vir die diere. Kallie die kameelperd het net die regte plekkie teen sy heining vir 'n ster. Maar gaan Kallie 'n goue ster wen?
Leesvlak ORANJE
Daar is verskillende kleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui. Al die leesboekies in hierdie reeks is met kleurkodes gemerk volgens die aanvaarde standaard.
Pienk, Rooi, Geel, Blou, Groen,Oranje - Einde van Graad R
Turkoois, Pers, Goud - Einde van Graad 1
Wit, Lemmetjie - Einde van Graad 2
Publikasiedatum: 2018-08-30
Eerste Leesboeke: Ek wens ek was 'n eenhoring
Klik om te vergroot
9781928446088

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 50
R 40Jy spaar R 10
Stinkie is 'n perdjie wat baie sleg ruik. Hy wens hy was 'n eenhoring sodat almal van hom kon hou. Uil besluit om vir Stinkie te help en sy wens te laat waar word.
Leesvlak GROEN
Daar is verskillende kleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui. Al die leesboekies in hierdie reeks is met kleurkodes gemerk volgens die aanvaarde standaard.
Pienk, Rooi, Geel, Blou, Groen,Oranje - Einde van Graad R
Turkoois, Pers, Goud - Einde van Graad 1
Wit, Lemmetjie - Einde van Graad 2
Publikasiedatum: 2018-08-30
Haas Das se Nuuskas: Episode 5
Klik om te vergroot
9780798177276

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Vian Oelofsen
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
R 120Jy spaar R 30
Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, is terug met Diereland se manewales in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending vind die opwindende stoeigeveg tussen die Gemaskerde Wonder en Kongo Kangaroe plaas, maar die diere moet ook vlug vir 'n gevaarlike veldbrand in Diereland. Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oelofsen se pragtige illustrasies.
Publikasiedatum: 2018-08-20
Professor Fungus 14 en die gekloonde konyn
Klik om te vergroot
9780799389234

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 115
R 92Jy spaar R 23
Hoe meer haas ... hoe meer moeilikheid!
Professor Fungus het 'n probleem: Sy nuutste uitvinding wil glad nie werk nie! Die Dupliserende Infrarooi Trippel-Turbo Omsetter (kortweg sommer D.I.T.T.O.) is veronderstel om dinge te kloon … maar dit doen net mooi niks!
Bennie, Jenny en Edison die robot dink dit is hoog tyd dat die professor 'n blaaskans neem en 'n slag uit sy laboratorium kom om vars lug te kry. Dalk is 'n uitstappie na neef Naas se plaas net die regte medisyne!
Maar op die plaas loop dinge onverwags skeef - en kort voor lank is daar 'n KONYN-KATASTROFE met konyne net waar jy kyk!
Publikasiedatum: 2018-08-15
Professor Fungus 13 en die onsigbare skurk
Klik om te vergroot
9780799389227

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 115
R 92Jy spaar R 23
Jy sal jou oë nie glo nie!
Professor Fungus is besig met 'n fantastiese nuwe uitvinding in sy laboratorium - en Bennie en Jenny kan nie wag om dit op die proef te stel nie.
Professor Fungus noem dit sy Vloeibare Energie-Reduserende Dubbel-Weerkaatsende Ydelheid-Neutraliseerder … of kortweg sommer net V.E.R.D.W.Y.N.
En die beste van als? Dit kan jou onsigbaar maak! Dit klink sommer na vet pret!
Maar dan kry 'n skurk die formule in die hande - en Bennie en Jenny moet help om van die wêreld se kosbaarste juwele te probeer red ...
Publikasiedatum: 2018-08-15
Helde van Suid-Afrika 2
Klik om te vergroot
9780799389210

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Alex van Houwelingen
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 125
R 100Jy spaar R 25
Ontmoet 'n paar van die dapperste Suid-Afrikaanse helde! Leer ken 'n dapper mynwerker wat kaalvuis teen tonne rots baklei het om sy kollegas te red; lees die storie van Klara Majola wat een nag in die Koue Bokkeveld na haar blinde pa gaan soek het; en ontdek die ongelooflike verhaal van Hector Pieterson wat die wêreld se oë oopgemaak het vir die gruwels van apartheid. Hierdie boek bevat ses verstommende ware heldeverhale:
1. Sultan, die koning van sy baas se hart
2. Die bushelde van Westdene
3. Hector Pieterson maak die wêreld se oë oop
4. Duisend kilometer deur die wildernis
5. Kaalvuis teen tonne rots
6. Klara Majola, kind van die kapok
Die stories word op 'n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak.
Publikasiedatum: 2018-08-15

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.